Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

LIEFDE EN LEED AS LOUTERINGSMIDDEL
B.D. 6701 - 29 November 1956
My Evangelie leer u die liefde en steeds weer die liefde, want slegs die liefde reinig die siel van haar afvalstowwe, die liefde is die vuur wat die siel louter en al die onedele in die teendeel omsit. En die liefde het as begeleidster ook dikwels die leed, wat vooraf harde omhulsels oplos wat nog steeds aan die liefde weerstand bied. Dus is liefde en leed die louteringsmiddele van die siel en liefde en leed kan die mense met slegte eienskappe verander in deugsame mense, dit kan die hoogmoed breek en die ware deemoed in die hart van die mens tevoorskyn roep, dit kan die ongeduldiges tot sagmoedigheid en geduld opvoed, dit kan tot barmhartigheid aanspoor en die geregtigheid na vore laat kom. Dit kan die hele wese van die mens verander en die siel dus nog op aarde vergeestelik.
En daarom moet u voortdurend liefde beoefen en alle leed geduldig op u neem. U moet die kruis dra wat u opgelê word en daarby voortdurend u beste doen vir u medemens om die leed vêr te hou, hulle gelukkig te maak en ook om hulle te help om hulle sielsrypheid te verkry, deurdat u hulle dus die evangelie van die liefde preek en dit ook uitleef. Die mens moet bewustelik die arbeid aan sy siel verrig, hy moet homself van alle ondeugde en begeertes self probeer bevry en die krag daartoe sal vir hom opgroei in die liefde, wat hy weer in praktyk bring by die naaste.
En word leed vir hom opgelê, dan moet hy die leed eweneens beskou as `n middel om homself te voltooi, omdat dit hom `n bietjie help, indien die liefde nog te swak is. Die siel moet haar liggaam kristalhelder kan verlaat om, met lig deurstraal, binne te kan gaan in die ryk hierna. Maar u mense het nog min of baie omhulsels om op te los wat hierdie ligstraling terughou van die siel. U sal nog aan uself moet werk om die deugde te ontplooi wat `n siel moet versier, u sal deemoedig, sagmoedig, vredeliewend, barmhartig, regverdig en geduldig moet word en dit vereis `n bewustelike werk aan uself, wat daarom dikwels deur leed van allerlei aard bevorder word.
En so moet u ook die seën van die lyding insien wat `n verlossende betekenis het, wat nie steeds as straf vir sonde beskou moet word nie, veeleer dikwels slegs as `n werksame middel om die rypheid van siel te verkry. Al u slegte gewoontes en begeertes moet u aflê en dit verg dikwels `n stryd, wat vir u egter in die toestand van liggaamlike leed baie makliker val as in `n toestand van liggaamlike welsyn, wat eerder geskik is om die kwaad te vergroot as te verklein. Ek het nie sommer die woorde uitgespreek: "Wie My wil navolg, moet sy kruis opneem" nie.
Ek het wel vir u sondeskuld aan die kruis gesterf, al die lyding het Ek op My geneem - daardeur het Ek dit moontlik gemaak dat u sal kan vryword; dat u krag verkry. Terwille van die verlossingswerk kan al u sondes vergewe word en dus is ook u ingaan in die ligryk verseker, as u My en My verlossingswerk erken en `n beroep doen op die barmhartigheid van die verlossingswerk, deurdat u My vra om verlossing en vergewing van u skuld. Maar tog bly daar vir uself `n sekere siele arbeid oorgelaat, want dit bepaal die graad van lig waarin u van die aarde skei.
En om bereidwilligheid te verdra, is om bewustelik deel te hê aan My kruisweg, en wie aan My sy die weg na Golgota gaan, het sy siel waarlik `n groot diens bewys, want hy kan net soos Ek die weg na die Ligryk neem en hy sal in stralende glans saam met My in die paradys wees, want die verandering vanuit `n onvolkome wese tot `n goddelike wese wat hy was in die allereerste begin, het wel op aarde plaasgevind en hulle het op aarde deelgeneem aan die verlossingswerk van die Christus, omdat hulle die kruis in oorgawe gedra het.
Daarom, seën die lyding wat u weg oor die aarde begelei en laat die liefde in u heeltemal tot ontplooiing kom, dan sal u weg oor die aarde nie tevergeefs wees nie, dit sal u die mooiste doel laat bereik: die totale vereniging met My, u God en Vader van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205