Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

313. Van wat gesê is van die eerste mens, is dit duidelik dat al die oorgeërfde boosheid wat huidiglik in hierdie dag bestaan, nie alles van hom afkomstig is, soos wat daar valslik aangeneem word nie. Want dit is die Mees Antieke Kerk wat hier behandel word onder die naam van “mens” en wanneer dit “Adam” genoem word, dan dui dit daarop dat die mens van die “aarde” was, of dat hy van nie-mens weer mens geword het deur die wedergeboorte uit die Meester self. Dit is die oorsprong en betekenis van die naam. Maar wat betref die oorgeërfde boosheid, staan die saak so: Elkeen wat `n werklike sonde pleeg, veroorsaak, of roep op homself `n bose natuur, en die boosheid daarvan word oorgeplant op die kinders, en word dus oorerfbaar. Dit kom dus van die ouers af, van die vader, grootvader, oupagrootjie, en hulle voorouers in `n opvolgende reeks, en word dus so vermenigvuldig en so toegevoeg in elke komende nageslag, en bly by elke persoon en word deur homself vergroot deur sy eie sondes wat hy pleeg, en word nooit verdryf om sodoende skadeloos te wees behalwe in hulle wat deur die Meester wedergeboorte geskenk word. Elke oplettende waarnemer sal bewyse van hierdie waarheid sien in die feit dat die bose neigings van die ouers kan in die kinders onderskei word, sodat een gesin of familie, en selfs `n totale ras, so onderskei kan word van elke ander een.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205