DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 16

20 Maart 2008 om  07:59

 

EK het julle nog altyd van krag voorsien vir die swaar tye wat op julle pad gekom het en daarom moet julle nie vrees vir die dinge wat nog voorlê nie. MY krag sal julle versterk en EK sal julle bystaan sodat julle nie moedeloos raak nie. MY kinders, baie keer raak julle wel moedeloos en wil julle hê dat EK hier reg voor julle moet verskyn om julle te versterk, maar dit is nie hoe EK te werk gaan nie. EK wil hê julle moet net bly glo en vertrou omdat EK julle sal help. MY kinders moenie twyfel nie , net soos wat julle nie wil hê julle kinders moet in julle twyfel nie. Julle wil hê dat julle kinders in julle moet glo en julle moet liefhê en net so wil EK dit ook hê. MY krag is oneindig en daarom sal julle altyd van krag voorsien wees tot die tyd aanbreek dat julle met MY Een is. EK sal nie een van MY kinders verlaat nie en hulle sal almal by MY vergader wees en almal sal bly wees. Dra net hierdie laaste entjie vir MY die las wat EK op jou skouers sit. MY kinders dikwels voel die las vir julle ongelooflik swaar en julle dink dat die pad nooit gaan einde kry nie, maar die pad is nie so lank as wat julle dink nie en voor julle weet, is die pad verby en het jy alles wat jy nodig het om met MY Een te wees. EK sal vir elkeen alles gee wat hy nodig het en net EK alleen weet wat elkeen nodig het. Daarom sal julle almal dít ontvang wat EK julle gee en wat julle nodig het om tot vervolmaking te kan kom. MY kinders, die Eenwording met MY is ‘n baie groot geskenk en daar is nie baie wat dit sal bereik nie. Daarom moet julle alles in die stryd werp om een van die te wees wat wel die Eenwording met MY verkry. EK sal dit vir julle gee wanneer EK sien dat julle dit werd is en wanneer julle genoeg gely het. Dit klink vir julle nie reg dat julle self ook moet ly om Een met MY te word nie, maar dit is hoe EK julle siele gereed kry om MY GEES te kan ontvang. Wanneer EK vir julle die Eenwording sommer net sal skenk, sal julle doodgaan van die krag wat in julle binneste sal kom. Dit sal dan die vernietiging van julle siele beteken omdat die onreinheid weg sal brand en die onreinheid wat nog in julle siele vassit sal dan julle siele ook laat brand, wat die dood tot gevolg sal hê. Daarom moet julle nie hartseer wees as julle vir MY moet ly nie omdat dit vir julle die grootste voordeel in sal bring. MY kinders, EK weet dat daar ‘n paar van julle is wat baie bang is omdat julle nog vir MY moet ly en met vrees wag julle die nuwe dag in omdat julle weet dat EK hierdie dag nou weer iets nuuts vir julle sal bring wat julle sal pynig, maar EK wil dit nie hê nie. EK wil eerder hê dat julle die dag met gebed en vas binne sal gaan omdat dít vir julle krag sal gee, maar nie die onnodige vrees nie. Moenie MY vrees nie, MY kind, want EK is net genade en liefde en sal niks oor jou bring wat jy nie sal kan dra nie. EK sal niks van jou af wegneem wat jy nie sal kan verwerk nie en die gevolg sal wees dat jy alles wat verloor het weer in dubbele mate weer sal terug kry. EK bring skeiding in baie huwelike omdat EK sien dat die eenheid tussen man en vrou baie mense weerhou om heeltemal Een met MY te word, maar wanneer alles verby is, sal EK julle weer vir mekaar terug gee en die geluk sal nog groter wees as die geluk voor die tyd dat EK julle beproef het. EK het julle vir mekaar gegee en waarom sal EK julle vir ewig van mekaar skei? Ek skei julle sodat julle met MY kan verenig en dan belowe EK julle dat EK  julle weer so vir mekaar sal teruggee ook. Wees net bereid om die las van die skeiding te dra sodat EK dit in jou siel kan bereik wat EK graag wil en jy en jou vrou sal dan weer met mekaar verenig wees. Dit belowe EK, jou Skepper jou en elkeen wat hartseer sy weg oor die aarde moet baan.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205