NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 20

 

Bid My aan voor jy weer voor ‘n versoeking moet staan. Ek neem weg die begeerte na alles wat bevlekking bewerk. Vry van skuldgevoel, angs en vrees sal jy wees as jy My aanneem as jou Liefde en wegdoen met ‘n Autokraat se vrees. Jou eie ek sal sag wegtrek as jy keer na keer hierdie Brood breek. Getuig in jou dade, rig jou hande en voete op My ewige weg. Maak My jou begeerte, dan sal jy nimmer kan sterf. Jou gees sal sy roeping in My kan volbring en Ek haal jou dan weer uit die aarde se kruisiging. Jou plesier sal met My nagtelose dae aaneen gedy as jy dan My algeheel jou wese toewy.

 

Ek roep weer met blydskap, liewe kindjie, kom! Die wolke trek saam, en vrees glad nie sy magtige dreuning wat kom! Die storms sal slaan en die winde sal loei, brande sal kom en elke aardling tot die uiterste vermoei, maar jy, geroepene met ‘n blinkende oorskot, het My as jou erfenis in enige lot. Ek trek jou nou aan met die kleed van Liefde, sodat ander kan vra na watter Maker jy jou wend. Niks sal weer jou wit kleed kan skend. Ken My in volheid in die woorde wat Ek bring. Vertrou dat slegs dit nóg versterking kan bring. Toets My Woord aan jou naaste se drag en merk dan eerder jou eie vuil kring wat met My werk en voetpad na Bo kan uitwring. Jy kan nie sonder berou en vergifnis verskyn voor die Een wat jou lot verander het met pyn. Enige kind van Abrahamsaad, hou vas My Woord – dit is jou swaard. Dra met trots My kleed op jou pad, dit weer vele versoekinge af. Ek hou jou hand en sal die kaf anderdag verbrand. Kom word een met My terwyl Ek naby is om jou te lei. Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205