Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE SKEP VAN DIE NUWE AARDE IN `N OOMBLIK
B.D. 8440 - 16 Maart 1963
Om alle dinge in `n oomblik te skep is vir My moontlik, want daar is maar één gedagte nodig om dit deur My wil en My krag te laat ontstaan. Ek kan dus in één oomblik skep en het geen tyd daarvoor nodig nie. Werk Ek egter so dat die mense dit kan sien en wat elke skeppingswerk om u heen bewys, dan gaan alles volgens die wetlike orde, sodat u mense ook die verloop van die skepping kan volg en My Liefde, Wysheid en Mag daarin kan erken. Want Ek het dieselfde bekwaamheid in u gelê, al is dit in minimale mate, want u kan ook skep en vorm gee, maar het meer tyd daarvoor nodig waarvoor u, in die toestand van onvolmaaktheid waarin u mense op aarde uself nog bevind, ook die wet van tyd en ruimte wat bestaan, moet verstaan. Hierdie wet val egter vir die volmaakte wese weg omdat, betreffende tyd, sowel as ruimte, daar dan geen begrensing meer is nie.
My bestuur en werke word altyd aangepas volgens die toestand van rypheid van die bestaande, sodat dit bestuur en werke mag ondervind, wat egter nie My onbegrensde mag uitsluit om alle dinge in één oomblik te skep nie. Ek het geen tyd nodig nie, want Ek staan buite die wet van tyd of ruimte.
Toe die ontstaan van die skepping plaasgevind het, het Ek ook tydens die ontstaan, net een doel voor oë gehad, naamlik om die gevalle geestelike die moontlikheid te gee om stadigaan ryp te word. Om stadigaan die weg uit die diepte terug te vind en om aan hulle steeds weer nuwe moontlikhede te verskaf waarin hulle op die een of andere wyse diensbaar kon wees. Die beplanning van elke skepping word so deur My wil bestuur, dat steeds groter skeppings op dié manier te voorskyn sou kom, met steeds weer nuwe doeleindes, sodat `n stadige opwaartse ontwikkeling kan plaasvind. En daarom het die ontstaan van die skepping `n bepaalde tyd nodig, want juis die tyd moes hierdie ontwikkeling teweegbring. Want eindeloos diep was die val gewees en dieselfde afstand moet weer terug afgelê word, sodat alles weer volgens die wetlike orde, wat die voorwaarde is vir al die volmaakte, kan verloop.
Word daar nou egter aan die einde van `n verlossingsperiode `n skeppingswerk deur My wil totaal verander, om weer nuwe moontlikhede tot opwaartse ontwikkeling te kan verskaf, dan kan daar ook weer skeppingswerk ontstaan wat in `n oomblik deur My geskep word. Want ook dit is in My heilsplan vanaf ewigheid voorsien, sonder om die wet van die ordening daarmee omver te gooi. Want die geestelike, wat homself op die terugweg bevind, is in alle grade van rypheid aanwesig, juis deur die eindeloos lang pad van ontwikkeling voorheen op die ou aarde.
Alles is reeds aanwesig en word alleenlik verander in die harde materie of in die reeds sagtere vorm van die plante en dierewêreld. Deur die geweldige verwoesting sal alles vryraak, maar kan tog nie in sy nog onrype toestand vrygelaat word nie. Dit wat met die bestaande graad van rypheid ooreenstem, moet opnuut in die materiële vorm ingelyf word. Steeds weer sal ook die, tot nou toe verharde geestelike substansie, die ontwikkelingspad kan begin in die binneste van die aarde wat ook totaal in opstand kom en geestelike substansies vrylaat en daardeur die verharde geestelike ruimte verskaf, as in die geval al van ruimte gepraat kan word. Maar alle skeppingswerk staan as`t ware ter beskikking vir die opneem van die tot in die diepste gevalle geestelike, wat sy ontwikkelingsweg moet begin. Maar hierdie geestelike substansies het weer `n ewige lange tyd nodig, totdat dit eenmaal na die aardoppervlakte kom om hulle ontwikkeling te kan voortsit.
En al is die omvormingswerk op hierdie aarde die werk van `n oomblik, tog gaan alles volgens die wetlike orde. En omdat sulke werk, wat in `n oomblik plaasvind, nie voor die oog van die mense kan plaasvind nie, (waar sy nog nie die hoogste graad van voleinding bereik het om sulke verandering deur My mag en krag te kan begryp nie), word die mense wat aan My trou bly tot aan die einde, weggeneem. Hulle belewe wel die vernietigingswerk waarvoor Ek hulle oë sal open, maar hulle sal nie die ontstaan van die nuwe aarde sien nie, elke tydsbegrip sal hulle ontneem word totdat hulle op die nuwe aarde geplaas sal word, tot hulle die voltooide nuwe skepping in alle heerlikheid kan aanskou en dit in besit mag neem.
Dit is ook onbelangrik in welke tempo die nuwe aarde ontstaan het. Maar omdat Ek aan My heilsplan van ewigheid af u mense openbaar, daarom laat Ek u ook weet dat dit vir My geen tyd sal kos nie. Want My wil kan elke gedagte van My op dieselfde oomblik verwesenlik, en My liefde en wysheid sien ook wat goed en geskik is vir die uiteindelike terugkeer van die geestelike wat eens in vrye wil van My afgedwaal het.
Daar sal altyd `n klein deeltjie van die mense geestelik ontwaak om dit, My verlossingsplan, te kan verstaan. Maar vir hulle wil Ek die "lig" laat skyn oor die skeppingsgeheime om sodoende hulle liefde tot My steeds warmer te laat ontvlam. Want juis My heilsplan van ewigheid af is die mees verblydende vir alle wesens, want daarin is My Liefde, Wysheid en Mag geopenbaar.
En wie hierdie kennis reeds op aarde verkry, kan waarlik salig genoem word, want hy staan kort voor sy voleinding, hy staan kort voor sy uiteindelike terugkeer tot My, sy God en Skepper van ewigheid, Wat HOMSELF aan Hom as Vader geopenbaar het en WIE SE liefde oneindig is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205