Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

FOUTIEWE DENKE - DIE AFWYSING VAN IETS SONDER OM DAARMEE BEKEND TE WEES
B.D.1026 - 6 Julie 1939
Die mensdom wys dit af wat haar tog tot grootste seën moet strek en die gewigtigheid van haar handelinge kan gladnie aan haar duidelik gemaak word nie, omdat sy haarself bewustelik afwysend instel teenoor al wat geestelik is. Sodoende is dit nooit moontlik om vir die mense duidelik te maak waarin die eintlike rede van hulle foutiewe denke te soek is nie.
Wie homself afwysend teenoor `n saak instel, sonder om in werklikheid iets daarvan te weet, is dit moeilik om die redelikheid daarvan vir hom voor te hou, want hy wil nie. `n Verdieping in die omstrede tema sou hom egter anders laat oordeel het.
Wie dus opheldering begeer, kan daaraan beantwoordend onderrig word. En daarom is dit onverantwoordelik om steeds in dieselfde vaarwater te bly, dit wil sê, sy opvatting nie te wil opgee nie, eenvoudig uit onbekendheid met `n saak; en tot hulle roep die Heer: Open u ore en u hart en verneem die Stem wat u die waarheid wil verkondig - en ondersoek dan - en wil u haar dan nog afwys, dan is dit u vrye wil, maar nou is u daarvan op hoogte en kan dan bewustelik u standpunt daarteenoor bepaal, waartoe u egter nie die reg gehad het, solank as wat u totaal blind in die gees voortgegaan het nie.
In aardse opsig word al die suiwer objektiewe oplossings van iets wat onverklaarbaar is, gevra, hoeveel te meer sou u dit ook nie geestelik so in ag moet neem en alles wat u sou wil afwys vooraf ondersoek nie. Hoe meer u sinvol begin oordeel, hoe meer helderder sal u gees word, hy sal u lei, allereers om in te sien dat daar een ewige Godheid bestaan en u dan ingee om hierdie ewige Godheid vir opheldering te vra en dan sal u denke en oordele korrek wees.
Probeer eers om die goddelike gawe te begryp. Dink in geestelike sin aan die nood van die tyd en die liefdevolle sorg van die ewige Godheid, wat nou eenmaal, as Skepper van alle dinge, nie te ontken is nie.
Dink aan die liefde waarmee `n vader op aarde aan sy kind geheg is en pas dieselfde liefdevolle verhouding ook toe op die Skepper van ewigheid en Sy totale skepping, en u sal moet insien dat so 'n Liefde wat van Hom uitgegaan het, u nie in geestelike nood kan en wil laat bly nie. En alles in die heelal is die produk van die goddelike Liefde, daar bestaan niks wat die goddelike Liefde nie verwek en in die lewe geroep het nie.
En as u dit goed voor oë hou, sal u dit begrypliker vind, dat die Vader in die hemel Sy kinders nie verlore kan laat gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205