HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

HOE STERK IS JOU GELOOF.
Hoofstuk 1
Leer die waarheid ken van My Woord.
22 Januarie 2008 om 05h00
Te veel gelowiges is swak. Te veel gelowiges lewe op ‘n vlak waar hulle geestelik niks beteken nie. Te veel van julle leef op die vlak van neerlaag, net omdat julle nie uitgestyg het tot die vlak van krag waar Ek, Elohim, bedoel het julle as gelowiges moet lewe nie. Nogtans moedig die Skrif julle aan om sterk te wees in My “en in die krag van My sterkte.” Niemand kan sterk wees in My, sonder om sterk geloof te hê nie. Daarom wil Ek in hierdie boodskap ses beginsels noem om ‘n groot geloof te verkry. As jy hierdie ses beginsels verstaan en as jy begin om hulle te beoefen en te gebruik, sal jy by die plek kom waar Ek, Elohim, van jou kan sê: “Jy het ‘n groot geloof.”
Julle word gedurig in die evangelies herinner aan wat Ek, die Messias, so dikwels vir My dissipels gesê het: “O, julle kleingelowiges; O, julle kleingelowiges;” weer en weer moet Ek sê: “O, julle kleingelowiges.” Kleingeloof is dieselfde as ongeloof. Klein is dieselfde as swak; swakheid is die teenoorgestelde van krag en krag is die teenoorgestelde van swakheid.
Ek, Elohim is sterk. Die Skrif sê dat Ek ‘n sterk toring is. Die Skrif sê dat Ek ‘n vesting van beskerming en verlossing is. Die Skrif sê ook dat Ek almagtig is, Ek is sterk en die Skrif moedig julle aan om sterk in My te wees. Die Skrif sê dat Abraham sterk in die geloof was. Of soos geskrywe is : “Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak, voor die aangesig van My in wie hy geglo het dat Hy wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Ja, en hy het nie deur ongeloof aan die belofte van My getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan My die eer gegee en was ten volle oortuig dat Ek ook die mag het om te doen wat Ek beloof het. Hiermee rig Ek, Elohim, ‘n uitnodiging aan julle: “Word sterk in My.” En jy sal sterk geloof verkry.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205