Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE HAND OOR HAND TOENEEM VAN DIE SONDE – GELOOFSTRYD - EINDE
B.D.5860 - 23 Januarie 1954
Wanneer die sonde sterk sal toeneem, wanneer daar onder die mense geen geloof meer sal wees aan God se Geregtigheid nie, wanneer die mense hulleself onverantwoordelik sal uitleef en hulle drifte die vrye loop laat neem, wanneer daar geen liefde meer onder die mense sal wees nie, wanneer al hulle begeertes maar net uitgaan na die wêreld en haar dinge, dan het die einde gekom en sal die Skrif vervul word, en die voorspellings van die profete, wat in opdrag van God die einde van alle tye aangekondig het, sal bewaarheid word.
En wanneer u mense om u sal heenkyk, wanneer u met oop oë op alles let wat daar op aarde gebeur, dan sal u, wat van goeie wil is, besef in watter uur u leef. U sal insien dat dit alles tekens van die nabye einde is, dat die mensdom self die einde na hulle toe trek, omdat hulle in sonde leef en omdat hulle hul God nie meer ag nie.
Tog sal daar mense wees wat nie heeltemal verdorwe sal wees nie, wat nog nie heeltemal aan die teenstander van God behoort nie, wat egter ook geen geloof het nie en daarom onnadenkend voortleef - maar hoe nader dit aan die einde kom, sal daar ook van hierdie mense steeds minder verwag kan word. Deels sal hulle wegsink en in die mag van die teenstander van God raak en deels sal hulle weggeroep word uit die lewe na die hiernamaals. En die verdorwe en sataniese mense sal toeneem en slegs `n klein aantal sal God getrou bly en so lewe op aarde soos wat Sy Wil vereis. En hulle sal baie ly onder die eersgenoemdes, want hulle sal gehaat en vervolg word terwille van hulle geloof. En sodra daar openlik opgetree sal word teen almal wat hulself uitspreek vir God, vir Jesus Christus, staan u, mense kort voor die einde.
Ook dit is vir u mense al baie lank tevore aangekondig, dat u uself sal moet verantwoord en voor die regters gelei sal word terwille van die Naam Jesus. En sodra elke geestelike strewe vyandig bejeën sal word, sodra God se dienaars op aarde verhinder sal word in hulle arbeid vir die ryk van God, sodra hulle gehoon en belaglik gemaak sal word vanweë hulle geloof, dan het tyd ook reeds gekom waarin die sataniese kragte werksaam sal wees, die wie aan die einde tekere sal gaan teen alles gaan wat op God gerig sal wees.
En al die swakkes, nog nie heeltemal bose, sal weggeroep word vanaf die aarde, sodat hulle nie heeltemal in die hande van God se teenstander sal val nie, wanneer die laaste dae sal aanbreek, waarin op so `n manier teen die gelowiges opgetree gaan word, dat slegs die sterkes in die geloof, mense wat heeltemal op God vertrou, sal standhou, omdat hulle geloof hulle krag sal gee en omdat God hulle sigbaar sal bystaan vanweë hulle geloof. En dan sal die werksaamhede van die Satan ook duidelik word, want hy sal homself beliggaam in alle mense wat aan hom behoort deur hulle gesindheid. En elkeen van hulle sal werke verrig wat om vergelding sal roep. En hierdie vergelding sal kom, hierdie dag sal aanbreek, waarop aan al sy doen en late `n einde gestel is, waarop God se regverdigheid tevoorskyn sal kom en die werke van elke mens geopenbaar sal word. Die dag van regspraak sal kom, soos wat daar geskryf staan, waarop elkeen die loon sal ontvang wat hy verdien het, waarmee God se woord vervul sal word, omdat dit die ewige waarheid is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205