Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

KENMERKE VAN DIE NABYE EINDE "WIE ORE HET OM TE HOOR ... "
B.D.7018 - 16 Januarie 1958
Daar sal nog baie mense wees wat die barmhartigheid van God sal ondervind deurdat hulle op `n ongewone manier deur Hom aangespreek sal word, want Hy ken die graad van rypheid van elke afsonderlike siel, Hy sal ook weet wie homself deur Sy barmhartigheid sal laat aanraak, en Hy wil almal te hulp kom wat van goeie wil is, maar wat homself op verkeerde weë bevind. En so sal nog baie mense besluit om om te draai, van wie die omgewing dit nie sou verwag het nie en hulle sal dikwels `n duidelike vermaning wees vir hulle medemense, asof dit preke kon gewees het, wat in alle lewendigheid uiteengesit word.
God maak nog Sy skape byeen, voor die einde kom en Sy lokroep bly nie altyd sonder `n gevolg nie. En tog bly die wil van elke mens vry. Daarom is geen enkele ongewone barmhartigheidsgawe ook dwingend nie. Dieselfde gawe kan vele keer op dieselfde wyse aangebied word, maar nie almal sal so daarop reageer as enkeles nie. Alleen dit moet steeds weer aan u, mense gesê word, dat God elke siel tot aan die dood van die mens probeer win, dat Hy nie ophou om Sy hand na hom uit te reik nie, waar hy dit slegs hoef aan te gryp om vir ewig gered te wees. En die laaste tyd op hierdie aarde sal `n ongewone tyd van barmhartigheid wees, omdat die aktiwiteite van die teenstander ook `n ongewone omvang sal aanneem.
En al woed hy hoe erg in hierdie tyd, tog het elke mens die moontlikheid om ook met die barmhartigheidsgawe van God in aanraking te kom, maar sy vrye wil sal kies of en hoe hy hierdie laaste gawe sal benut. Die geringste wil om net die korrekte op aarde te doen en te voldoen aan die eintlike opgawe op aarde, kan hom al duidelike aanwysinge oplewer, omdat God so `n wil sal beloon, omdat Hy ooreenkomstig met hierdie wil Homself vir die mens te siene gee - omdat Hy hom sal aangryp en die korrekte weg liefdevol opdring.
Maar ook die werksames van die teenstander van God kom steeds duideliker te voorskyn en hulle sou baie mense se oë kon open en baie sou kon besef wie daar in die laaste tyd sy septer swaai. Maar die gewetenloosheid van die mense maak hulle ook blind jeens wat gebeur, wat `n sataniese invloed bewys. En geen mens word met geweld siende gemaak nie, hy word steeds net toegeroep: "Wie ore het moet hoor - wie oë het moet sien ... !"
En dit sal `n duidelike kenmerk wees van die nabye einde en die werksaamheid van die vors van duisternis: dat daar na uitbundige lewensvreugde, sinlike genot en `n luukse lewe gesoek en na gestreef sal word, dat hy die mense sal aanspoor tot handelinge van die laagste soort, dat alles uit sy ordening sal raak en dat daar geen enkele harmonie meer te vinde sal wees nie, sowel in die samesyn van die mense, maar ook in die tot stand bring van dinge en die werksaamheid op elke gebied. Alles sal verward en verdraaid wees, die goddelike ordening sal omver gewerp wees, dit sal in `n toestand wees soos wat dit byna nie meer erger aan gedink kan word nie.
En tog is die Barmhartigheid van God nog aan die werk, te midde van hierdie chaos en wil die mense nog red voor die ondergang. En slegs die goeie wil is nodig dat Sy barmhartigheid werksaam word - wat steeds weer deur enkeles opgebring sal word en wat hulleself nou ook kan bevry uit die boeie van hom wat daarom abnormaal aan die werk is, omdat hy weet dat hy nie meer veel tyd oor het nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205