Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GOD WIL DAT SY WOORD ANDERS OPGENEEM WORD
B.D.8830 - 16 Julie 1964
Wanneer u die suiwer waarheid wat van bo na u gestuur word, teenoor die leerstellings stel wat tot nou toe as My Woord gegeld het, dan sal u die groot dwaling opmerk waarin u verkeer. En dit is u plig om openlik daarteenoor stelling in te neem. U sal u nie eens daarmee kan verklaar dat mens op die een of ander manier `n saak kan beskou nie, inteendeel sal My Woord steeds dieselfde betekenis hê en ook ooreenstem met die woord wat van bo kom, wat egter anders deur die menslike verstand uitgelê word. En die menslike verstand het My teenstander sy eie gemaak en verwarring gebring; want verstandelik was alle uitleggings moontlik. Maar Ek het vir u `n geestelike uitleg gegee en Ek kon dit slegs aan `n geestelike opgewekte persoon, wat nou egter geheel en al op hoogte is van hoe My Woord begryp moet word, gee en hy sal homself ook moet verset om teen verkeerde uitleggings in te gaan Hy moet die mense opmerksaam maak en hulle daarin onderrig, soos Ek dit gedoen het en nog voortdurend doen; omdat hulle in die waarheid wandel wat slegs tot geluksaligheid lei.
Hulle moet daarop gewys word dat Ek alles anders begryp wil hê, dat die mense My woord geestelik moet begryp en dus ook geestelik moet nakom. Met My regstreekse aanspreking, het Ek al aan hulle die uitleg van die Avondmaal gegee. Hulle moet hulleself laat voed en te drinke laat gee deur Myself en daartoe is die liefde vir My en vir die naaste onvoorwaardelik noodsaaklik, omdat hulle andersins nie van die barmhartigheid van My aanspreking kan gewaarword nie; omdat hulle anders nie, as teken van My aanwesigheid, My Woord kan verneem nie. Uiterlike tekens en gebruike om seker te wees van My teenwoordigheid in u, baat u dus nie. Dit is alleen die liefde wat in u moet wees, want slegs deur die liefde is My teenwoordigheid verseker. Maar dan sal u ook My woord ontvang en dus gevoed word met My hemelse brood, met die water van die lewe, met My vlees en My bloed. En as u dan uself met hierdie uitleg grondig sal besighou, sal u ook geen teenstrydigheid vind met My Woord wat Ek gespreek het toe Ek op aarde geleef het nie.
Ek het die brood en die wyn aan My dissipels uitgedeel, maar ook hulle het geweet dat Ek daaronder My Woord verstaan het, dat hulle dit aan hulle medemens moes uitdeel. Maar My teenstander poog toe om die mense so in die war te bring, deurdat hy aan hulle `n ander uitleg toedig, wat hulle egter ywerig opgevolg het en geleidelik van die eintlike betekenis van My Woord afgedwaal het. En so sal u vir uself al My woorde geestelik moet probeer verduidelik. Daar is geen enkele woord wat u so begryp soos wat Ek dit sou begryp wil hê nie, omdat My teenstander dit heeltemal teen elkeen het, dat hy die gees van die mense in verwarring bring, maar Myne word egter telkens deur My onderrig en verkeer steeds in die Waarheid. En wie dit navolg, behoort tot die deur My gestigte kerk.
Die uitleg van My woorde het gelei tot die mees verskillende "heiligingsmiddele" - tot die sakramente wat alle heiliging moet bring vir die mense. Maar hoe kan so-iets geskied, wanneer die liefde by die mense ontbreek? Die mens is maar net op aarde met die doel om homself te vorm tot liefde. Hoe kan `n mens, slegs deur die daad van die doop, vry word van die erfsonde, waartoe `n in liefde geleefde lewe op aarde nodig is. Hoe kan `n mens deur `n uiterlike bekentenis met die mond, vry word van allerlei sonde, wanneer die diepste liefde tot God hom nie hierdie bekentenis kan laat afdwing nie? En hoe kan `n mens wat slegs beoordeel word volgens die graad van sy liefde, deur sulke "heiligingsmiddele", bevry word van sy skuld, en die ryk hierna binnegaan?
Deur My woord, deur die onderrigting van Bo, word aan u alle verkeerde leerstellings onthul en u self sal `n standpunt daarteenoor kan inneem. Want hierdie sekerheid sal u moet hê, dat u van die een kant die suiwerste waarheid gestuur word en dat Ek Self hierdie Bron van Waarheid is, dat Ek u ook duidelikheid kan gee, hoe Ek My Woord begryp wil hê, maar dat Ek ook elke geleentheid aangryp waar dit moontlik is, want My teenstander weet goed hoe hy u almal met sy kennis fassineer. En u verweer u nie deur self die waarheid te wil weet nie, u neem sonder nadenke aan wat u voorgelê word en wend u nie een keer tot Hom Wat Die Oorsprong van alle kennis is nie, u rig u nie eenmaal tot die hoogste Instansie nie, vraend om die waarheid wat u sekerlik nie geweier sal word nie, want Ek wag slegs op die roep, sodat Ek die waarheid in die suiwerste vorm kan uitdeel en die mense uit die net van dwaling binnelei in die waarheid. Want die mense het `n vrye wil, wat Ek nie sal aantas nie, maar met die hulp (van die vrye wil) kan hulle ook die teenstander verdring, wanneer hulle maar die suiwere waarheid begeer.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205