Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

VRYE WIL. KENNIS VAN DIE GOEIE EN KWADE DIE NUWE AARDE
B.D.3359 - 7 Desember 1944
Die menslike wil is vry, maar die gebruik van die wil vereis `n helder begrip van wat die wil kan en moet nastrewe. Om te kan beslis, moet die wil geleentheid hê om uit twee rigtings te kies, dus moet dit vir die mens moontlik wees om goed van kwaad te kan onderskei, anders sou die vryheid van wil geen sin gehad het nie. Om hierdie rede gee God `n verstand aan die mens, waar anders die vrye wil betwyfel sou kan word.
Om die verstand nie vir sy eintlike funksie te gebruik nie, beteken dus ook om die gawe van die vrye wil buite beskouing te laat. Die mens het dus `n plig om sy verstand te gebruik, omdat hyself daarvoor verantwoording moet doen. En daarom is dit noodsaaklik om oor die doel en die betekenis van die lewe na te dink, omdat daar dan alle ander vrae opduik waaroor nagedink moet word om tot `n vrye wilsbeslissing te kom.
En dit is vir die geestelike ontwikkeling beslis noodsaaklik, sodat die innerlike houding teenoor God, teenoor die goeie, `n verheldering sal ervaar, sodat die mens `n innige verhouding met God leer ken as doel van die aardse lewe, sodat die vrye wil bewustelik na God streef en daardeur tot die goeie instem. Hy moet daarom ook die mag van die kwade ken, en moet die kwade leer ken om dit te kan verafsku en dan vir één van beide te beslis. En juis daarom kan die kwade nie uit die wêreld geban word nie, want anders sou die mens nooit hierdie vrye wilsbeslissing kon neem nie. Die kwade moet ook speelruimte hê waarin dit kan uitwoed. Dit is die invloed van God se teenstander op die mense wat hom nie verhinder word nie, omdat hy tegelykertyd die goeie kragte tot ontplooiing kan bring en die wil van die mens aangespoor word om die goeie of die kwade na te strewe. Derhalwe is ook die negatiewe kragte vir God diensbaar, want hulle help teen hulle wil al die geestelike wat hulle wil ten goede opwaarts gebruik. Maar die negatiewe kragte laat dikwels hulle invloed geld buite hulle bevoegdheid, deurdat hulle probeer om die werksaamheid van goeie kragte te verhinder, wat hulle nie deur God belet word nie. Hulle probeer daardeur vir die mense die vrye beslissing tussen die goeie en die kwade onmoontlik maak, deurdat hulle die kennis van die goeie, van God, van hulle weerhou - en die wil van die mens probeer oorweldig.
En daarom plaas God `n einde aan hulle aktiwiteite vir `n lang tyd. Hy bind hierdie kragte wat vir lang tye die vryheid van handeling gehad het, maar tegelykertyd die mense wat nog geen duidelike beslissing geneem het nie, of wat die bose verkies het, verhinder om hulle vrye wil te gebruik.
Slegs hulle wat uit eie beweging, ondanks die grootste versoekinge, vir God beslis het, sal bly lewe; wat dus geen wilsbeproewing meer nodig het nie, omdat hulle die swaarste proef deurstaan het. Dus kan in die komende tydsbestek slegs mense op aarde woon wat hierdie wilsbeproewing ondergaan het. Hulle weet van die aktiwiteite van die teenstander waaraan hulle blootgestel was, en hulle tog ontvlug het kragtens hulle vrye wil. Slegs hulle het dus die rypheid bereik wat hulle veroorloof om `n tyd op aarde te woon, waarin hulle nie beïnvloed sal word deur die teenstander van God nie. Terwyl die ander gefaal het, en nogmaals die lang weg van ontwikkeling moet aflê, totdat hulle weer die stadium bereik waarin hulle hulle vryheid van wil kan gebruik. Die mense moet voortdurend blootgestel word aan die goeie en die kwade en daarom sal die aarde net solank `n slagveld van beide kragte bly, as wat die onryp geestelike homself op haar beliggaam.
Die nuwe aarde sal aanvanklik slegs deur ligwesens bewoon word, dit wil sê, deur mense in `n toestand van hoë geestelike rypheid. Hulle sal ook voortdurend kontak hê met die ligwesens uit die geestelike ryk, want die kwade sal deur die mag en die wil van God verhinder word om die mense te benader. Die eerste mense op die nuwe aarde hoef immers nie meer `n proef te ondergaan nie, en daarom is dit nie nodig dat negatiewe kragte hulleself ophou in die nabyheid van die aarde nie. En dit sal te sien wees aan die staat van diepe vrede wat op die nuwe aarde sal heers. `n Toestand van ooreenstemming en `n saamleef van die mense in volkome harmonie; want die liefde regeer, en waar die liefde is, kan self geen wese standhou wat vyandig teenoor God staan nie. Maar hierdie toestand sal nie vir ewig so bly nie, want die volgende geslagte sal weer die teenstander van God mag oor hulself gee. Hulle sal gewillig aan Sy verleiding gehoor gee en hulself in dieselfde mate van God verwyder, Wie vir hulle op die nuwe aarde `n paradys wou berei. En dan sal die stryd tussen lig en duisternis weer opnuut begin en voortduur tot aan die einde van `n verlossingsperiode, sodat die mense self kan besluit watter Heer hulle oor hulself wil aanvaar. En in die ewigheid sal daar aan hulle gedoen word volgens hierdie vrye wilsbeslissing. Hulle sal in die duisternis moet smag of die "EWIGE LIG" tegemoet gaan, tot hulle hulself met die OER-lig verenig het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205