Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE TWAALF URE gedikteer aan Jakob Lorber INLEIDING In 1841 ontvang Jakob Lorber die ware betekenis van die gelykenis van die verlore seun deur die innerlike stem van Jesus Christus. Dit was nie die eerste nie, nog was dit die laaste diktaat van hierdie nederige Christen-profeet van Graz, Oostenryk wat woordeliks op papier aangeteken is. Sy profetiese geskrifte dek elke moontlike onderwerp wat aan die mensdom bekend is. Hy het aantekeninge gemaak van alles wat hy in die nabyheid van sy hart gehoor het. In hierdie boek, Die Twaalf Ure, sal die leser geneem word op 'n morele, polities-historiese reis van die beroemde Bybelse gelykenis genoem in Lukas 15:11-32. Die verlore seun is verreweg een van die bekendste gelykenisse wat Jesus in die Nuwe Testament vertel het. Hierdie verhaal gaan oor 'n diep verlange van die tuiskoms na ons ware geestelike Vader; 'n Vader wat by die hek staan en wag vir sy verlore kind om terug in die huis te kom. Hierdie boek handel oor die diep verlange van 'n terugkeer na ons ware geestelike Vader, ’n Vader wat verlang om die hele skepping te herstel en Wie begeer om die fundamentele oorsaak, betekenis en doel van die hele Bybel te openbaar! Elke uur sal pynlik eerlik wees, tot heel aan die einde toe, waar die leser diep binne-in homself sal moet kyk. Hy moet sy eie verlore hart en sy plek in die lewe ondersoek. Hierdie wêreldse lewe van ons, ongeag watter geloof, kleur, geslag, sosiale of etniese agtergrond, geloof of status waaraan julle behoort, sal verbygaan, maar Die Twaalf Ure sal ons sonder twyfel motiveer om die regte besluit te neem.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205