NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 18

 

Wankelrig trap jy die steilte op, voor jy aanvaar dat Ek jou steun en rig en self tel Ek jou op. Die water waarmee Ek jou versterk, reinig jou vir kosbare werk. Jou doel is tog uiteindelik niks meer as om ander na My Ware Weg te bekeer. Amen.

 

Ek keer na Jahshua en Hy hou my weer vas. Hy toon aan my ‘n stad waarop sagte reën neerval. Sommige mense huppel uitbundig in die strate en andere sluit dig elke deur en huis se nate. Hulle sit gekluister in onmin met mekaar, wyl ander gereinig in die strate baljaar.

In ‘n volgende beeld bars ‘n storm los oor die stad. Geen water, maar wind het die lug beetgepak. Donderweer breek bome en bas, maar die jubelendes se huise word met ‘n lig-omhulsel heeltemal uitgelos. Geen storm buig aan hulle dak, want Jahshua het nou hul part gevat. 

So sal die dag van eerste benoute wees – Myne wat nou jubel in My Gees wat neerreën, sal ongeskonde niks hoef te vrees. Ek sal ander in oordeel besoek oor hul dade, want hul heg geen waarde aan genade. Soet sal die lot van My Sion dan wees as ander in duister wonder waar kan Ek wees.

 

Ek dra hierdie woorde nou aan elke siel op en herinner dat net Ek jou Anker mag wees as verdrukking jou vreugde stop. Keer jou tot My en jy sal Lewe. Amen. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205