Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GEESTELIKE NOOD VAN DIE NAASTE
B.D.7509 - 27 Januarie 1960
En wanneer u uself bekommer oor u naaste in sy geestelike nood sal dit vir uself tot seën word. Weliswaar is die leniging van die aardse nood die gebod van die naasteliefde; dat u vir hulle sal moet doen wat u sal wil dat dit vir u gedoen word, wanneer u uself in dieselfde nood bevind. Maar ook in geestelike nood sal u hom moet help en dit sal sowel by sy siel, asook by u siel effek hê. Want die geestelike nood is nog heelwat erger as die aardse nood, omdat laasgenoemde eens ten einde sal wees wanneer die aardse lewe verby is, maar die geestelike nood word saam oorgeneem in die ryk hierna en het vir die siel `n uitwerking van vreeslike kwelling.
En u sal die naaste kan help in geestelike nood, wanneer u hom in die eerste plek help dat hy `n lewende geloof kry, wanneer u hom op Jesus Christus wys, sonder Wie geen mens salig kan word nie. Wanneer u naaste nog heeltemal geen geloof het nie, bevind hy hom in groot geestelike nood en dit sal vir u nie maklik wees om hom te help om te glo nie. Maar u sal hom kan aanspoor om werke van liefde te verrig, u sal hom vir eers so kan beïnvloed, dat hy die liefde beoefen, en dan sal dit hom ook al makliker geval om dit te glo wat u hom sal uiteensit. En dit is allereers die wete oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk wat u aan u naaste, wat die kennis nog nie besit nie, sal moet voorlê. En hy sal dit spoedig kan glo, wanneer hy van goeie wil is en daarom ook werksaam is in die liefde.
Maar dit moet hom wel heeltemal volgens waarheid oorgebring word, sodat dit nie deur hom verwerp word nie en dit dan baie moeilik sal wees om ooit die verlossingswerk aan hom begryplik te maak. Slegs die waarheid het die krag in hom om op `n mens van goeie wil in te werk, maar dwaling sal hy dadelik afwys en alle arbeid in die wingerd aan hom gedoen, tot niet maak. Daarom is dit in die eerste plek nodig dat u self in die waarheid vasstaan, voordat u geestelike hulp aan u naaste sal kan skenk, maar u wat regstreeks deur My onderrig sal word, het baie geestelike lering byderhand, wat u aan hom sal kan oordra en u liefde sal u ook sukses verseker, want wat u in liefde vir die naaste onderneem, bly nie sonder resultaat nie. Dit sal sy siel tot voordeel strek, soos ook uself des te meer ontvang, hoe meer u van u geestelike rykdom weggee, want die nood is groot.
Met aardse nood poog die mense om hulleself op te hef, selfs wanneer hulle u as `n broeder om hulp vra. Maar aan die geestelike nood dink hulle nie en vra daarom ook nie om hulp nie. En daarom moet u dit self vir hulle aanbied, u moet, waar u dit maar kan, u gesprekke rig na `n geestelike basis, u moet probeer om die ingesteldheid van u naaste op geestelike gebied te wete te kom en u moet hulle die evangelie (van die liefde) verkondig, dit wil sê hulle aanspoor om werke van liefde te doen. En dan sal u ook geleentheid vind om oor Jesus en Sy werk van verlossing te spreek en bemerk welke indruk dit op die mense sal maak wat u dus onderrig. En wanneer u maar `n klein resultaat kan toon, het u tog `n onskatbare diens aan die naaste bewys, want die woorde wat u aan hom bestee het, gaan nie verlore nie. Dit sal wortel skiet en eendag sal die saad opkom en daaruit kan hulle `n kragtige geloof ontwikkel, volgens die gewilligheid van diegene aan wie u ware naasteliefde betoon. Dink daarom dikwels aan die geestelike nood van u naaste en poog om hom tot hulp te kom. En dit sal hom en u waarlik tot seën strek, want Ek sal u Self steun, Ek sal Self aan hulle harte klop en geluksalig is hulle wat die deur van hulle harte vir My open wanneer Ek wens om toegelaat te word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205