Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

ONDERSKEID IN "DIE WERKSAAMHEID VAN DIE GEES" EN "DIE ONTVANG OP MEDIUMIEKE WYSE"
(Mediumiek = `n geestelike wese (medium) wat homself ontdoen het van sy eie wil, en hom dan uiter deur die mond van `n mens)
B.D.8416 - 19 Februarie 1963
U moet altyd bedink dat die waarheid oral verbreiding moet vind, dus moet Ek haar ook oral na die aarde stuur en dit is altyd moontlik, sodra `n mens die voorwaardes vervul wat aan die werksaamheid van My Gees in `n mens verbonde is. As eerste moet die bereidwilligheid om My te dien `n mens aanspoor om homself met My in innige verbinding te stel, en hy sal ook aangeneem word as kneg in My wingerd. Hy sal dan ook `n lewe in liefde lei, waar hy homself nie andersins aan My as medewerker sou aanbied nie. Die liefde is dus eweneens `n voorwaarde dat Ek hom kan uitkies as `n bruikbare houer, waarin Ek My Gees uitstort. `n Verdere voorwaarde is die sterk lewende geloof dat Ek as Vader spreek tot My kind, as hy My aanspreking verlang. En weer `n onvermydelike voorwaarde is, dat sy verlange om in die volle waarheid onderrig te word hom vervul, en hy homself daarom tot die Ewige Waarheid Self wend - om haar te ontvang.
Nou sal u wel sê dat al hierdie eise deur baie mense vervul word, en Ek daarom My regstreekse aanspreking tot baie mense sou kan rig. En gevolglik sal u ook mededelinge uit die geestelike wêreld liggelowig aanneem, wat egter nie as "werksaam van die goddelike Gees" aangesien kan word nie. Want daar bestaan `n oorgrote drang in baie mense om `n verbinding tot stand te bring met die bonatuurlike wêreld en omdat u mense almal omgewe is deur bewoners van die wêreld hierna, sal dit vir u ook begryplik wees dat hulle elke geleentheid sal benut om ook met u in verbinding te tree, om hulleself teenoor u mense te uiter.
Dit is dan vir u moeilik om die onderskeid te sien tussen sulke uitinge van die Geesteswêreld en `n "werksaamheid van My Gees". Dog `n gedagte wil Ek u in oorweging gee, dat Ek enkel en alleen u siel behulpsaam wil wees, om uself te voltooi op die aarde, en dat die evangelie van die liefde daarom die inhoud van die geestelike leer sal wees wat deur die werke van die Gees aan u oorgebring sal word. En verder, dat u, om op die aarde verlossing te vind, van u oerskuld op hoogte gebring moet word, van Jesus Christus en Sy verlossingswerk, van die aanleiding en die grond van Sy missie en van My menswording in Hom. Ook moet u van My `n lig ontvang oor die uitgaan (afvalligheid) van u (uit My) uit en u doel oor My ewige heilsplan, waardeur Ek eenmaal die doel sal bereik wat Ek vir My gestel het, toe Ek u geskape het.
Die omvangryke kennis kom slegs tot u deur die "werksaamheid van My Gees" in u en slegs die mens wat Ekself met die waarheid vertroud gemaak het, kan hulleself as ware ontvangers van die woord uitgee, regstreeks of deur My ligbodes - volmaakte wesens uit die geestelike ryk, wat die ligstraal van My liefde opvang en dit verder lei in My opdrag. En so moet elkeen wat glo om My Woord te ontvang, homself in die eerste plek ernstig afvra, of hy die kennis van My aangeneem het, of hy met oortuiging kan sê dat hy deur "My" bekend gemaak word met die waarheid - met `n kennis wat vir hom vroeër nog onbekend was. Slegs aan die wat op hoogte is van My heilsplan kan dit alleen, deur My, regstreeks aan die mense stuur. Want wie dit slegs met die verstand aanneem van sy medemens, die sal dit nie aanvaar nie, ook al stem dit met die waarheid ooreen, want om dit te kan begryp, word die verligting deur die Gees vereis.
En die kennis bring Ek na die aarde op duidelike, goed begrepe wyse in alle lande van die aarde, en dit sal heeltemal met mekaar ooreenkom, omdat uit My slegs die suiwer waarheid kan uitgaan en dit self nooit sal teenspreek nie. En vir so 'n omvangryke kennis moet uself nou ook as die ontvangers met alle krag inspan en dit probeer verbrei. En hieraan kan steeds die maatstaf aangelê word vir boodskappe uit die bonatuurlike wêreld, want sodra dit die mense nie ook die diep kennis van My heilsplan van ewigheid oorbring nie, het dit nie van My uitgegaan nie, maar is dit uitinge van die Geeste wat nog nie toegelaat is om te onderrig nie, omdat hulle self nog nie met die lig deurstroom is wat hulle verder moet lei in My opdrag nie.
En dit is besonder belangrik om te weet op welke wyse sulke mededelinge `n mens bereik. Of hy by sy volle bewussyn duidelike woorde deur middel van gedagtes of hoorbaar verneem, of dat `n geestelike wese homself in mediumieke staat deur die mond van `n mens uiter, wat derhalwe nie gekontroleer kan word deur welke Gees hy in besit geneem is nie. `n Ondersoek moet altyd eers ingestel word, want hoewel waarheidsgetroue mededelinge ook in `n mediumieke toestand na die aarde kan kom, sal so `n geweldige omvangryke kennis tog nooit op hierdie wyse tot die mens kom wat volledige opheldering gee oor My Ewige heilsplan van ewigheid nie.
Daar kan dan wel gedeeltelike waarhede oorgebring word, maar daar kan in dieselfde mate ook verkeerde leringe binnestroom, soos die van die valse voorstellinge van die Godheid in Jesus, waarvan `n korrekte opvatting egter van die grootste belang is. En sodra die mense, juis in die opsig, verkeerd onderrig word, verkeer hulle steeds nog in dwaling en elke dwaling het `n noodlottige uitwerking op die siel van die mens. Nie sonder rede gee Ek juis daaroor steeds weer opheldering nie, omdat die verlossingswerk van Jesus Christus en My menswording volledig begryp moet word deur u mense. Want dit is die doel van u aardse bestaan, dat u vry van skuld is wanneer u die ryk hierna binnegaan. En slegs wanneer u `n waarheidsgetroue opheldering oor die verlossingswerk van Jesus Christus besit, sal u bewustelik die weg na die kruis gaan. U wat u erkenning eertyds van My weerhou het, sal My weer bewustelik erken in vrye wil. Solank die probleem van die menswording egter nog nie vir u korrek opgelos is nie, dool u nog rond in die duisternis van Gees.
En word u nou vanuit die geestelike ryk onderrig deur hulle wat van My die opdrag gekry het om u te onderrig en u My Woord laat toekom, dan sal hierdie ligwesens u in die eerste plek die belangrike kennis bring. Daaraan herken u dan die "werksaamheid van My Gees" in u. Dan hoef u nie te vrees om deur ander geestelike kragte gebruik te word, wat hulleself ook goed vermom en beweer om u leiers te wees nie - en tog self nie die wetenskap besit dat hulle u kan onderrig nie. Dog, u mense weet nie hoe My teenstander op die mense sowel as op die nog onryp wesens in die hiernamaals inwerk nie. U weet nie dat hy alles probeer om die suiwer waarheid te ondermyn, en die mense te laat glo dat hulle in die waarheid wandel nie. Hulle handige vermomming sal baie onheil aanrig, omdat die mense hulleself laat gebruik en hulle self te liggelowig is, want dit ontbreek hul aan `n korrekte oordeelsvermoë. Hulle verwar die uitstraling uit die bonatuurlike sfere met "die werksaamheid van My Gees" - wat onweerlegbare waarheid skenk aan hulle wat van My af die opdrag het om die waarheid uit te dra in die wêreld. En hierdie waarheid moet u aanneem en My Wil vervul. U moet nie slegs (na My Woord) luister nie, maar ook daarvolgens handel, en u sal dan ook self toelaat dat My Gees in u werk. U sal dan ook nie meer hoef te twyfel en te vra nie, maar weet dat u in die waarheid vasstaan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205