Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE LAASTE REDDINGSWERK - ROEPERS EN VERMANERS
B.D.5810 - 23 November 1953
U almal wat My wil dien, wil Ek aanneem. En daar is nog veel arbeid te verrig tot aan die einde en juis vir hierdie arbeid het Ek troue en ywerige knegte nodig, wat self bewus is van hulle taak en wat My so toegedaan is, dat hulle steeds net dit wil uitvoer wat hulle as My Wil herken, maar wat ook die geestelike lae vlak van die mense insien en hulle afskrikwekkende einde, as hulle hulleself nie gaan verander nie.
Die einde kom onherroeplik, want die mensdom trek dit self na haar toe en ook al streef daar `n handjievol opwaarts, hulle kan, wat dit aanbetref, die einde nie meer teëhou nie, omdat ook hierdie weinige geen geestelike ommekeer meer kan teweeg bring nie en die totale mensdom sonder ophou op die diepte sou afstuur - dus is `n positiewe verandering heeltemal uitgesluit, juis omdat die mense heeltemal vermaterialiseer is.
Die einde van hierdie aarde beteken weliswaar ook `n oordeel, `n vereffening van die goddelose lewenswandel, `n skeiding van die goeie en die slegte. Maar nog veel meer is dit `n daad van erbarming vir die ongelukkige geestelike wat hulleself in die diepte bevind, wat teëgehou moet word van hulle voortdurend negatiewe strewe en van wie die wilsvryheid dus weer opnuut ontneem word, net soos dit egter eweneens `n daad van liefde beteken vir die nog gekluisterde geestelike wat hulleself nog in positiewe ontwikkeling bevind.
Daarom is `n einde dus nie meer teë te hou nie. En tog kan daar nog in die tyd baie daarvoor gedoen word vir die geestelike wat op die afgrond afstuur, vir die mense wat blind na hulle ondergang hardloop, elkeen wat gewaarsku word, kan bly stilstaan, homself besin en omkeer en op `n weg kom wat na `n ander doel lei. Elke mens kan teëgehou word in sy val na die diepte. Wie nou hierdie mense wat voortdurend hulle weg na omlaag neem, teenhou en hulle `n halt toeroep, wie hulle die verskrikkinge en kwellinge beskryf wat vir hulle aan die einde van hulle weg wag, wie hulle wys of terugvoer na die korrekte weg, hou weliswaar die einde nie meer teë nie, maar hy red die enkeles van die afgrond, want solank daar nog `n weg is wat omhoog lei, is dit vir hulle wat soek, nie te laat om op te gaan nie.
Solank die einde nog nie daar is nie, kan elkeen die verskrikkinge van die einde afsonderlik van homself afwend. Want Ek is `n God van liefde en nie van toorn nie, Ek is `n God van lewe en nie van dood en vernietiging nie. Wel staan My plan vas sedert ewigheid en niemand kan vermag om dit omver te werp nie, niemand kan ingryp in My wet van die ewige ordening nie, maar elkeen kan homself aanpas by hierdie ordening voordat dit te laat is en dit is eers dan te laat, wanneer die dag van die einde gekom het.
Daarom seën Ek almal wat hulleself vir My as roepers en vermaners ter beskikking stel, wat raad gee en help, waarsku en vermaan. Ek seën almal wat self op die korrekte weg wandelend, ook probeer om hulle medemense nader te lok, Ek seën elke werk van liefde wat gedoen word met die doel om te red van die ondergang.
Solank die aarde nog bestaan, is dit die tyd van barmhartigheid, want solank kan die enkeling omkeer, tot besinning kom en homself verander. Want die mens is nog in staat om te dink en te bid. Maar wanneer die laaste dag gekom het, is dit vir almal te laat wat versuim het om hulle oë ten hemele te rig.
Gebruik daarom almal die tyd wat nog vir u oorbly en verrig nog ywerig arbeid vir My, want u wat wetend is, moet u kennis onder die mense uitdra, en al is dit maar min saad wat op goeie bodem val en ontkiem, dit is `n reddingswerk wat buitengewoon dringend en nodig is en wat die inset van u hele wil vra.
Maar word nie moedeloos en onverskillig nie, want daar is nie meer veel tyd oor nie. Daarom: Werk en bring tot stand, solank dit nog dag is, want die nag kom waarin u nie meer sal kan werk nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205