HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 11
God se Woord verander nooit.
28 Januarie 2008 om 14h30
'n Mens se woord kan verander, maar My Woord nooit. Ek, Elohim, is gister en vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. Wat Ek ookal gister was, is Ek vandag; wat Ek ookal gister was, sal Ek môre wees, en wat Ek ookal môre is, sal Ek vir ewig wees. Ek verander nooit.
Kyk, Ek het gesê: "Voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie, nie een komma of kommapunt of vraagteken uit My Woord ooit verbygaan, totdat alles gebeur het nie." Ek het ook gesê:
"So sal jou woord wees wat uit jou mond uitgaan: Dit sal nie leeg na jou terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur." Al hierdie genoemde Skrifgedeeltes is in My Woord, maar jy moet daarvolgens handel. As jy op die woord van 'n swak menslike wese wat vol foute is kan handel, waarom kan jy nie op My Woord handel nie? Al wat jy hoef te doen, is om te sê: "Alle dinge is onder my voete en dan begin handel asof dit is."
Ek het gesê: "ALLE DINGE." Die rede waarom alle dinge onder jou voete is, is omdat julle verlos is van die mag van die duisternis. Daardie magte het geen regsbevoegdheid om julle gebonde te hou nie. Ja, hulle sal jou in bande hou as jy hulle toelaat om dit te doen. Maar as jy, deur die woord van jou getuienis My Woord in jou mond neem en die mag van die Satan oor jou lewe breek, kan jy vry wees. Voordat dit nie in jou lewe 'n lewende werklikheid is nie, sal jy nooit groot geloof kan beoefen nie, want jy sal nooit seker wees waar jy is nie; jy sal altyd wonder of Ek, Elohim, jou liefhet; wonder of Ek jou gaan seën; en wonder of Ek jou gebed gaan verhoor. Aangesien julle verlos is, aangesien alle dinge onder julle voete is, aangesien die geheim is dat julle die getuienis van julle lippe moet voeg by wat My Woord verklaar, laat julle uitvind hoe Ek julle sien: "Kyk wat 'n groot liefde wat Ek, julle Vader, aan julle bewys het, dat julle My kinders genoem kan word ... "
Ja, julle is My kinders. Julle is verlos uit die koninkryk van die duisternis, en dit het geen reg om jou in bande te hou ten opsigte van enigiets nie.
Kyk, julle neem vuil klere na 'n wassery om dit te laat skoonmaak, nie waar nie? Dit is waarvoor Ek en My Woord daar is – om skoon te maak.
Julle word dag na dag, week na week en maand na maand skoner. Nie een van julle het al by julle eindbestemming aangekom nie. Nie een van julle is al volmaak nie. Die werklikheid is dat Ek, Messias, die gesag van Satan en al sy demoniese magte geneem het, en al die magte in die koninkryk van die duisternis en hulle gesag oor My liggaam verbreek het. Satan heers nie meer oor die lewens van gelowiges nie, of hy het nie die reg nie.
Al wat julle moet doen om hom te stop as hy (Satan) met sy leuens en versoekings kom, is om jou hand in My Naam op te hou en te sê: "Satan jou mag is gebreek, Jahshua het my bevry van jou mag. Jy Satan, het geen gesag oor my lewe nie." En hy sal weggaan.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205