BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 7

‘n Gemeenskap

Sorgsame handelinge in ‘n gemeenskap om die wees en weduwees en oues van dae en ouerlose kindertjies te versorg dra veel seën uit My Hand. Dit is egter nie die belangrikste tekorte wat raakgesien moet word nie. Gemeenskappe skeur uit mekaar as gevolg van hoogmoed en eiewysheid. Hulle dra die belange van stigtings en aansien van dade in die openbaar hoër in die hart as die versorging van hulle eie familie se siele. Gemeenskappe het ‘n groot tekort aan balans in die sin waarin Ek dit wil toelaat. Eerstens moet die stigtings laaste in aanmerking kom vir tyd en hulpbronne, tweedens moet die naastediens wat daardeur opgehemel word ware Water as Krag vind, deur eerstens families se tekorte aan te vul en daarna die gemeenskap se tekorte te vind en daaraan aandag te gee.

Indien ‘n familie byvoorbeeld in ‘n minderwaardige woning vertoef, kan die welgestelde persoon wat sy aandag aan die stigting se behoeftes wou opdra, eers na sy eie familie keer met minderwaardige lewensmiddele en daar, sonder aansien en verering sy verantwoordelikheid tot sorg en seën van die familie uitleef. As elkeen dit in Waarheid en Liefde doen, sal daar meer hande wees om gemeenskapstake vinniger en met minder ydelheid te volvoer. Amein.

‘n Gemeenskap het verder middele tot genot en diens in plek gestel om dit soos ‘n vloeiende masjien se werk te laat vlot. In die meeste gevalle is die nederigste persone die persone wat die meeste diens moet doen, sodat die belangrikste persone net die genotsure se aansien kan beleef. Dit is ’n ware nes waar onheil uitbroei. Die idees waarom genot draai spruit nie uit My nie en dus is dit die eerste aanduiding van valse naastediens. Sodra die gemeenskap hulle na My wend, sal genot nie meer tyd en plek hê nie. Ware waardering van die natuur en My werke daarin, sal groter waarde vir die siele se genot bied en moet daarom eerder aandag kry in die beplanning van ‘n seisoen se aktiwiteite. Ek wil dat landstreke meer aandag geniet in voorbereiding en ter beskikking stel van families se gebruik om My te vereer. Ek wil nie dat grense en selfsug, vernielsug en losbandigheid veroorsaak dat die kinders van My Liefde so min van My ware werke van Liefde aan hulle ken en beleef nie. Amein.

Hierdie les kan aan kinders uitgebeeld word deur besoedeling van My mooi skepping met vreemde voorwerpe en dit dan te vergelyk met die besoedeling van ‘n goeie gemeenskap as ‘n lewende eenheid met vreemde gebruike, sodat die natuurlike vloei van krag en lewe daardeur belemmer word en verrotting, dood en stank oorbly, aangesien die orde waarin dinge moet gebeur versteur is. Amein.

Herstel die ordes deur tyd en versorging aan families te bied en sodoende ligter werk vir almal in die groot geheel te verseker. Indien almal kan saamwerk om die gemeenskap se natuurlike behoeftes te vervul, sal daar minder tyd vir ydelheid, afguns en onderdrukking wees. Amein.

Die volgende belangrike begrip rakende gemeenskappe is die hoogmoed wat draai na liefdelose optrede en verwerping. Indien gemeenskappe nie sekere ‘wette’ uitvaardig en streng toepassers is daarvan nie, maar alle inwoners net onder My Liefde se vergrootglas bekyk, sal daar nie soveel teenkanting onder mense vir mekaar bestaan nie, want almal sal mekaar herinner daaraan dat My Liefde vergewe en dien. Dit trek mense nader aan mekaar. Ek wil nie dat elke stukkie krag wat van My uitgaan net gefokus word op die lewensduur van een gesin of persoon nie. Ek wil dat dit inmekaarvloei, soos ’n mat van grasspriete en ‘n uitspansel van sterre wat ‘n verhouding en orde teenoor die ander handhaaf. Elkeen gaan nie net sy eie gang nie, maar help die ander om ‘n diens te doen deur self gehoorsaam te wees aan die orde waarin dit geskape is. Amein.

Hoe kan dit beredder word indien ‘n gemeenskap soveel groeperings gemaak het om af te stam van die eenheid. Die hoogmoedsgees in gemeenskappe kan net gebreek word deur gebed. Een persoon se take en diens sal nooit as te nimmer die krag van die teenstander se hoogmoed wat goed gewortel is onder mense breek nie, maar gebed kan. Indien Ek so sterk aangeroep word om in al die betrokkenes se harte te werk, sal daar vernuwing en bekering plaasvind, al is dit as gevolg van ‘n noodlottige gebeurtenis oor ‘n gebied, dat almal mekaar weer kan vind in nederigheid. Laat nederige, opregte gebed dus deel uitmaak van My kindertjies se gebede onder mekaar. Laat hulle verstaan hoe belangrik dit is om daagliks vir ander te bid om My as ‘n diensbare eenheid te nader. Amein.

Wat het hierdie te doen met die ewige sieleheil, aangesien Ek reeds genoem het dat wat een persoon vir die mensdom tydens sy aardse lewe gedoen het, geen nut het ten opsigte van wat hy vir sy eie sieleheil bereik het in sy aardse lewe nie? Ek wil dat die diens in gebed gesien word as bekroningswaardig vir ‘n siel se ewige bestaan. Indien die siel leer hoe en waaroor om vir ander te bid, sal hy binnekort besef dat gebede vir siele ‘n eindelose en vry taak is wat oor grense van tyd en afstand tot uitvoer gebring kan word. Die gawe om met krag te bid vir ander in die ewigheid, bepaal ‘n siel se diensbare vermoëns in My ewige ordes. Dit is tog nie moontlik om ‘n siel te nader om haar van hulp te wees, as daar nie geglo word dat die siel gehelp kan word nie. Deur die beoefening van gebed, ontwikkel die geloof dus om ander te help en daaruit vloei die krag om dit te vermag. Dit is ‘n logiese wiskundige gevolg tot krag wat bestaan en gebruik moet word. Amein.

Neem daarom die taak om vir ander te bid baie ernstig op en beoefen dit nie om die ydele begeerte om krag te ontvang nie, maar omdat dit ‘n hemelse vermoë is wat weer lewend moet word in elkeen. Bid, sodat geloof en vertroue ‘n eienskap van jou ewige bestaan kan wees en leer My klein kindertjies hoe om te bid deur ‘n voorbeeld daarvan vir hulle te wees. Amein.

Die besef dat Krag dan deur mense begin vloei om eenheid te bewerk of versoening onder mense te bewerk of genesing tot gevolg te hê, moet gevolg word deur dankgebede en dankgesange tot My, sodat My klein kindertjies die hemelse gevolge van nederige versoeke en die antwoord daarop as ‘n gawe uit My Hand beleef. Bou so ‘n gemeenskap wat dien op alle vlakke. Amein.

Gemeenskappe kan blom in volmaakte uitleg voor My as hierdie beginsels en My algemene saamwoon-wette soos deur Moshè gegee, nagevolg word. Die ontwerpe sal dan My Lig op die kosbaarste manier reflekteer, sodat My Water die grond sal seën en voldoende sorg ook uit die natuurlike aarde vir hulle sal spruit. Gebruik ‘n les in die natuur om dit aan My kindertjies te toon deur die bestudering van hemelse sorg in die benatting van My aarde. Amein. Indien die siele die Liefdeshitte wat onder hulle bestaan tot My wend en die lewende Water uit hulle harte, so opstyg na My, kan die wolke van seën en oordekking oor hulle begin vorm, wat binnekort reën tot gevolg het, tot almal se voordeel. Indien daar geen eerbied en gehoorsaamheid van die inwoners van ‘n gemeenskap ten opsigte van My bestaan nie, droog die lewenswater wat van My vloei op daardeur en is daar geen goeie vog wat na My opstyg nie. Op hierdie manier verdroog die lug en daaruit vloeiend die aarde onder dit ook. Beskou so die droogtetoestande wat oor die wêreld heers. Te min Liefde na My is geprofeteer om droogte-toestande te bewerk, maar die sin daaragter was nooit voorheen bekend nie. Verstaan hiermee dat die wetenskap nie die siel se werking begryp nie en daarom nie op sy eie bestudeer mag word nie, maar wel met die leiding van My Woord om die siel lewe te gee, tesame met die ondersoeke en proewe. Proewe beteken egter niks as dit buite die orde van My Liefde geskied nie, want dan sal daar geen seën daarin opgesluit wees nie. Amein.

Wees ‘n aarde vol seën in ‘n gemeenskap deur die waters van jou wese te verenig in diens aan My en ander en My Skepping so tot nut te wees. Amein.

‘n Gemeenskap se ordes en strukture soos op papier uiteengesit, het ‘n doel in die skep van werk en vooruitbeplanning van voedselgebruik. Indien Ek geraadpleeg word om hier van hulp te wees, sal daar soos ten tye van JôWsef se diens in Egipte meer mense daarmee gevoed word as waaruit die gemeenskap bestaan. Ek is altyd in beheer van die lewensmiddele as harte na My gewend is. Leer My kindertjies dat eenheid onder ‘n gemeenskap begin deur eenheid in gebed onder mekaar. Wanneer geloof en vertroue dan sterk genoeg ontwikkel het, sal belangrike sake soos die voortbestaan en gesonde strukture van gemeenskappe ook voor My gelê word vir antwoorde en leiding. Dit sal verseker dat vele volke deur My seën bly voortbestaan. Amein.

Die dae is min waarin al hierdie omwentelinge moet plaasvind, maar indien My kinders My so soek van harte, sal daar soos in die dae van Noag vir hulle redding gebied word om te bly voortbestaan as Beelddraers van My op hierdie aarde. Ek het die diens van Myne nodig om seën te kan laat vloei na die aarde. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205