Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 14

  1. Ek sê: “Hier voor julle staan die regte ‘Roof binnekort, vinnig is daar buit’, `n naam vir die seun van `n profetes in Jesaja. Ons het gister van die komende Gesalfde gepraat. Ek Self was so aan julle voorgestel en dit presies volgens die skrifgedeeltes wat uit Jesaja op My van toepassing is. Maar die saak is deur julle ontken.
  2. Gister het Ek soos `n tweede persoon van Myself gepraat, maar vandag staan Ek self voor julle sonder die minste vrees, hetsy van julle of van enige iemand anders, aangesien Ek in Myself van die onoorwinbare Krag en Mag bewus is wat waarlik nie `n vreemde, maar My eie is en Ek haal weer dieselfde onderwerp op en Ek vra nou veral vir jou, Joram, wat jy daarvan dink! Maar praat jy nou ook sonder skaamte of vrees en so heel uit jou hart! Waarlik, ook vir jou sal daar geen haar beskadig word nie!”
  3. Joram sê: “Ja, Jy my andersins liewe en dierbare neef (Jy sal my nie verkwalik dat Ek Jou so noem nie, aangesien Ek tog baie nou verwant is aan Jou vader), dit is en bly nog steeds `n baie netelige saak deur te sê: “Dit is Jy wat aan ons belowe is!” En dit sou onder sekere omstandighede nog steeds baie gewaag wees, aangesien `n mens tog voorbeelde van sommige kinders het wat ook soms in hulle prille jeug buitengewone talente en vaardighede aan die dag gelê het en as gevolg daarvan `n groot aantal mense in verwondering geplaas het; maar in latere jare het hulle net doodgewone mense geword, sodat daar van hulle jeugtalente en -vaardighede geen spoor gevind kon word nie!
  4. Nou, net so moet ons mense tog ook die moontlikheid aanvaar en die volle implikasies daarvan dat die beloofde Gesalfde in Jou verborge is, weliswaar `n bietjie te vroeg, wat Jy, as `n werklik verbasend wyse Seun vir Jou ouderdom, nie aan my sal kan ontken nie! Maar om Jou met betrekking tot Jou geboorte, Jou afkoms en die nog nooit gesiene vaardighede onteenseglik te weerlê dat Jy die beloofde een is, sou volgens my siening net so onsinnig wees, aangesien Jy dit net so goed kan wees as nie wees nie! - Daarom beteken dit na my mening dat Jy sowel as ons moet wag en sien wat die tyd vir ons sal bring! - Sê dan nou vir my of ek reg of verkeerd is!”
  5. Ek sê: “Wêrelds gesien en volgens aardse beredenering is jy seker reg! Maar daar is in die mens se hart mos nog `n dieper en helderder kriterium; dit sou vir jou kon sê of Ek `n Seun van daardie soort is wat in latere jare sy vaardighede sal verloor. Indien Ek die mag het om volgens My hoogs eie willekeur te skep en te vernietig, waarom sou Ek Myself dan wil vernietig?!
  6. Ek sê vir jou: Die bestaan van alle dinge hang slegs van My innerlike Gees af. Daarom kan Ek dan ook wil wat Ek wil en dit wat Ek wil moet gebeur, soos dit ook vir jou van My vertel is deur die mond van ander getuies, nie net deur My eie nie. Maar indien dit so is, hoe kan daar dan bespiegel word dat Ek ooit My bekende eienskappe en vaardighede wat aan jou bekend is, sal verloor?! Indien Ek dit nie kan doen nie, wat is Ek dan?”
  7. Joram sê: “Nouja, - dit bly nog steeds net `n aanname, maar nog lank geen bewys nie! Dit wat Jy van Jouself sê, kan ek net sowel ook van myself sê; maar omdat so iets `n bietjie te voorbarig sou wees en iets wat ek vir ewig nie sal doen nie, want mense sal vir my lag of vir my as `n dwaas in `n veilige plek bêre! Jy is egter `n intelligente Seun op `n onverskillige ouderdom en dit blyk dat Jy reeds van geboorte af `n groot poëtiese gawe besit, en `n mens moet dus net glimlag vir Jou voorbarige uitlatings!
  8. Kyk net, kyk net, Jy andersins dierbare Seun! Hoe kan `n mens dan ooit van homself sê: “Deur my innerlike Gees is alles wat daar is, geskep!” Dit kan slegs gedoen word deur die ewige en oneindige Gees van God, wat in Sy Wese alomteenwoordig is! Daar het Jy met Jou Gesalfde-idee `n bietjie te hoog geklim! As ons tog net aldag mooi op hierdie aarde bly en haar met die regte ywer bewerk, sodat sy vir ons voldoende voedsel sal lewer, dan sal ons sekerlik beter daaraan toe wees as wat ons probeer om iets van onsself te maak wat onmoontlik is en wat ons nooit sal kan word nie!
  9. Wanneer die Gesalfde dan eendag sal kom, dan sal Hy net soos `n volmaakte mens, maar nie as `n God/God na ons toe kom nie! Maar dit is by julle half-Griekse Judeërs en sodoende ook half-heidene die gebruik dat julle mense met besondere gawes onmiddellik onder die God plaas of dat julle hulle as sodanig beskou. Maar dit moet nie so wees nie en is hoogs teenstrydig met die gebooie van God, waar sy sê: “Ek alleen is julle God en julle Heer, julle sal geen vreemde gode langs My hê nie!” Maar in Galilea blyk dit dat hierdie gebod nie so presies opgeneem word nie, andersins sou dit Jou nooit bygeval het om Jouself as `n God/God te beskou nie.
  10. Sien tog dat Jy in die vervolg wegbly van sulke uitlatings en bly by al Jou buitengewone talente en vaardighede getrou aan die ou en enigste God en laat die heidene maar heidene wees, dan sal dit met Jou goed gaan op hierdie aarde! Wat is dan die groot krag van `n reuse mens teenoor die verenigde krag van baie duisende mense en wat tog eers die krag van `n seun?! Indien Dawid sê: “O, hoe nietig is tog alle mense teenoor U, o Heer!” - hoe kan `n seun dan sê dat hy `n God in Sy gees is, waardeur alle dinge geskep is?! - Kan jy insien dat jy hopeloos te ver gegaan het?!”
  11. Die Owerpriester sê hier: “Nou dit was vir `n slag weer gesonde teregwysing, gesê met ongewone baie selfbeheersing! - Maar dit is reg en waar: Omdat dit van die Galileërs geskrywe staan dat daar in hulle land geen profeet sal opstaan nie, maak hulle hulleself tot gode van die half-heidene! En daardie Seun blyk die beste aanleg daarvoor te hê! Ja, jy my liewe Gesalfde-Seun, vir ons kan jy nie so maklik `n alfa vir `n omega voordoen nie! So iets kan miskien in Násaret gebeur, maar beslis nie by ons in Jerusalem nie!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205