DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk7

11.03.2008    Om 07:40

 

Baie van MY kinders is belas met siektes en baie pyn en vir hulle wil EK net sê dat EK daarvan bewus is en dat EK hulle sal help op die tyd wat EK bestem het. EK sal hulle almal help en weet waarom EK dit oor hulle lewens gebring het. Is dit nie waar, dat jy baie meer bid en vra wanneer jy pyn beleef nie? Voel jy nie in jou siel bedroef en verlang jy dan nie na MY teenwoordigheid nie? Dit is dan waarom EK dit oor jou lewe gebring het. MY roepe na jou was tevergeefs in die verlede en nou wil EK hê dat jy moet stil lê en net aan MY dink. Wanneer jy besig was met jou aardse take het jy nie veel aandag aan MY gegee nie omdat jy te besig was, maar nie omdat jy MY nie liefgehad het nie en daarom wil EK nou hê dat almal wat MY liefhet, maar baie pyn verduur en die heletyd stil moet lê, hieraan moet dink. Julle was besig met MY dinge en nie met MY soos wat EK dit wil hê nie. Persoonlik kom EK eerste by elke een van julle. MY kinders, selfs MY knegte wat MY baie liefhet begin partykeer van MY vergeet en konsentreer so op die werk wat EK vir hulle gegee het om te doen, dat hulle vergeet om op die liefde vir MY te konsentreer en dit is dan waarom EK dinge oor mense se lewens bing wat vir hulle ondraaglik voorkom. Luister nou na MY en weet dat EK julle nooit sal verlaat nie, maar die weg wat jy gevolg het sou net tot die saligheid gelei het en nie tot die toppunt nie. EK het vir julle almal baie meer bestem en julle kan dit net bereik deur die ware liefde vir MY. MY kinders die ware liefde vir MY sal julle almal in julle binneste ervaar wanneer julle elke liewe dag en nag, en feitlik elke liewe sekonde aan MY dink. Dit klink vir julle miskien onmoontlik, maar EK verseker julle dat dit kan gebeur en dat dit nie vir julle moeilik sal wees wanneer julle eers eenkeer MY liefde gesmaak het nie. MY liefde binne jou hart sal jou dan nader aan MY trek en jy sal nie kan ophou om aan MY te dink nie, en daarom raai EK julle dan ook aan om meer in afsondering met MY te gaan, sodat jy MY dieper en dieper kan leer ken. As jou geestesoog eers oop is en jy kan MY sien, sal alles vir jou helderder en duideliker word en jy sal geestelik baie vinniger groei. EK sal julle oë oopmaak op die bestemde tyd en julle sal agterkom dat julle dinge om julle kan waarneem en beter verstaan. Maar dit kom net met die liefde vir MY en daarom wil EK julle aanspoor om die hele tyd in die liefde te wandel. Dink aan MY en weet dat EK by jou is en jy sal hierdie dinge baie gou beleef. Lewe net in die liefde vir MY en vir jou naaste en jy sal groei in MY sodat jy heeltemal Een met MY kan word. MY kinders, dit klink miskien vir julle baie moeilik, maar dit is nie, want die liefde doen alles vir jou. As jy MY net bo alles liefhet, sal dit vir jou al hoe makliker en makliker word en jy sal MY kan sien en nog liewer word vir MY. Dit belowe EK vir julle almal wat na MY en die Eenheid met MY soek.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205