Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

KERKLIKE GEBOOIE
B.D. 4840 - 16 Februarie 1950
Ek het u geen besondere voorskrifte gegee oor hoe u ingesteldheid moet wees teenoor die, deur mense gegewe, kerklike gebooie nie. Alles wat u uit vrye wil laat staan, word deur My gewaardeer, alles wat u egter uit dwang verrig - uit vrees vir straf of ook uit gewoonte, het vir My geen waarde nie. Wat mense u laat doen, daarvoor moet u ook deur hulle betaal word. Nooit moet `n beloning van My aan die mense, wat Ek self nie beloof het nie, egter in die vooruitsig gestel word nie.
Ek kan nie iets goedkeur wat geheel in stryd met My Wil nie is, omdat Ek die mense `n vrye wil gegee het, wat egter deur gebooie, afkomstig van mense, aangetas word, want `n gebod is `n dwang wat die gebruik van die vrye wil uitsluit.
Ek self het die mens slegs een gebod gegee, die gebod van die liefde - wat die grondwet is en wat nageleef moet word, as hy nie teen My ewige ordening wil ingaan nie. En tog is die gebod van die liefde `n gebod wat die wil van die mens in vryheid laat. Daar bestaan geen dwang wat hom tot naasteliefde verplig nie. Die mens word ook nie deur My gestraf as hy die gebod van die liefde nie nakom nie, maar hy bestraf homself, omdat hy die enigste middel wat vir hom die verlossing beteken, uit `n situasie waarby hy deur sy eie skuld gekluister is, verontagsaam.
Ek het die gebod van die liefde aan die mense gegee, wat uit vrye wil wel vervul, of ook nie vervul kan word nie. Maar die mense voeg nog gebooie daarby wat Ek nie kan goedkeur nie. Want dit word nie deur die liefde tot die medemens gedra nie, maar dit is slegs maatreëls om die mag te versterk, aangesien die vervulling van hierdie gebooie voorwaardes was om tot `n organisasie te behoort wat die reg vir hulleself opeis – wat hulle dink die deur My gestigte ware kerk van Christus is. Daarmee plaas hulle die mense onder dwang wat nou glo dat, wanneer hulle hulleself nie aan hierdie gebooie gaan hou nie - hulle sou sondig. Daarom kom hulle nou hierdie gebooie noukeurig na en rig hulle algehele aandag daarop, terwyl hulle My gebod van die liefde egter verontagsaam.
Die liefde kan haar alleen in vryheid ontplooi. Liefde en dwang is teenstrydig met mekaar. En daarom kan Ek ook, in die vervulling van kerklike gebooie, geen liefde tot My bemerk nie, solank hulle tradisioneel nagekom word, en dit as `n getuienis teenoor die gesag wat sulke gebooie uitgevaardig het. Bowendien is hierdie gebooie ook nie geskik om die liefde tot My te laat ontvlam nie, omdat hulle My voorstel as `n Wese behep met menslike swakhede, wat gehoorsaamheid, eerbied en erkenning vereis - terwyl Ek maar net bemin wil wees.
Voor My oë is niks sonde nie, as net dit wat in stryd is met die liefde tot My en die naaste. Net so min as wat hulle ook ooit verdienste vir My verwerf het, die wat die genoemde kerklike gebooie onderhou het, omdat dit gebooie is wat hulle pligmatig moet vervul. Die vrye wil moet egter vir My uit liefde kies en daarom het die mense geen gebooie nodig, behalwe Myne wat Ek self aan hulle gegee het nie, in die besef van die seën wat daaruit voortkom vir elke mens wat hulle vervul.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205