Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

OPHELDERING OOR JESUS EN SY MISSIE
B.D. 7825 - 14 Februarie 1961
En deur die verlossingswerk van Jesus Christus is die poort na die ewige lewe vir julle geopen. Julle kon nooit meer deur hierdie poort ingaan nie, want die Ryk van die Lig was ontoeganklik vir die wesens van die duisternis, en julle sal so lank in die duisternis bly, totdat die oersonde, wat julle in die ryk van die duisternis gestort het, van julle afgeneem is.
Maar julle is `n deel van My, en Ek laat julle vir ewig nie los nie. Dog eers moet julle jul weer omvorm tot liefde, en wanneer julle liefde in julle het, sal julle ook nader aan Jesus kom, Wie julle Verlosser is, en tegelykertyd ook by My, Wie in Hom was, Wie in Jesus Christus vir julle tot die sigbare God geword het.
Solank die mens egter nie weet, dat hulle toenmalige afvalligheid van My die rede is vir hulle menswees op aarde nie, solank hulle nie weet dat hulle hulself op die terugweg vanuit die duisternis na My bevind en nou slegs van die laaste hulp deur Jesus Christus gebruik hoef te maak, om weer heeltemal met My verenig te word, solank sal hulle ook nie die lewe as mens op aarde bewustelik gebruik vir hulle wesenlike gang, die weg na liefde nie. En die lewe op aarde kan dan ook tevergeefs gewees het.
En daarom sal die mens ook steeds weer kennis gegee word oor Jesus Christus, die Goddelike Verlosser, want vir Hom moes hulle gevind het tydens hulle lewe op aarde, omdat hulle andersins nie die ryk van die lig en die saligheid kan binnegaan wanneer die aardse lewe vir hulle verby is.
Weliswaar kan mens ook nog in die hiernamaals tot Hom kom, as die siel gewillig is en Hom smeek om erbarming. Maar daar anderkant neem die siel baie moeiliker `n leer aan, wanneer sy dit hier op aarde afgewys het. Ek wil egter dat julle My Ryk na julle liggaamlike dood binnegaan, en daartoe wys Ek julle steeds weer die weg, wat julle moet gaan: Die weg na die kruis.
Slegs deur Golgota sal julle die ewige lewe bereik, slegs deur Jesus en die verlossingswerk te erken, deur opreg om vergewing van julle skulde te bid, word vir julle die weg na die Ligryk geopen, na My Ryk, waar Ek Self as julle Heiland en Verlosser op julle wag, waar julle My van aangesig tot aangesig kan aanskou.
En as daar vir julle duidelikheid te gee oor Jesus Christus, die Seun van God en Verlosser van die wêreld, sluit julle harte dan nie daarvoor af nie, maar neem dit aan wat Ek julle Self wil laat toekom oor Hom, in Wie se liggaam Ek destyds op aarde was, om vir julle die brug te slaan vanuit die ryk van die duisternis na die ryk van lig.
Verlang met julle hele hart daarna om die suiwer waarheid oor Hom en die verlossingswerk te hoor, en voorwaar, Ek sal dit vir julle laat toekom, sodat julle jul tot kan Hom wend en so ook die terugweg inslaan na My, wat julle in Jesus erken as julle God en Vader van Ewigheid, wanneer julle korrek onderrig word oor Sy missie op aarde.
Sonder Jesus Christus is daar geen heil nie, sonder Hom is daar geen verlossing nie, sonder Hom is daar geen lig en geen saligheid nie. Ek wil egter dat julle salig word, en daarom sal Ek julle ook steeds weer op Hom wys, Ek sal julle Self die waarheid laat toekom, Ek sal julle die kennis bybring oor julle sondige toestand en oor die enigste weg, wat julle daaruit kan bevry. sodat julle in Hom en sy missie gaan glo, sodat julle Hom sal liefhê terwille van Sy groot werk van barmhartigheid en nou ook hierdie liefde oordra aan My, Wie in Hom was en julle mense verlos het van sonde en dood.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205