Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

KYK, EK IS BY U IN AL U DAE
B.D. 5480 -6 September 1952
Laat My nie vir u die ver God wees nie, Wie u alleen maar op bepaalde tye aanroep om hulp, soos wat voorskrifte wat die deur mense uitgevaardig is, dit vereis, maar roep My te alle tye na u toe, laat My steeds nader aan u wees. Sien in My die Vader, Wie met innige Liefde na Sy kinders verlang, en spreek met My soos `n kind met sy Vader spreek: sonder vrees, vol vertroue en eenvoudig, sodat My Hart kan geniet van die gestamel van My kinders. Eers wanneer u, mense, My nie meer ver weg soek nie, eers wanneer u My nabyheid voel, is die korrekte band met My tot stand gebring, wat nou ook die volgende met homself meebring: Die inwerk van My Liefde op u wat My kinders is en van hulle kindskap ook gebruik moet maak, dan sal u nie meer eensaam oor die aarde gaan nie, dan het u die trouste Vriend en Helper aan u sy, dan sal u ook korrek leer dink en u aardse lewe ook goed benut, omdat Ek u nou ook aanwysings gee, wat u deur middel van gedagtes opneem en ook daarvolgens handel, want `n ware kind doen wat sy Vader van hom verlang.
Leer in My heeltemal die Vader sien. Want Ek wil deur u bemin word, egter nie maar net as God gevrees word nie. Dan sal u gebed ook so wees dat Ek dit kan verhoor, omdat liefde en geloof daarin tot uitdrukking kom. Tot God spreek u egter nie so innig en vertroulik soos wat u tot u Vader sal kan spreek nie. U spreek dan slegs so, soos u dit volgens die tradisie geleer het, soos die kerklike geloof dit vir u voorskryf, en dit kan maklik maar net `n vorm bly, `n gebed wat nie in gees en waarheid na My opgestuur word nie. Lippegebede hoor Ek nie, Ek wil as Vader deur My kinders aangespreek word. Ek wil die hart hoor praat waarna Ek My ook liefdevolle oor buig en die bede inwillig.
U mense sal aanvanklik wel `n God en Skepper van ewigheid moet leer ken, sodat die geloof in u kan ontwaak, dan egter moet die geloof lewend word deur die liefde, u moet leer om God lief te hĂȘ as u Vader, en dan sal daar geen dooie, formele verhouding meer tussen ons wees nie, dan bring u die innige verhouding met My tot stand wat Ek van u vra, om u met alle Liefde te kan omvat. Dan het u `n groot skrede op die weg na die voleinding gesit, dan sal Ek u nooit meer opgee nie, en My Vaderliefde, wat getrou vir u sorg, sal u na u doel lei: U gaan as My ware kinders die ewige vaderland binne, u betrek u Vaderhuis, u aanvaar die erfenis van u Vader, u sal kan skep en vorm gee in lig en krag gelyk aan My en My Wil en u sal onbeskryflik geluksalig wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205