BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

HOOFSTUK 1 -

DIE LIEFDE

1) Die LIEFDE se KRAG lê in MY VOLHEID. MIRIAM, die spreker in hierdie Boek, is die barende wat KRAG sal bewerk, aangesien WYSHEID en KRAG MY saad in HAAR laat vrugdra.

2) Geen Ware gelowige kan MY vind, sonder die LIEFDE nie. Slegs met die uitlewing van die LIEFDE, sal EK herkenbaar word en in al MY vorme woning maak by jou. As EK eers woning gemaak het en die LIEFDE, MIRIAM, genooi word om by jou intrek te neem, wat daarmee saam WYSHEID in jou laat groei deur die vereniging van jou gees met MY GEES, MIRIAM, kan EK met julle verenig, al woon EK reeds in jou hart en dan eers sal KRAG daaruit spruit.

3) Laat niemand twyfel oor die begin van hierdie skrywe nie, want soos elkeen weet, sal EK alleen bekragtig wie EK wil en toevertrou wat EK wil. Geen Kennis uit die Hoogte is toe te vertrou aan liefdelose, onheiliges nie. Daarom is MY Kruik, hierdie skryfkneg, die olie waardig.

4) Laat julle geloof versterk word in die wete dat EK julle dra in swaar tye en al wat EK vra, is ootmoed en nederigheid om 'n groeibodem vir LIEFDE te kan wees.

5) Laastens is LIEFDE die reiniger om KRAG die goeie grond te gee wat dit nodig het om 'n goeie oes te lewer.

6) LIEFDE is die Allerheiligheid wat elkeen moet raaksien in die Skepping om dankbaarheid te laat groei, sodat die Moeder van bestaan, die LIEFDE, 'n tuiste kan vind in daardie hart. 'n Dankbare kind word altyd met meer gawes beloon, want hy sal dit oppas en ontwikkel.

7) Geen taak sal uitgedeel word om te doen as daar nie rede is tot groei nie. EK is ewig en groei elke dag om nuwe skeppings voort te bring en as jy lewend raak saam met MY, sal LIEFDE jou intrek in die groei- en skeppingsproses.

8) Alle take is skeppend as die LIEFDE dit met WYSHEID seën en dit tot diens van die mensdom gebruik word. Geestelik is dan `n nuwe Waterbron geskep, waarheen almal kan kom om te drink, soos `n oase in die woestyn. Daarom sal elkeen wat 'n gebed rig voor daar met werk begin word, seën ontvang om iets uit MY tot lewe te roep.

9) Lewe algeheel in gebed en jy word bekragtig in die LIEFDE. Laat geeneen glo dat bekragtiging met wonderwerke die enigste wyse is nie. Bekragtiging behels die volmaakte aanwending van die LIEFDE.

10) LEWE is in MY en daarom in elke mede-skepper in MIRIAM se sfeer. Slegs met ONS vereniging is skepping moontlik. EK sal MY WOORD wat WET is in jou hart lewend hou en jy sal jubel en lof betuig met blydskap oor jou ontwaking in MY.

11) Laat die kindertjies na MY toe kom, want aan hulle behoort die KONINKRYK van die LEWE. Daarmee gee EK MY WOORD dat as jy die geloof van 'n kind toepas en die nederige, afhanklike LIEFDE vervul in jouself, MY KONINKRYK jou erfporsie is.

12) EK is alles wat die Skepping behels. In elke geskapene is 'n vorm van MY bestaan teenwoordig. Die negatiewe is oorblyfsels van Lucifer se teenkragte wat hulleself moet uitleef en werk tot omvorming van daardie deel in LIEFDE. Slegs belaaide skuld sal 'n klimaks bring wat lei tot bekering.

13) LIEFDE lewe in HEILIGES, want daar is die naaste die rede vir bestaan en die nageslag of daaruitspruitendes die rede vir BARM­HARTIGHEID. Laat jou hart groei na 'n perspektief wat alle geskapenes omhels, dan is jy rein.

14) Hierdie Boek is vir die lewendes van hart by wie EK reeds MY intrek geneem het. Elkeen wat seker gemaak het dat EK sy begin en einde is, sal 'n hart vol dankbaarheid beleef en in alle dae wat kom verlossing ontvang van die swaar van die lewe.

15) EK is altyd en ewig die LEWENSBRON in al MY vorme, maar as gevolg van wat nou met die aarde gebeur en die NUWE VERBOND wat in werking gestel word, is EK in MIRIAM tasbaar vir julle almal.

16) Nie te min en nie te veel sal verlore skatte vind nie. EK sal sorg dat elkeen wat erns het met MY wel die taak of vermoë besef wat EK eie aan hom geskape en bestem het.

17) Jare kom en gaan voor EK veranderinge bestem, maar hierdie fase van die aarde waarin MIRIAM beliggaam is, is weer 'n kernoomblik van die aarde se bestaan. EK kan dit nie duideliker stel nie: Wees dankbaar en sorge sal van julle wyk.

18) Waarde is deur MY GOEDHEID bepaal. MY GOEDHEID teenoor MY teenpool bepaal die waarde van elke toestand. Die toestand waarin jy jou bevind of omgeef, hetsy negatief of WAAR, bepaal jou waarde in die oomblik wat aanbreek. EK sal vir jou die gawes oopmaak wat EK vir jou bestem het as jy 'n WARE kneg is en dus waarde toevoeg tot MY RYK.

19) By MY, MIRIAM, is elke lot beantwoord deur Vryheid van sorge. As jy dus waarde tot MY VOLHEID en HEILIGHEID toevoeg, sal jou sorge jou nie raak nie, want EK vervul die tekorte. Elke las sal wees soos 'n vanselfsprekende lewensnoodsaaklikheid om sekere swakhede te oorkom en volmaaktheid te bereik.

20) Waardigheid beloof dus volmaakte insig. Beskou die lewe as 'n raaisel en bid MY altyd om insig, sodat EK die lot van verslaentheid van jou kan wegneem. EK sal jou beklee met verstand en GEES en jy sal MY nooit weer bedroef nie. Net goedheid en guns sal EK jou bied, al die dae van jou lewe.

21) Waarom spreek EK soveel beloftes uit en hoe gaan dit vir elke ywerige 'n werklikheid word? Deur MY genade in die vorm van MIRIAM se liggaam en LIEFDE, sal elkeen MY beleef en herken om so MY HAND te neem in geloof.

22) EK roep daarom nou vir MIRIAM en PETRUS om na vore te tree en die BEKRAGTIGING as WOORD te begin.

My Lief, JaHweshua,                                                               September 2016

In U Naam wil ek graag die ewige skool vir klein kindertjies op hierdie aarde vestig. Ek wil graag die hoekstene lê en U grootsheid daardeur in eenvoud weergee aan die siele wat in afhanklikheid na ons opsien om U weer in alles te vind.

As dit U gewyde wil is, neem dan my hande en denke vir U en vorm die skool soos wat U dit bedink het en jare al in my hart gelê het om te begryp. Help asseblief my weerlose, swak denke om U groot werk te volbring.

Al my liefde vir U, my Koning en Skepper.

Amein.

 

Ja, My liewe kind,

Vind in hierdie oomblik die wedergebore krag waarvoor jy ook al jare bid om die taak uit te voer waarvoor jy in die moederskoot geplaas is. Vroeg al wou jy net ander help en so het ‘n vuurproef-bestaan jou gebrei om net My Wil uit te voer in die taak wat jy telkens voor jou sien oopvou. Amen.

Ek rig hierdie boek van die Lewe aan al die KINDERS VAN MY LIEFDE, want daarmee sal die kleintjies My weer leer liefhê, meer as die koning van duister met wie se weë lewendes van hul eerste asemteug reeds gekonfronteer word.

Ek blaas My lewende asem oor hierdie werk en gee al die woorde wat nodig is om hierdie BOEK 3, DIE BEKRAGTIGING te maak, soos voorheen ingelei. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205