Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE BEANTWOORDING VAN VRAE - ONDERSOEK DIE OORSPRONG
B.D.7311 - 18 Maart 1959
Elke vraag sal Ek vir u beantwoord, as u maar in staat sal wees om uself heeltemal van die wêreld en haar indrukke af te sluit, dus om met `n algehele leë hart slegs vurig te verlang na My teenwoordigheid. Dan kan u ook My Woord sonder enige vertroebeling verneem, waartoe die totale tersyde stelling van al die aardse nou eenmaal absoluut noodsaaklik is. Daarom word daar egter ook baie meer as My woord as waar beskou, waarby die gedagtes van die mense self nog te veel betrokke is, terwyl hierdie "stilte in God" nog nie tot stand gebring is nie, en waar My antwoord nie afgewag word nie.
Die graad van liefde en die verbondenheid met My is altyd deurslaggewend in watter mate en welke wyse die mens deur My aangespreek word. En `n mens wat homself heeltemal aan My oorgee, die hoef nie te vrees om homself te vergis in die aanspreking wat hom ten deel val nie. Hy sal alles sonder bedenkinge kan uitdra as `n barmhartige uiting van My, en hy sal daarom ook vrae sonder beswaar kan stel, wat weliswaar oorwegend `n geestelike inhoud sal hê, omdat `n kind, wat homself totaal oorgee aan My, veel meer geïnteresseerd is in geestelike sake as in aardse probleme.
Dog die mense is nog baie aan die wêreldse gebind en heel dikwels begeer hulle uitsluitsel oor suiwer aardse sake, wat hulle dan aan My voorlê, steeds in die hoop dat Ek hulle `n antwoord na wense sal gee. En dit is `n gevaar vir die waardering van My aanspreking, want die mense by wie die aardse belange nog oorheers, is nog nie so ver dat hul in staat is om hulleself totaal af te sonder en met My `n samespraak in stilte te hou nie. Veel meer sal hulle gedagtes steeds weer afdwaal en na die wêreld terugkeer, waarvan hulle hulleself nie heeltemal kan losmaak nie. En dan is `n suiwer goddelike samespraak twyfelagtig, so nie heeltemal uitgesluit.
U moet dit daarom baie ernstig ondersoek, voordat u iets as van "My afstammend" uitdra, en van die medemens te verwag om te glo dat Ekself die Veroorsaker daarvan is. Slegs diegene mag hulleself seker voel en die resultate van sy innige samespreking met My as heeltemal sonder dwaling verkondig, hulle wat hierdie innige verbinding in volledige afsondering tot stand kon bring, wat op geen enkele wyse wêreldse gedagtes laat binnekom gedurende die omgang met My nie. Hy kan ook enige vraag stel en dit sal hom beantwoord word, omdat dit altyd sy wil is om nie in dwaling te raak nie - en omdat die waarheid vir hom bo alles gaan.
Ek spreek met almal, of dit egter My Woord is, of sy eie gedagtes wat in sy bewussyn kom, dit bepaal die mens self deur die erns van sy wil, sodra dit gaan oor die beantwoording van vrae wat nie net `n geestelike inhoud het nie, waar dus die gevaar bestaan dat daar wêreldlike gedagtes binnesluip en die waarheid daardeur maklik in gevaar kan kom. Terwyl suiwer geestelike vrae tog deur `n innerlike konsentrasie en afsondering veilig gestel is, dus ook die antwoorde daarmee in ooreenstemming helder en waarheidsgetrou uitval. Wil u met My spreek, dan vra Ek ook u onverdeelde oorgawe aan My, maar dan neem Ek u ook heeltemal in besit en alles wat uit u gedagtes as resultaat te voorskyn kom, is die uitvloeiing van My liefde in u hart. Deel u egter u verlange na My nog met die wêreld, dan kan u nie verwag dat Ek My in u laat hoor nie. Daarom moet u uself baie ernstig ondersoek en dus selfkritiek uitoefen wat steeds vir u van nut sal wees as dit u wil is dat Ek u aanspreek. Want u moet die suiwer waarheid begeer, aangesien u andersins nooit die suiwer waarheid kan ontvang nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205