Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

SKEURING IN DIE GODSDIENS. BEPROEWING IS NOODSAAKLIK
B.D. 3159 - 15 Junie 1944
Min mense besef die waarde van die goddelike openbaringe en daarom word dit wat aan hulle oorgebring word, selde deur hulle aangeneem. Talryke moontlikhede bly so onbenut en dit het `n geringer insig tot gevolg, wat dikwels selfs `n stilstand beteken - terwyl daar vooruitgang bestem sou kon word. Die geestelike blindheid van die mense sou opgehef kon word, wat die duistere toestand in lig kon verander, en tog verkies hulle die nag en verafsku die lig. Hulle het geen weerstand teen die wêreld nie, wat lig aan hulle skenk en alles wat daaraan toevertrou word, liefdevol bedink.
Die is `n gebrek aan geloof dat hulle meen dat God Hom nie oor die mense erbarm nie, en dat Hy hulle nie helpend wil bystaan as hulle in nood verkeer nie. Hierdie nood is egter wesenlik en bestaan hierin - dat tallose dwalinge die mense verhinder om God op die korrekte wyse te sien, Hom lief te hê en Hom deur dienende naasteliefde van hierdie liefde te verseker. Hierdie nood bestaan in `n dooie geloof wat sal faal as dit op die proef gestel word. Want as die mens ernstig moet beslis, sal hy alleen dan standvastig bly as hy `n rotsvaste oortuiging het dat sy kennis en sy geloof waardevoller is as wat aan hom daar teenoor gestel word.
En daarom moet die geloof met die kennis ooreenstem, dit wil sê, wat die mens glo, moet ook geloofwaardig wees, dus wysheid openbaar, as die mens ernstig daaroor nadink.
Daar word van God niks geloofwaardig gevra wat die mens by ernstige nadenke nie sou kan aanneem nie. En daarom moet dit wat onaanneembaar lyk en waaraan, by ernstige ondersoek, die wysheid blyk te ontbreek en mensewerk wees; wanneer as aanvulling, nog bygevoeg word by wat God gevra het om te glo.
Die geloofwaardigheid van `n leer is daaraan te sien dat ook die liefde hieruit straal, die liefde van God tot die deur Hom geskapenes, wat die liefde en die wysheid dus tot `n goddelike Wese laat besluit, wat besorg is oor sy skepsele.
En so kan iedere geloofsleer ten opsigte daarvan beproef word. En dit moet daarby in aanmerking geneem word dat in die eerste plek alle onderrig tot so `n ondersoek verplig moet word, omdat hy slegs dit moet onderrig - wat hyself as waarheid ingesien het. Dit is egter `n voorwaarde wat meestal buite beskouing gelaat word en daarom reeds die verspreiding van dwaling buitengewoon begunstig.
Elke leraar moet heeltemal oortuig wees van wat hy onderrig. En `n oortuiging is slegs deur `n ernstige ondersoek te verkry. Dan kan die leraar egter, sonder beswaar, die waarheid wat deur hom ingesien is, na sy medemens, wat vir so `n ondersoek minder bekwaam is, oordra, maar by die korrekte oordrag moet hulle dit wat aangebied word, reeds as geloofwaardig insien, omdat dit die liefde en die wysheid van God aan hulle sal bevestig.
Wie ernstig wil ondersoek doen, sal nie aan denkvermoë kortkom nie, as die wil tot die waarheid aanwesig is. Die voorwaarde is dat die ondersoekende mens ook in die liefde leef, anders kan hy nooit `n voorvegter van die waarheid wees nie - maar sal dan `n verklaarder van die leuen en die dwaling wees, omdat hy hom, deur sy liefdeloosheid, oorgelewer het aan hom wat teen God stry.
En dit is nou begryplik dat en waarom `n leer wat oorspronklik suiwer en onvervals vir die mense aangebied was, velerlei veranderinge ondergaan het en waarom dit nie moontlik was dat oorleweringe onvervals behoue gebly het nie. Want die ernstige ondersoek na betroubaarheid en waaragtigheid, was ontwyk deur die eis; om sonder om te twyfel, alles te glo wat die mense geleer was.
Die suiwer waarheid kan elke toetsing deurstaan en derhalwe sal sy dus onveranderd bly. Maar met verloop van tyd het daar skeurings ontstaan. Die verskillende geestestrominge en hulle afsonderlike leerstellings het altyd geleentheid gebied om hulle teen mekaar af te weeg. En as hulle maar steeds net met die goddelike wysheid en liefde gekonfronteer was, dan sou elke ernstige ondersoeker ingesien het watter leerstellings mensewerk was, en dus as dwaling gebrandmerk moes word.
Daarom het die mens die grootste skuld, waarvoor hulle ook verantwoording sal moet doen – die wat in staat was tot ondersoek, maar wat dit agterweë gelaat het, en die opvattings, sonder `n verantwoordelikheidsgevoel op hulle medemens oorgedra het, wat hulle by `n ernstige ondersoek sou moes afgewys het. Daardeur het dit gebeur dat dwaling en leuen hulleself uitgebrei het.
Maar steeds weer was daar mense, wat uit hulleself hierdie ondersoeke op hulle geneem het, en nou as hervormers die langbestaande geloofsleringe probeer omverwerp het. En weer was die rypheidsgraad van hierdie mense maatgewend in hoeverre hulle in die waarheid kon deurdring en dit ook kon deurgee.
Steeds weer was die mense derhalwe `n geleentheid gebied om standpunt in te neem teenoor die geloofsleer. Want deur die strydvrae van die verskillende geestesrigtings – deur die skeurings binne die “kerk”- was hulle opmerksaam gemaak op die verskeidenheid van leringe, waarvoor geloof ewenwel steeds vereis was.
Nou moes die verstand en die hart aan die werk gegaan het wanneer daar `n ondersoek uitgevoer sou word, en daartoe was die wil van die mens nodig en die verlange na insig in die waarheid. Elke aanhanger van `n leer kom op vir sy leer, en tog kan verskillende leringe nooit aanspraak maak op geloofwaardigheid nie, omdat daar maar één waarheid is. En om hierdie waarheid hulle eie te maak, moet die strewe van elke mens gewees het.
Daarom is dit ook onvoorwaardelik nodig om self `n standpunt in te neem ten opsigte van elke oorgebringde geloofsleer, aangesien dit andersins nooit geestelik die mens se eiendom kan word nie, al word dit hom voorgesê. Want hierdie woorde is dan geen diepste oortuiging nie, want vir `n oortuiging is verstandelik deurdinkte logika onvoorwaardelik nodig en die denke word alleen korrek gelei onder die aanroep van God se Gees.
Word `n mens egter die suiwer waarheid aangebied, dan sal hy baie makliker tot `n innerlike oortuiging kom as hy daaroor nadink, terwyl dit meer insette en `n verlange na die waarheid vra, om dwaalleringe ook as dwaling te herken.
Daarom dra diegene wat onderrig, `n groot verantwoordelikheid, sodra hy deur eie louheid of versuim, `n ondersoek agterweë laat en nou opvattings versprei, waarvan hy self nie heeltemal oortuig is van nie.
Sodra hy homself as leraar aangebied het, mag hy slegs dit onderrig wat vir hom na ernstige ondersoek aanneembaar lyk. Anders maak hy hom skuldig teenoor hulle wat gelowig van hom die waarheid ontvang, en wat hy deur dwaalleringe tot `n verkeerde denkrigting bring.
Hy het `n plig ook om die mense tot die ondersoek van die aangebode aan te spoor, totdat hulle self tot die oortuiging kom, dus tot `n lewende geloof deurdring word om die dwaling van die waarheid te kan onderskei.
17 Junie 1944.
Ook die kennis wat die mens suiwer verstandelik verwerf het, sonder om God aan te roep om verligting van die gees, toon baie tekortkominge en kan daarom nie as “samehangend” gekenmerk word nie. Om die rede kan daar nog onderwerpe wees wat onduidelik is en juis dit het aanleiding gegee tot twyfel, omdat die kennis deur uiteenlopende aanhangers ook weer verskillend uitgelê was. Hieruit blyk dus vanself dat die verskillende resultate ook teenmekaar opgeweeg moet word deur hom, wat maar net die waarheid nastreef.Menslike kennis is nooit onaantasbaar nie. En dat die strydvraag altyd net om menslike kennis - om menslike uitlegte gaan, blyk daaruit dat daaroor getwis word. Want die suiwer waarheid, waarvan God Self die Grondlegger is, stem altyd ooreen en sal nie verskillende resultate toon nie. Die suiwer deur God gegewe waarheid word deur `n mens, wat nog van `n goeie wil is, wat nog na die waarheid verlang, reeds verwronge ontvang, omdat sy gedagtes deur slegte kragte beïnvloed word wat hom verwar en vir hom die aangebode onbegryplik maak. Terwyl omgekeerd die mens wat ernstig op soek is na die waarheid, ook verwronge kennis in twyfel trek.
Dit gee hom nie die volledige sekerheid van die waarheid nie en hy onderwerp haar daarom aan `n ondersoek, veronderstel dat vir die ondersoek nie vir hom verbode is nie en daar `n onvoorwaardelike aanname geëis word, wat egter altyd onherroeplik `n werk van Satan is. By die strewe na waarheid behoort die mens dan ook `n standpunt in te neem teenoor dit wat hom as waarheid aangebied word.
Die mens mag hom ook nie rig na wat ander as die waarheid beskou nie, maar moet self vir hulle `n oordeel daaroor vorm. In die besonder as dit van hom gevra word, of as hy homself aanbied om kennis te versprei en die medemens te onderrig.
God sal aan die ootmoedige en om Sy barmhartigheid biddende mens, nooit Sy bystand weier nie. Ook as die wêreld hooggeagte of met `n hoë posisie beklede geleerde, geestelik of wêreldlik werksaam, hulle in diepste ootmoed voor God buig, as die Enigste Gewer van die waarheid en daar dus aan die eerste vereiste om die waarheid te ontvang voldoen is; moet betwyfel word sodra sy onderrig geen volledige duidelikheid gee, of in teenspraak met mekaar is.
Solank daar skeurings en verskillende uitlegte is, is die dwaling ook aanwesig, omdat daar maar een waarheid is. En om hierdie een waarheid te deurgrond, is die mens dus genoodsaak om homself met die Ewige Godheid in verbinding te stel, Hom om verligting van gees te bid en deur `n lewenswandel wat aan God welgevallig is, en wat hom waardig maak, te leef, en deur regstreeks deur Hom onderrig te word.
Maar God weet in watter vorm en op watter wyse Hy die om waarheid worstelende en biddende mens onderrig. Maar steeds sal die eindresultaat die suiwer waarheid wees, omdat God dit wil dat Sy skepsele hulle in die waarheid bevind en Hy hulle hierdie waarheid ook laat toekom - elkeen volgens Sy wil.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205