Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

KENNIS VAN DIE KRUISOFFER IN DIE DUISTER SFERE
B.D. 7288 - 20 Februarie 1959
Vir alle siele het ek My bloed vergiet aan die kruis van Golgota. As die siele in die duisternis hiervan kennis neem, dan is dit ook vir hierdie siele `n straal van hoop, `n strooihalm, waaraan hulle hulself kan vasgryp, wanneer hulle dit wil hê om uit hulle kwelling verlos te word en uit hulle steeds ondraagliker wordende nood tevoorskyn kom.
Want ook in die diepste duisternis word soms nog lig binne gedra, wanneer ligdraers in die diepte afdaal en aan die siele verkondig dat die Heiland en Verlosser Jesus Christus ook vir hulle gesterf het aan die kruis. Hierdie ligdraers kom weliswaar vermom, hulle verskyn aan die siele van die duisternis as gelyksoortige siele, wat hulself besin het en vir hulleself `n uitweg oorweeg, wat hulleself dan aan Hom herinner, van Wie hulle in die aardse lewe gehoor het, maar in Wie hulle nooit geglo het nie.
En nou word ywerige debatte gevoer, weliswaar meestal teen My, Wie die verlossingswerk volbring het as die Mens Jesus, want hulle staan almal nog onder die gesag van My teenstander, wat nie wil toelaat, dat hy één van hierdie siele verloor nie. Die ligdraers is vir hom egter onaantasbaar en hulle argumente oortuig tog steeds weer enkelinge, wat `n uitweg soek en hulleself toevertrou aan die boodskappers, wat voorstel om hulle daarheen te lei waar helder lig straal, waar hulle kennis vergroot en hulle begin nou hoop te skep omdat hulle hulleself in die kring van die lig goed voel, maar ook weet, dat hulle hulleself deur hulle instelling eers die reg moet verwerf, om in die sfeer te mag vertoef.
Solank hulle dit innerlik verwerp, kan hulle nog nie beskou word asof hulle aan die duisternis ontsnap het nie, Hulle sal steeds weer bo hulle saambondel en hulle opnuut aan groot kwellinge blootstel. Maar hulle vergeet nie die woorde van die boodskappers nie, wanneer hulle eenmaal daaraan deelgeneem en daarop ingegaan het, hulle roep hulle immers deur hulle gedagtes steeds weer in herinnering, en steeds word die verlange groter, om weer in die kring van die lig binne te kan tree en meer te wete te kom oor Jesus Christus, Wie ook hulle moes verlos het en dus ook hulle uit hulle kwellinge kan bevry.
Dit is die belangrikste vir die siele in die duisternis, dat hulle die kennis van Jesus Christus en die kruisdood bygebring word, as dit vir hulle tot nou toe nog onbekend was. Maar meestal sal slegs `n kleine verwysing na Hom hulle herinnering wek, op voorwaarde dat die verlange reeds in hulle gewek was, om verlos te word uit die duisternis. Verlang hulle dit nie, dan is alle kennis van My kruisoffer ook vir hulle vreemd, dan het die boodskappers van liefde en lig ook geen resultaat nie, dan staan hulle nog volledig onder die gesag van My teenstander, en dan is baie voorbidding nodig, om hierdie verstokte siekes andersdenkend te maak, want sonder Jesus Christus is daar vir hulle geen redding uit die duisternis nie.
In die laaste tyd voor die einde is dit juis die voortdurende werk van die ligwesens, wat sulke siele in die duisternis wil help, om nog voor die einde die diepste dieptes te kan verlaat, sodat hulle nie opnuut verban sal word in `n toestand van kwellinge wat hulle huidige verblyf nog oortref nie. En julle gebed vir hierdie siele dra baie daartoe by, dat hulle hardheid verminder en hulle hulleself oopstel, wanneer hulle hulpvaardige wesens `n voorstel doen, om hulle na die vryheid te lei.
Die kruis van die Christus laat sy Lig oral straal, sodat die siele steeds meer dink, watter betekenis dit het. Maar slegs die vrye wil van die wese maak dit moontlik, dat hyself die barmhartigheid van die verlossingswerk oor die siele uitstort, want die vrye wil moet bereid wees om My Self in Jesus Christus te smeek om redding uit die diepte. En dit sal die siel eers doen, wanneer hulle onderrig ontvang het, wat in hulle die geloof van My kruisoffer gewek en versterk het, sodat hulle nou innig daarom bid, om deur Jesus Christus verlos te word van hulle pyn, wat so lank hulle siele gekwel het, totdat die besluit in hulle ryp geword het, om hulleself self tot My in Jesus Christus te wend.
Dan egter word hulle uit die duisternis opgehef na die lig, dit wil sê, hulle sal die duister plek nie meer hoef te betree nie, hulle word in die kring van ligsoekers opgeneem en van lig vervul en hulle sal in diepe dankbaarheid self die hande uitsteek, om hulle broeders en susters, met wie hulle die duisternis moes deel, te help en te red. En so `n siel sal ook baie verlossingswerk met sukses deurvoer, want sy is in haar aandrang na liefde ywerig doenig, om ook aan sulke siele die evangelie te bring, om ook hulle te oortuig van die werk van liefde en erbarming van Hom, Wie Sy bloed aan die kruis vergiet het, om alle siele te red van die geestelike dood.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205