Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GROOT GEESTELIKE NOOD GEDURENDE DIE EINDTYD
B.D.8329 - 14 en 16 November 1962
U sal u nie mag verwonder oor die verwarde opvattings van die mense in die laaste tyd voor die einde nie – dit maak nie saak op welke gebied nie. Oral heers My teenstander en hy beïnvloed die denke van diegene wat nie heeltemal vas met My verbind is nie. Maar Myne sal hulle afvra hoe dit moontlik is dat so `n verkeerde denke onder die mensdom ingetree het, want hulle is deur My Self in hulle denke gelei en kan daarom nie begryp in welke denkrigting die mensdom verkeer nie; omdat hulle weinig geloof het en haar weg alleen gaan sonder My, en My teenstander hom derhalwe by hulle kan aansluit. Aards en geestelik het die mense hulle van die waarheid afgekeer, van natuurlike gevoelens en van al die goeie en mooie. Daarenteen is hulle die wêreld in die mees krasste vorm toegedaan, dit wil sê hulle vervorm alles en het alle gevoel vir die regte en goeie verloor. En geestelik bevind hulle hulleself in die diepste duisternis, hulle weet niks oor geestelike samehang nie, oor hulle God en Skepper en die opgawe van hulle lewe op aarde en wens ook om niks daaroor te wete te kom nie. Hulle lewe in `n heeltemal verkeerde wilsrigting en gee daarom onbeperkte mag aan My teenstander, wat hy gebruik op die mees boosste wyse.
En hulp is onmoontlik, solank die verlange nie self in hulle opkom om duidelikheid te verkry in alle sake nie. Die verlange moet uit hulself opkom, vanuit die insig dat die wêreld en haar goedere verganklik is en dat hulle lewe nie alleen die doel op sigself kan wees nie, inteendeel `n middel tot `n doel moet wees. Die insig kan hulle verkry, sodra hulle hulle lewenslus laat vaar; sodra hulle die aardse genot van wat vir hulle begeringswaardig voorkom, laat vaar. Daar kan ure van innerlike besinning kom, wat hulle die lewe wat hulle tot nou toe geleef het, onnosel en onsinnig laat voorkom en dan is dit moontlik dat hulle planne sal maak om te verander; dat hulle toeganklik sal wees vir die aanspreek van die medemens wat op die regte weg wandel en poog om hulle te oortuig dat hulle weg die regte is. En mense sou erbarming moet hê met die geestelike nood van `n medemens en daaraan dink, deur ten gunste vir hom te bid. Want sulke gebede bly nie onverhoord nie. Maar meestal behou die teenstander sy mag oor sulke mense en die geestelike nood word steeds dreigender en is ook die oorsaak van die verandering van hierdie aarde. Want sodra die geestelike dieptepunt bereik is, is ook Sy verwoesting van die ou aarde met al haar skeppings gemotiveerd, `n totale verandering van al dit wat die onryp geestelike bevat met as doel die positiewe ontwikkeling.
Steeds sal daar voor die einde van `n verlossingsperiode hierdie op die materie gerigte toestand onder die mense wees, waarin die geestelike besef onder die mense verlore gegaan het, omdat daar in hierdie tyd baie mense op aarde is wat nog baie onryp geestelikheid in hulle dra, wie se tyd egter uitgeloop is, wat aan hulle toegeken was om vry te raak uit die vorm. Hierdie mense kan ryp word gedurende die tyd tot aan die einde, maar hulle moet hulle weerstand teen My opgee, hulle moet hulle wil verander en op My rig. Maar die geloof in My as God en Skepper ontbreek by hulle, Wie hulle krag kan en wil laat toekom. Daarsonder is hulle egter te swak. Maar hulle word voortdurend gewys op die Mag Wie aan hulle die lewe gee, sowel deur My woord, wat hierdie mense ook soms bereik, asook deur dit wat hulle deurmaak, die eie lot en dit van hulle medemens. Want Ek maak My aan alle mense bekend wat maar daaroor nadink wat die aardse lewe hulle ten deel laat val. Die denke staan die mens volledig vry, hy word wel beïnvloed deur My teenstander of ook deur die kragte van die lig, maar nie gedwonge in dieselfde rigting te dink as hulle nie. Maar solank die mens van My uit `n denkvermoë besit, moet hy dit ook verantwoord oor hoe hy sy aardse lewe gebruik het, want van My uit word alles daaraan gedoen om sy denke te stimuleer.
En daarom is dit vir die mense ook moontlik om op aarde ryp te word - wat hulle die binnegaan in die ligryk sal verseker - wie hierdie aarde in `n nog baie onryp toestand betree. Hulle mag geaard wees hoe hulle wil, dit is vir hulle nie onmoontlik om hulself te verander en die voltooiing te bereik nie, omdat My barmhartigheid almal op buitengewone wyse toevloei en dit alleen maar benut hoef te word. En selfs met `n baie swak wil, hou Ek rekening, deurdat Ek sulke mense in situasies laat kom waar hulle weerstand afneem en dit vir hulle maklik sou wees om hulle op My te rig. Ek wend elke middel aan wat nog sukses beloof, sodat die siel nie ten prooi val aan die lot van die hernieude kluistering nie. Maar die laaste vryheid moet Ek aan hulle oorlaat.
Dit is `n groot barmhartigheid wanneer hulle voortydig uit die aardse lewe weggeroep word, omdat hulle dan op aarde nie meer dieper kan val nie en in die ryk hierna waarlik alles probeer word om hulle van `n verdere val in die diepte in te behoed. Maar dan hou hulle hulleself nog in die nabyheid van die aarde op en hulle kan ook die lot van baie mense, wat nou bande met hulle gehad het in die lewe op aarde, op die voet volg. Ook in die geestelike wêreld kan hulle nog dink, ofskoon dikwels verward, maar daar word steeds weer bystand aan hulle verleen van die kant van die ligwesens, wat hulle onherkenbaar vermom in dieselfde gewaad, hulleself by hulle voeg en met hulle praat. Alles word probeer om die siele op die weg na die hoogte te bring, steeds sonder dwang van hulle wil, maar in liefdevolle sorg, wat ook soms herken word en in dank aangeneem word. Sodra hierdie verlossingsperiode egter ten einde loop, word die poorte van die geestelike ryk ook gesluit, dit wil sê, dan is die skeiding van die bokke en die skape op aarde alreeds voltrek. Alleen die mense wat aan My trou is, sal nog oorbly en sal oorgeplaas word op die nuwe aarde. Maar die ander is die aanhang van My teenstander en hulle deel ook die lot van My teenstander. Hulle word weer gekluister vir `n eindelose lang tyd.
En daarom moet u die mense nie betreur wat uit die lewe weggeroep word nie, want by hulle is daar steeds nog `n verbetering te behaal, hulle het nie heeltemal ten prooi geval aan My teenstander nie, ofskoon hulle ook nog in die ryk hierna kan wegsink, terwyl die agtergeblewenes wel nog tot aan die einde die moontlikheid het om te bekeer en dan ook gered kan word van die ondergang, maar hierdie moontlikheid weinig benut en daarom sal `n vreeslike lot tegemoet gegaan word. En u sal ook die vroeë afsterwe van u geliefdes as `n daad van barmhartigheid van My kant mag beskou en sodra u u liefdevolle gedagtes en voorspraak laat volg, hoef u ook nie meer bang te wees dat hulle verlore sal gaan nie.
Hierdie toeseggings van My kant moet u altyd met troos vervul en die verklaring gee van alle slae van die noodlot, ongevalle en katastrofes waarby soveel mense hulle lewe verloor. Want Ek wil die aantal ongelukkiges wat `n hernieude kluistering sal ondergaan, verminder vir sover dit moontlik is.
Want dit sal erg wees, want My teenstander is aan die einde op so `n wyse besig, dat hy groot aanhang het en behou. Maar dit staan vas, dat sowel op aarde, asook in die geestelike ryk, geworstel word om elke afsonderlike siel, dat alles daaraan gedoen word om die mense op die regte weg te lei en om die siele, van hulle wat gesterf het, behulpsaam te wees. Want almal moet eens die geluksaligheid bereik.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205