Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

OPDRAG VIR DIE DRAERS VAN DIE WAARHEID. OPHELDERING
B.D.4309 - 21/22 Mei 1948
Wie hulleself verplig het om vir My en My ryk te arbei, deur My in vrye wil gegewe belofte te dien, moet onder sy medemens werk om aan hulle helderheid te verskaf, want hulle lewe in totale onkunde, hulle gaan onwetend deur die aardse lewe en maak daarom nie korrekte gebruik van hulle lewe nie. Dit is vir hulle egter gegee met die doel om hulle siele te vervolmaak, wat slegs kan geskied wanneer hulle volgens waarheid op hoogte van die waarheid gebring word, om aan die omvorming van hul wese te werk, as hulle hulle verander tot liefde. Hierdie verandering word egter alleen tot stand gebring deur die waarheid van die kennis oor My Oerwese en die verhouding van My met My skepsele.
En dus is die stuur van die suiwer waarheid `n dringende noodsaaklikheid en taak van hulle wat My wil dien. Waar daar mense is wat innig na die waarheid verlang, daar lei Ek ook My woord na hulle toe en sal My dienaars altyd die geleentheid hĂȘ om aan hulle verdere kennis te gee en elke geleentheid is My werk, My Wil. Ek ken die vraag wat deur die mense gestel word, Ek is op hoogte van die ontvanklikheid van elkeen apart, Ek ken sy verlange na waarheid en Ek weet van die sterkte van sy geloof en sy liefde en in ooreenstemming daarmee, bedien Ek elkeen afsonderlik met die waarheid, maar laat hom egter die vrye keuse om haar aan te neem of af te wys. Geheel sonder dwang moet die geestelike gawes aangebied word, omdat die wil om `n afwysende houding aan te neem, andersins te sterk is.
(22 Mei) As Ek self egter in die woord die mense nader wat van goeie wil is, sal hulle My herken, hulle word deur die krag van My woord getref om dit nie aan hul ore te laat wegsterf nie maar dit in hulle te laat werk, `n standpunt daarteenoor te bepaal, en die waarheid sal hulle bevredig en gelukkig maak. Mense wat van goeie wil is, lewe ook in liefde, en in dieselfde mate spreek My woord tot hulle hart soos wat hulle hart, deur werksaam te wees in liefde, tot My spreek. Die draers van die waarheid moet daarom omgang soek met mense wat liefde wil gee om hulle deur die toevoeging van die suiwer waarheid nog meer bekwaam te maak, om liefdevol besig te wees en hulle te versterk in moeilike tye, wat elkeen van u nog beskore is.
Die draers van die waarheid moet egter ook probeer om die mense nader aan die waarheid te bring, hulle wat lou en onverskillig deur die lewe gaan sonder om dade van liefde te verrig, sonder om hul medemens in dienende naasteliefde te wil help, wat geen verlange na die waarheid het nie en nie na geestelike goedere streef nie. Hulle is op `n dwaalspoor gebring en moet op die korrekte weg gelei word. Hulle gaan voort in duisternis en moet deur ligstrale aangeraak word, sodat hulle die weldaad van die lig ervaar en hulle aan sy straal blootstel.
Insig in die waarheid is dringend nodig vir die mensdom en My Gees sal steeds daar werksaam word waar die nood groot is en daar slegs die geringste moontlikheid bestaan om nog te red, waar dwalende siele nie heeltemal ten prooi geval het aan My teenstander nie en die kort tydjie tot aan die einde nog `n verandering in die denke tot stand kan bring.
Ek ontferm My oor hulle en stuur hul My bodes, wat in My Naam moet spreek en getuig van My Liefde, Wysheid en Almag, sodat die mense leer glo en die kant kies van Hom, van Wie hulle eens uitgegaan het en tot Wie hulle hul weer in vrye wil moet keer sodat hulle salig kan word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205