Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die mag van die liefde

26 Daarop sê Raël: "Majesteit en Heer, die belofte vervul my met groot blydskap, want ek weet immers wie dit vir my gee, en dat dit sal daarom ook baie seker in vervulling gaan. Daarom vra ek ook nie verder nie, maar laat ek alles oor aan U liefde en barmhartigheid.

[2] Maar staan my tog toe om iets anders te vra?! U sê dat die gevoel vir kuns `n maatstaf is vir die geestelike vooruitgang van volkere, in soverre hulle geestelike bevattingsvermoë daaruit blyk. Die Grieke, en deur hulle ook die Romeine, het beslis `n hoë graad bereik in die vreugde van die skep van kunswerke; maar dit kan tog nie ontken word dat hulle sedes nie op die hoogte van die suiwer, geestelike gevoel staan nie. Hoe is dit te verenig met U woorde?" 

[3] Ek sê: "Ek het julle gesê dat die mens sy oop siel, wat hom eers in staat stel om suiwer kunssinnig te gaan skep, haarself ewe goed verkeerd kan rig. As die siel in staat is om indrukke te ontvang, kan sy dit na oortuiging vorm gee - maar `n suiwer dierlike mens sal nooit `n ideale kunswerk skep nie. Ook die ontvanklikheid om slegte dinge op te neem veronderstel die oopstaan van die siel! En vanaf die oomblik dat `n sondaar, wat homself tot dan toe met liefde in allerlei sinnelikhede gestort het, deur sy wil moed geskep het om sy slegte liefde te vernietig, kan die ware liefde in dieselfde mate binnekom en werk. As dit nie so sou gewees het nie, sou daar geen plotselinge bekerings bestaan het, wat julle self al in die lewe aan My sy waargeneem het nie; want dit kom altyd daarby  aan op die krag van die liefde, onverskillig of dit sleg of goed is. Van welke aard dit is, herken mens dadelik aan haar werk. 

[4] Daarom moet iemand nooit sy broer, wat nog gevange sit in slegte liefde en deur die krag daarvan self slegte werke doen, verdoem en beskimp nie, maar medelye met hom hê en hom deur die eie, regverdiger liefde tot `n ommekeer probeer beweeg; want diegene wat hom beskimp weet nie, of Ek nie `n kragtige wilstimulans stuur ter ondersteuning, waardeur diegene wat skynbaar verlore was, baie vinnig sy slegte liefde in goeie kan verander en nou in geestelike opsig geregverdiger voor My staan as diegene self wat hom beskimp het.

[5] Sou Ek soveel moeite doen vir die verlore seun, as Ek nie geweet het hoe groot en alomvattend sy liefde is nie, wat nou verkeerd gerig is, maar weer na My gerig kan word? Slegs vanweë die feit dat die omkeer by elke gevalle gees en mens in `n handomdraai kan plaasvind, gebeur dit ook dat die Vader Sy seuns nie vervloek nie, maar medelye met hulle het, hulle met liefde lok, ja hulle self opsoek, sodat hulle die weg na die Vaderhuis vind!

[6] Watter liefde en geduld daarvoor nodig is, kan julle maklik besef as julle kyk na die enorme omvang van die slegtheid en verdorwenheid in die wêreld, wat juis nou in die land sy hoogtepunt bereik het, omdat die goddelike liefde, as teenwig en sterker mag, al die slegtheid bymekaar verswelg en in homself vernietig. `n Kleinere mag kan geen grotere in hom opneem, tenminste nie geestelik nie, maar alleen `n grotere kan die swakkere omarm en dit ten slotte sonder skade in homself laat verloor, soos wat ook gebeur het.

[7] Wat nou die Grieke en Romeine betref, die volkere sal ewe goed ten gronde gaan, wanneer hulle die geestelike eienskappe wat hulle ontvang het, te veel vir hulle goeie lewetjie en die opwek van hulle sindelikheid sal aanwend. Dit sal nie ontbreek aan vermanings op die regte tyd nie. Maar as hulle hulleself nie daaraan steur nie, moet so `n sweer aan die liggaam weggebrand en dikwels onder hewige pyn uitgesny word, sodat die liggaam behoue bly.

[8] Maar Ek kan jou sê dat die volkere tot nou toe nog nie die stewigheid in hulleself gevind het om voortdurend in hulleself suiwer te bly nie. Die stewigheid kan eers deur langsame dissipline en moeisame opvoeding bereik word.

[9] Ek, julle Leermeester, het egter na die aarde gekom om hulle die beste weë te wys. En omdat Ek die Leermeester en die Wyse van alle wêrelde is, sal die doel ook baie sekerlik bereik word - weliswaar langs weë wat vir `n vleeslike mens verkeerd sal voorkom, maar wat vir `n mens, wat reeds in die vlees geestelik gewek is, en vir `n suiwer geestelike mens maklik te begryp sal wees."

[10] Daarop sê Raël: "Heer, wat U ons nou vertel het, is beslis baie waar en korrek, en niemand kan hoe dan ook daaraan twyfel nie, omdat U, wat die Heer self is, dit vir ons self verklaar en meedeel. Daar is egter `n spesiale vraag, wat ek myself al baie gestel het en nooit kon beantwoord het nie, en dit is: Waarom is die Judeërs nou eintlik die geroepe volk, en waarom het U eintlik juis hier neergedaal?

[11] Ekself as Judeër is in ieder geval baie gelukkig daarmee dat ek `n loot van die begunstigde volk is; maar aan die ander kant kan ek in my vrydenkende gemoed ook nie dink dat teenswoordig, juis die Judeërs, ondanks dat hulle die Messias verwag, verreweg die mees ongeskikte bodem bied vir die verbreding van `n geestelike leer vir die siel, soos U dit bied nie. Daar sou die Romeine en Grieke wel veel geskikter voor kan wees, omdat hulle immers al sedert `n lang tyd deur hulle filosofie te kenne gegee het hoe baie hulle verlang na iets beter as wat hulle godeleer hulle bied. Ook sou daar byvoorbeeld vanuit Rome `n veel sneller verbreding van U leringe te verwagte wees as vanuit die verstokte Jerusalem. Die Judeërs is waarskynlik met niks anders gediend as met `n baie groot magsposisie nie, wat hulle sekerlik begeer, en alle ware kennis van die siel is by hulle te koop teen die prys, en sal graag Jerusalem vir Rome verruil wil sien.

[12] In U alwetendheid het U dit tog seker al lank voor U koms geweet! Wat is dan die eintlike rede, waarom U dan tog dié ondankbare volk uitverkies het?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205