BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 7

Die volgende les aan ‘n jongeling is dié van selfverloëning deur die oë van die profeet JeshajaHuw(Jesaja). Om nederig te wees, het baie voorkomste, maar om die ek en self te verloën tot ‘n staat van vriendskaplose, armoede in ‘n woeste landskap is die weg om eenheid met My te vind. Daarin open Ek die ewige boekrolle van My Liefde in die betrokke siel, sodat sy haar plek in My diens kan vind. Die siel moet alle begeertes en wellustige gedagtes in bedwang kan bring en sodoende afsterf om net te kan vra wat Ek vir die siel wil. Dán eers is die siel in ooreenstemming met die orde waaruit Sy voortgekom het uit My. Dit is nie ‘n willose orde nie, maar ‘n WIL IN OORGAWE tot die Grootsheid waarvoor dit bestem is. Geen dwang sal unieke skeppings meebring nie, alleen wil in oorgawe maak ‘n nuwe vrug deur My water wat deur die lewensaar loop om uit te spruit in die vorm van vrugte aan ‘n geestelike plant. Só vorm die aarde ‘n ryk bron van veelsydige vrugte deurdat siele van verskillende vlakke onder mekaar woon. Tog plaas Ek soortgelyke vrugte in dieselfde familie, omdat daar reeds waardering en hulp vir daardie vrug is om tot volle wasdom te kom in ‘n enkele bestaansduur.

Jeshajahuw het selfs kos opgegee om tevrede te wees met sprinkane in die woestyn en so sal GEESTELIKE VOEDSEL in die woestyn van hierdie aarde deur My gestuur word om te braai in My hemelse vuur tot net die sagste, voedsaamste spys oorbly om die siel tot verryking te dien. Ek het ‘n sprinkaan gemaak om die beste van die land af te eet en vinnig te beweeg sodat vars kos vir hom toeganklik kan bly. Dit is tot nut vir die mens se siel in die feit dat afhanklike gebed daardeur bewerk word om ‘n oes te lewer. Sprinkane dui op die teenpool se verterende mag en spoed om siele in te trek en solank die landbewoners sprinkane in toom hou deur hulle gebede aan My, sal hulle harte ook op ‘n hoër vlak wees om edel en in Liefde te lewe. Jeshajahuw het hierdie begryp en net soos Johannes later in My dae die vyand tot voedsel gemaak deur dit te braai en as stapelvoedsel te nuttig. So moet die mens na die hele skepping om hom kyk om My krag daarin te vind.

Leer MY KINDERTJIES om oor alles te heers saam met My deur te bid oor die waarde en betekenis van alle materie. Dit is gegee tot insig en afsterwing van die laer sieledele en tot verhoging van die hele siel nader aan My. So het Jeshajahuw tydens sy lewe op aarde gespreek oor MY VOLK wat hulle tot My moet keer vir verlossing en ‘n nuwe lewe. Ek vra van elke opvoeder om die boek van Jeshajahuw aan My kleintjies voor te hou as geestelike skat in hulle opvoeding. Elke woord daarin het ‘n diepe geestelike lering tot verhoging van die siel na aan My.

MY KINDERTJIES kyk na die vlees om hulle om My daarin te vind, net soos wat julle, MY KINDERS na die woorde in boeke kyk om My daarin te vind, maar net soos wat EK lewe in elke organisme wat lewenskrag dra en toon, lewe Ek in die woorde voor julle oë en is daar omhoogliggende, omhoogbeurende krag in elke Woord wat Ek gespreek het. As die siel dan die krag gebruik deur dit te waardeer en oor die waarde daarvan te bid, sal dit soos brood die siel voed en versterk. Maak daarom van My woorde vir My kleintjies ‘n daaglikse BROOD om elke dag versterk te word in die ewige sin. Toon hulle MY LIEFDE in elke woord van Jeshajahuw en Ek sal dit vaslê in hulle saad. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205