Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE PROFETIESE GAWE IS 'N CHARISMA, WAT VERPLIGTINGE OPLÊ
3 Julie 1956 B.D. 6587
Die profetiese gawe is weliswaar ook `n gawe van die Gees, maar egter geen toestand wat die mens gelukkig maak nie. Want God skenk `n mens hierdie gawe slegs met die doel om die medemens te wys op komende oordele en hulle gevolge, om hulle ernstig te vermaan en te waarsku. Want dit gaan altyd slegs oor die geestelike welsyn van die mens, oor die heil van hulle siel, wat hulle moet verwerf, maar dikwels deur traagheid verwaarloos en verkeerde weë begaan, wat tot die verderf lei, Elke verkeerde denke en elke slegte daad het egter `n uitwerking op die siel en `n lewe teen die goddelike ordening het altyd `n agteruitgang tot gevolg.
En ooreenkomstig die wet moet elke sonde homself eens laat voel, en so sal ook die sondige verduisterde toestand van die algehele mensdom so 'n uitwerking teweegbring en 'n beregtiging tot gevolg hê, wat die goddelike ordening moet herstel.
Die mense dink nie in hulle blindheid daaraan nie, en daarom moet hulle daarop gewys en tot `n verandering van hulle lewenswandel vermaan word. Die gevolge van hulle verkeerde ingesteldheid moet aan hulle voorgehou word en derhalwe moet daar waarskuwings aan hulle gerig word. En dit is die opdrag van profete en sieners - om die komende oordele aan te kondig en aan die mense alles te voorspel wat gaan gebeur volgens die goddelike ordening, wat hulle slegs self kan weet deur die verligting van hulle gees, deur `n vooruitsien van toekomstige voorvalle, wat egter slegs betrekking het op die geestelike ontwikkeling van die mens - of deur openbaringe van ELOHIM (GOD), wat hulle deur die innerlike stem verneem.
Om sulke gebeurtenisse vir die mense aan te kondig is geen missie wat verbly nie, dog `n baie nodige een, waartoe `n mens vanuit God die opdrag moet kry en Hom dan ook moet gehoorsaam as hy God wil dien en die medemens wil help om hulle siele te red.God laat geen oordeel oor die mense kom sonder om hulle vooraf daarvan in kennis te stel nie, sodat hulle nog tyd het om hulleself te verander. Daarom sal daar nog baie sieners en profete in die laaste tyd opstaan, wat die komende oordeel duidelik voor hulle geestelike oë sal sien nader kom, en nie anders sal kan as om dan die medemens mee te deel wat hulle te wagte staan nie. Hulle weet dat hulle daaroor moet praat, omdat hulle weet dat God se Gees dit vir hulle aangekondig het, terwille van hulle wat so 'n beregtiging te vrese het.
En of hy (die profeet) ook nie graag aangehoor word nie, hy sal dit egter tog nie nalaat om luid te verkondig wat hy weet nie, om die mense te waarsku en te vermaan. Vir homself vloei daar geen enkele voordeel uit hierdie gawe voort nie. Hy is slegs `n werktuig in die hande van ELOHIM, wat Hom van hom bedien om sonder om hom te wil dwing om nog op die mense in te werk, maar waar Hy Self deur hom tot die mense kan spreek, sodat hulle hulleself nog almal kan voorberei as hulle van goeie wil sou wees.
Maar die profete van die eindtyd sal min geloof by die mense vind, maar moet egter tog steeds weer hulle stem laat hoor. Hulle sal dikwels as valse profete uitgelag of bestry word, want ook God se teenstander tree tegelykertyd op - maar hy verkondig die teendeel vir die mense. Hy stel hulle `n vooruitgang in die vooruitsig, hy beloof die mense `n bloeitydperk en `n verandering ten goede. En hy probeer om eie voordeel daaruit te trek. Die valse profete is geensins onbaatsugtig nie - en daaraan is hulle te herken. Hulle laat hulleself betaal vir hulle dienste en spreek vanuit hulle verstand. God se Gees kan egter slegs werk in mense wat God geheel toegedaan is en Hom onselfsugtig wil dien. Daarom kan u, mense, elke profeet self beproef, want die egte profeet is slegs besorg oor die sieleheil van die mense en hy hou waarskuwend en vermanend slegs die gebeurtenisse voor oë wat hy, volgens die Wil van God, moet verkondig. En na hulle moet u luister, want hulle spreek in opdrag van God en met die naby synde einde voor oë.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205