Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

GOD BEANTWOORD ELKE VRAAG DEUR DIE HART
Deel 1: B.D.7858 - 26 Maart 1961
Elke mens kan in My wingerd werksaam wees wie se uitsluitlike wil is om My te dien. Maar daar is so baie verskillende werksaamhede wat hy kan verrig, want Ek het maar net `n diep gelowige hart nodig wat dan teenoor sy medemens liefde uitstraal. Daardeur word daar weer liefde in hulle opgewek en dit verbrei self en help om tot `n lewende geloof in sy goddelike Skepper te kom. En elke mens wat self `n oortuigde geloof het, kan ook getuig van Jesus Christus - die goddelike Verlosser, in Wie Ekself die verlossingswerk volbring het. En hy sal My dien, hy sal vir My `n getroue kneg wees as hy probeer om ook aan die medemens die geloof te bring. En sy wil sal Ek seën en My aan hom openbaar. Ek sal deur die hart tot hom spreek, hy sal dit gewaarword, hy sal innerlik aangespoor word om sy arbeid in die wingerd te verrig, hy word van binne uitgedryf om te spreek as hy met sy medemens saamkom, die wat van goeie wil is.
En so kan u My almal dien en aan die verlossingsarbeid deelneem, as u die wil daartoe het. Die krag daartoe laat Ek u toekom, die wat u wil ken en hom seën. Want die geestelike nood is groot, omdat daar geen geloof meer in die mens is nie. En die geloof moet weer oortuigend uitgedra kan word deur My dienare, as dit ook deur die medemens aangeneem sal word.
Hierdie verlossingsarbeid hoef egter nie met `n ongewone werksaamheid verbonde te wees nie, dit kan verrig word deur elkeen wat self `n lewende geloof in My het en wie se liefde vir sy medemens geld wat in hierdie geestelike nood verkeer, want My Gees is in elkeen werksaam - ook al is dit nie uiterlik sigbaar na buite toe nie.
Hierdie stille verlossingsarbeid is vir My dikwels waardevoller as een wat opval, wat maklik aardse byverskynsels laat sien wat die verlossingsarbeid belemmer. Die gevaar bestaan dan wanneer oorywerige mense geestelike gawes op die voorgrond wil plaas. Wanneer hulle, waar hulle ook mag wees, `n regstreekse aanspreking deur My verwag, waaraan persoonlike wense ten grondslag lê. Dan laat hulle hulleself nie meer deur My lei nie, maar hulle soek om My daartoe te bring om met hulle wense rekening te hou. En dan hou My Gees homself stil, dan spreek hulle self as mens en bring My werksaamheid in hulle, in gevaar.
Ek spreek wel deur die mond van 'n mens tot alle mense, as Ek probeer om hulle My evangelie te laat leer ken in alle suiwerheid. En vervul u, mense, nou My Wil, dat u My evangelie in u ontplooi, dan kan Ek ook elkeen van u persoonlik aanspreek deur die hart, sodat waarlik, elke vraag wat u innerlik besig hou, beantwoord word. Wie homself egter nog nie so gevorm het deur die liefde, dat hy in staat is om My in sy binnenste te hoor nie, die sal ook nie so 'n antwoord kan verwag via ander, wat dit vir hom sou wil oorbring en sodoende woorde weergee wat nie My Woorde is nie. Want dit is tog My Wil dat u die noue verbinding self met My tot stand moet bring. Dit is My Wil dat u uself na My keer, dat elkeen homself so sal vorm dat Ek hom `n antwoord gee wanneer hy vra. Wanneer u My in stilte u wil toesê om My te dien en verlossingsarbeid te verrig, dan kan u ook daarvan seker wees dat Ek u aanneem, en u het dan waarlik geen opdrag nodig wat deur die medemens aan u gegee word nie. Want u gee dan uself `n bewys van u onvermoë, naamlik: Ontbrekende liefde en vertroue in My, wat elke vraag van u ken en u Self `n antwoord gee as u My daarom bid.
Die stille verlossingsarbeid wat deur elkeen persoonlik verrig word, is vir My waarlik meer dierbaar, as die werk wat gedoen word onder menslike invloed. Want u weet dat u almal vir My welkom is en Ek u aanneem as My knegte, as u self u dienste vir My bied en trag om My Wil te vervul. Waarom verlang u dan na bevestiging wat Ek u deur mensemond moet laat toekom? U open daardeur die deur vir u teenstander, wat self nou, ooreenkomstig so `n wens, homself probeer uiter om u te laat sien dat u nie glo aan My regstreekse werksaamheid in u nie. Omdat u nie glo dat Ek u die antwoord in die hart gelê het, as u uself met My verbind in gebed nie. En deur die ongeloof kry hy invloed wat u moet verafsku. Want ook hy bedien homself van keurige woorde en u sal ernstig moet ondersoek waar hierdie woorde vandaan kom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205