DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 17

29 Feb.2008  07:54

In MY ryk is daar baie dinge wat vir julle onbegryplik is omdat julle nie ‘n idee het van alles wat daar gebeur nie. Baie van julle het al van MY boeke gelees wat EK deur MY vorige skryfknegte laat skryf het en dit het julle al ‘n goeie kennis gegee van wat daar aangaan, maar die ware kennis ontbreek julle nog baie. EK sal dit aan julle duidelik maak die oomblik dat julle Een met MY geword het en julle sal alles mooi kan verstaan en nie meer dom vrae aan MY rig nie. MY kinders, julle sal weet waaroor alles gaan die minuut dat jy Een met MY word en jy sal die hele skepping, van elke planeet wat geskep is en ook al vernietig is. Kan verstaan. Ook sal jy weet wie jy was en wat jou doel op aarde is. Jy sal kan sien wat in jou naaste wat MY nog nie ken se hart aangaan en ook weet hoe om hom of haar te nader sodat hy of sy ook vir MY gewen kan word. Dit gaan alles oor die wen van siele sodat satan se mag oor hulle gebreek kan word en as jy ernstig is daaroor om ander te help en by te staan, sal jy dit deur MY krag kan doen en jy sal hulle na MY lei nadat jy Een geword het met MY. MY kinders, die tyd is so min en daarom praat Ek so baie van die EENWORDING met MY en ook is daar baie van julle wat besig is daarmee en elke woord oor die EENWORDING met MY opslurp. Die wat MY die liefste het, sal dan ook eerste gevoed word en daarom gee EK baie oor hierdie belangrike onderwerp. Lewe net vir MY en vergeet die aardse sorge. MY redende hand sal altyd bereid wees om te help. Daar is baie van julle wat graag na MY herberg sal wil kom ,maar daar is aardse dinge wat julle verhoed om hierheen te kom, soos byvoorbeeld geldelike probleme. MY kinders, EK sal julle help en julle het nie ‘n sent nodig om tot hier te kom nie. Los alles en kom na MY herberg sodat EK julle hier kan begenadig en die EENWORDING met MY kan bespoedig. Die Herberg van MY is nie ‘n mens s’n nie en niemand sorg vir jou terwyl jy daar bly nie. Niemand is in beheer daarvan nie behalwe EK. EK maak die reëls daar en elkeen wat van goeie wil is kan daarheen kom. EK alleen sorg vir almal daar aangesien niemand meer ‘n aardse werk het wat vir hom ‘n inkomste genereer nie. Dit is nie  eers die grond van die persoon wat eerste daar gebly het nie. Dit is MY grond. Dit kan julle gaan navors as julle wil en julle sal vind dat dit werklik so is. MY kinders, EK het hierdie aardse en alles wat daarop is geskep en daarom sal niemand vir MY sê wat maak U nie. Niemand sal vir MY kom vra waar die transportakte van die grond is nie omdat alles van en uit MY is. EK kan maak wat EK wil en daarom het EK MY kinders wat daar woon opdrag gegee om daar te bou vir al die mense wat nog  daar moet kom bly. EK wil al MY kinders uit die wêreld hê en nooi julle om so gou as  moontlik daar uit te kom. Kom, MY seuns en MY dogters en kom woon in MY herberg, heeltemal gratis en verniet. Al wat EK wil hê is ‘n opregte hart  wat MY wil dien en nie die wêreld nie en die oorgrote liefde vir MY en jy sal welkom wees hier. Daar sal nog baie mense kom en die huisies gaan uitgedeel word soos wat die mense kom, so haas jou en kom kry vir jou ‘n blyplek uit MY hand gegee. Julle sal dit nooit berou nie en so gou as wat jy hierheen kom, en MY opreg wil dien, sal jy ook MY STEM kan hoor. Soek MY net gedurigdeur al woon jy daar. Dit is EK wat spreek en julle uit nooi om te kom. Laat die wat dors het, kom en drink uit die fontein van lewende water wat daar vloei. Kom eet MY brood wat daar op die tafel vir julle gedek lê. Kom, MY kinders, en kom bly by MY. Is dit nie ‘n uitnodiging wat niemand kan ignoreer nie? Kom sê EK weereens en EK bedoel dit. Bel MY kneg en sy sal vir julle kan sê waar die plek geleë is sodat julle ook daarheen kan kom voor die groot stryd aanbreek. Dit sê EK, die EWIGE HERBERGIER aan al MY kinders wat na MY soek in die opregtheid van sy of haar hart.

Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205