Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer veroordeel die agterbaksheid van die fariseërs

5 Ietwat verleë sê die fariseër: "Heer, ek sien wel dat daar met U moeilik te praat sal wees, maar tog vra ek U om my wens te vervul en aangesien U nou erken het dat U die Galileër ken, ons te vertel met behulp waarvan hy Sy wondere doen, of dit dan maar net growwe bedrog en kunste van die Essene is. Ook ons is vriende van die waarheid en soek dit met veel ywer. Daarom is ons ook daarvoor uitgestuur, omdat die Hoë Raad goed weet dat mense ons nie so maklik `n vals wonder vir `n egte wonder kan deursien en selfs maklik soos die domme volk bedrieg kan word nie. Wees dus so vriendelik om ons vrae te beantwoord en wees seker daarvan dat ons U volkome geloofwaardigheid sal skenk!"

[2] Ek antwoord: "Waarom juis aan My, terwyl julle My nie ken nie? Leef daar nie vele ooggetuies in Israel wat teenoor julle kan getuig en dit ook al gedoen het, dat die dade van die Galileër eg is en nie met hulp van die Satan gebeur nie? Julle ken die getuies baie presies en tog glo julle hulle nie! Waarom sal julle My dan glo?"

[3] Die fariseër sê: "Ons het U wyse woorde gehoor, Heer, en daaraan gemerk dat U nie so blind kan wees soos wat daar tog vele is van diegene wat ons ken en wat ons ook oor die dade van Jesus van Nasaret vertel het. Ons ken hulle as baie liggelowig en kan `n getuienis van hulle dus nog nie aanvaar nie. Maar heel anders is dit by `n man wat soos U deur Sy woorde bewys dat hy veel gesien het en Hy `n groot kennis van die wêreld sy eie moes gemaak het. En nou herhaal ons ook ons versoek: Wees so vriendelik om ons openlik U mening oor die Galileër te vertel!

[4] Net om Sy wondere ter plaatse te kan ondersoek het ons via Jerigo gereis, waar Hy, volgens wat mense sê, `n blinde siende gemaak het en geruime tyd daar verblyf het. Maar ons moet beken dat al die vele lofprysings van die bedelvolk ons geensins daarvan kon oortuig het dat daar bonatuurlike dinge gebeur het nie, want daar is, veral onder die Grieke, baie wyse en bekwame artse, wat ook al meermale geslaag het om siektes te genees wat niemand ooit kon gehoop het om te genees nie. Waarom sou dit dan nie ook so daar gegaan het soos by die siektes, wat baie verdraaid en lastig daaruit sien, maar tog deur die Griekse artse genees is?

[5] Daar was vir ons gesê dat die Galileër rondom hierdie tyd meer waarskynlik in die Jordaandal te vinde sou wees, omdat dit in Sy bedoeling lê om in die winter meer na hierdie streek te trek. Tenminste, dit het ons gehoor deur bemiddeling van `n huisgenoot van Laserus in Betánië. Daarom het ons dan ook van Jerigo op pad hiernatoe gekom om in hierdie streek te soek. - Nou weet U presies wat ons bedoeling is, beste Heer, en sou U vas en seker nie meer so terughoudend wees met die beantwoording van ons vrae nie."

[6] Ek sê: "O geensins, en wees daarvan oortuig dat julle geheel volgens die goeie orde bedien sal word! Dit val My net baie op, dat julle net daarop uitgetrek het om Sy wondere te ondersoek en nie Sy woord nie. Ek weet dat die Galileër herhaaldelik gespreek het oor die weinige nut van wondere, omdat daarin vir diegene wat nie daarby aanwesig was nie - weinig of geen bewyskrag lê nie, soos immers nou ook by julle oorduidelik blyk - maar dat Hy die waarheid en die krag van Sy woord baie belangrik vind, asook Sy leer wat enkel en alleen deur die daarin aanwesige geeskrag die korrekte oortuigingskrag besit. Waarom ondersoek julle dit dan nie en bekommer julle jul nie daaroor nie? Gee My eers `n antwoord daarop!"

[7] Daarop sê die fariseër met `n medelydende laggie: "Ons het Moses en die profete, die kabbala (Joodse geheime leer) en die tora (die wette van Moses); waarvoor het ons nog meer leerstellings nodig, aangesien die boeke tog alles bevat, en alle wysheid van God daarin neergelê is? Die leer van die Galileër, wat ons al dikwels meegedeel is, is so verward, onduidelik en onsinnig, dat ervare skrifgeleerdes soos ons hulle gladnie daarmee kan besig hou nie, want die leerstellings staan lynreg teenoor die leer van Moses.

[8] Dit kan dus hoogstens daarom gaan of Sy wondere eg is; want as ons daarvan oortuig kan word, sou die wondere daarna ook graag erken word, veral omdat daar, in diens van die tempel, groot weldade vir die Judese volk daaruit sou kan voortvloei."

[9] Terwyl Ek die spreker skerp aankyk sê Ek: "Julle dwase, glo julle nie dat dit vir die Galileër maklik sou wees om die tempel en al sy dienare te vernietig nie - hoe kan julle dan dink dat julle listigheid in staat sou wees om Hom in julle diens te kry? Maar nou het julle masker egter afgeval, en ter wille van diegene wat hier aanwesig is, het Ek gewil dat die bedoelings van die tempel duidelik onthul word. Dit is julle nie gegee om die ware lewe te ken nie, die leer hoe mens salig word - want julle vind dit die grootste onsin om aan `n saligheid na die dood te glo - maar enkel en alleen oor veel mag, aansien en, as dit geluk, toorkunste te leer, met die bedoeling om die volk wat julle dien in angs en skrik te hou, dan nie uit liefde en eerbied nie, dan tog net uit angs. Om die doel te bereik, skyn die Galileër julle regte Man te wees. Julle weet dat die volk Hom aanhang - of Sy wondere eg of oneg is, dit laat julle koud; as Hy maar in diens gestel word van julle selfsugtige doeleindes, dan is dit al goed. Want in ieder geval lyk Hy vir julle goed om julle sakke nog vinniger te vul as wat al gebeur het; en om die Jesus van Nasaret se kunste af te kyk, lyk vir julle ook nie al te moeilik nie, sodat julle jul wel van Hom sal ontslae raak wanneer Hy later vir julle lastig word.

[10] Dit is so die gedagtes van die Hoë Raad, wat julle op hulle bevel moet uitvoer, en daarom het julle daarop uitgetrek om die Galileër te soek om Hom vir julle doeleindes te win.

[11] Maar waarlik, Ek sê vir julle: Dit sal julle eerder geluk om die son uit haar baan te bring as om julle snode doeleindes te bereik; want in die Galileër leef `n hoër bevel waaraan Hy gehoor gee, en die in Hom heersende bevel kom van die God, wat julle in Jerusalem wel met die lippe vereer, maar nooit of te nimmer meer met die hart nie. As julle dus ook maar `n bietjie beoordelingsvermoë besit, moet julle insien dat dit met Hom maar net daarom gaan om met die Gees wat Hom dryf, reg te doen - waaruit ook Sy grootheid, krag en mag voortkom - maar met julle selfsugtige planne, wat alleen gryp na bewondering en vals profeetskap.

[12] Julle grenslose blindheid, wat julle verstok maak en ongeskik om die ryk van God binne te gaan, sal julle later nog in die verderf stort. Die barmhartigheid van God gaan so ver, dat Hy al julle gruwelike sondes nog met lankmoedigheid aansien, in die hoop dat julle jul ten slotte nog sal bekeer en tot inkeer kom; want ook al sou `n sondaar reeds midde in die hel sit en hy sou na sy God en Heer om hulp roep, dan sou hy verlossing en hulp ontvang. Maar julle sal vir julleself die oordeel veroorsaak, en waarlik, dit het al baie naby gekom! Maar sê dan nie: "Heer, U is `n harde God en het ons hierdie wonde geslaan vanweë ons vele sondes nie! U het U heilige aangesig van ons afgewend, en nou heers daar gekerm en tandegekners onder ons!", maar skryf die bose aan julleself toe, en noem dit geen strafgerig van God nie, maar alleen `n teregte gevolg van julle verstoktheid en geestelike traagheid, wat julle met siende oë blind en met horende ore doof maak!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205