Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 3

My Wet

Moses het aan die volk tien gebooie gegee wat in die boek Exodus opgeskryf staan. Saam met hierdie tien het Ek ook aan julle twee gebooie van Liefde gegee. Die eerste is dat jy My moet liefhê met jou hele hart, siel en al jou kragte en die tweede is dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Hierdie twaalf gebooie moet jy ken en beoefen, want die een wat sê dat hy My liefhet, maar nie My Wet onderhou nie, is ‘n leuenaar.

Lees jou Bybel, bestudeer dit en maak My Woord jou eie deur dit uit te leef in jou daaglikse lewe. Kennis sonder die toepassing daarvan het geen waarde nie. Eer en dien My uit liefde, omdat jy dit wil doen. Dink aan My as jy opstaan in die oggend, gedurende die dag se aktiwiteite en as jy vanaand gaan slaap. Deur dit te doen, eer jy ook My Naam en het jy geen ander gode voor My aangesig nie. Dan het jy My lief terwyl jy My Woord oordink en hieruit sal ook spruit, die liefde vir jou naaste, jou,volksgenote. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205