MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 3

Die eerste huwelik as beeld van Elohim

Vergelyk nou die volgende twee gedeeltes in Génesis met mekaar:

Gen 1:26: En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip.

Gen 1:27: En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape. [Maleagi_2:15]

Met

Gen 2:7: En JaHWeH Elohim het die adamiet geformeer uit die stof van die Adamah [adamiet_se_Aarde] en in sy neus die asem van die lewendes geblaas. So het die adamiet dan 'n (EEN) lewende siel geword. [2_Ezra_3:5]

Hierin lê die hele sleutel aangaande die aard en voorkoms van die Godheid. Eerstens spreek die Godheid Homself aan as meervoud en dan gaan Hy verder en skep man EN vrou as twee entiteite wat kinders, as derde entiteit, moes voortbring. Saam hiermee moet ons ook die volgende vers in Deuteronómium 6:4 plaas.

Deut 6:4: HOOR, JisraEl, JaHWeH onse Elohey, JaHWeH [is] EEN.

Wat ons dus dadelik hieruit kan aflei, is dat hierdie Elohim-meervoud EEN is, net soos wat u EEN is, alhoewel u liggaam, siel en gees is. Dit word verder nog duideliker gemaak wanneer ons sien dat Adam en Gawwah (Eva of manin) aanvanklik androgien* geskape was in Génesis 1:27. "Man” het Hy die adamiet geskape na Sy beeld, "man en vrou” het Hy hulle geskape, maar in Gen 2:7 is Adam "een siel”, beide manlik en vroulik in een. (*Manlik en vroulik tegelyk; hermafrodities; androgien: Blomme wat tweeslagtig is, met meeldrade en stampers in dieselfde blom, Verklarende Afrikaanse woordeboek)

Omdat Elohim EEN is, is dit te verstane dat Adam ook aanvanklik as EEN entiteit in bestaan gespreek is, volgens die verheerlikte BEELD van Elohim, maar met `n innerlike vroulike entiteit onlosmaaklik in homself, dus man en vrou in een.

Dit is tog verder onsinnig om te dink dat Elohim alles in die diereryk met sy ooreenstemmende maatjie sou skep, maar Sy KROON van die

Skepping, wat na SY BEELD was, sonder maatjie, asof Hy nou sou vergeet het daarvan. Hierdie vrou was EEN in die man, as beeld van die volkome HUWELIK, as BEELD van die Godheid. Daar het toe `n behoefte ontstaan in Elohim om `n skeiding te bewerk in Adam tussen die manlike en vroulike pole. Adam, die eerste geestelike skeppingsmens, word toe in `n slaaptoestand geplaas en die vroulike word vanuit hom geneem en as tweede persoonlikheid naas hom geplaas.

In Gen 2:18 lees ons die volgende:

Gen 2:18: Ook het JaHWeH Elohim gesê: Dit is nie goed dat die adamiet alleen (EEN) is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

Hier het die vertalers gegly en die woord “alleen”moes gewees het “EEN”. Dit was nie meer goed dat Adam EEN was nie, want daar was disharmonie in die androgiene EENHEID - die vroulike en die manlike wou nie meer met mekaar “pas” nie. Toe skei Elohim hierdie androgiene EENHEID en maak hulle TWEE om `n EENHEID te word binne die volmaakte AARDSE HUWELIK soos in Gen 2:21:

Gen 2:21: Toe het JaHWeH Elohim 'n diepe slaap op die adamiet laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy sykante geneem en die plek met vlees toegemaak. [Openbaring van Henog 11:49, Boekrol van die Opregte 1:4, JeHôWganan 19:34]

Gen 2:22: En JaHWeH Elohim bou die sykant wat Hy van die adamiet geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die adamiet.

Gen 2:23: Toe sê die Adam: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal vrou genoem word, want sy is uit die man geneem.

Eers was sy in hom, nou buite hom en hy herken haar. Nou, vir die eerste keer word die androgiene aard van die mens, volgens die oorspronklike BEELD VAN ELOHIM geskei in twee entiteite, manlik en vroulik. Let wel dat dit die gevolg van die EERSTE DISHARMONIE binne-in die androgiene adam was wat dit veroorsaak het. Die bekende sondeval hierna, waar Adam en Eva twee reeds aparte entiteite was, was dus `n TWEEDE DISHARMONIE of ONGEHOORSAAMHEID. Ons lees ter bevestiging hiervan die volgende in die NO, Huishouding van Elohim, Boek 1, Hoofstuk 7:

Hfst 7:[7] “En kyk nou en begryp wat tot nou toe nog deur niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die getal uit Haarself geneem en die getal was die ordening en die ewige Wet in Haar,

waaruit en waarin, Sy self vir ewig bestaan het, nou bestaan en sal bestaan, in alle Mag en Krag van die gewydheid van Elohim. En Sy het klei geneem, nes die room van geskeide melk, en het met die Hand van Haar Mag en met die Hand van Haar Krag volgens die getal van Haar ordening die eerste mens gevorm, en het vir hom die lewendmakende asem deur die neusgate ingeblaas. En die asem het in hom tot `n lewendige siel geword en die siel het die mens in geheel gevul, wat nou geskep was volgens die getal van die ordening, waaruit die geeste gevorm was en waaruit die wêrelde in die ruimtes gemaak was, sowel as die aarde, die maan, die son en alles wat daarop is.

[8] En kyk nou na hierdie eerste mens op aarde, wat voortgekom het uit die Hande van die Mag en die Krag van die ewige Liefde. Hy is uit die Mond van die barmhartige Barmhartigheid "Adam" of "seun van erbarming en barmhartigheid" genoem.

[9] En let nou baie goed op: Hierdie Adam het eerste die plek ingeneem van die eerste van die gevalle geeste. Dit was hom nie te kenne gegee wie hy was nie, en kyk, toe verveel hy homself, omdat hy homself nie geken het nie, en ook niks kon vind wat aan hom gelyk was nie.

[10] En sien, toe het die ewige Liefde onsigbaar teen die oë van sy siel, wat nog blind was, gewaai en hy het vir die eerste keer in die lieflikheid van die barmhartige Liefde aan die slaap geraak. En die lieflikheid van die barmhartige Liefde het in die hart van Adam, nes in `n soet droom, `n figuur gevorm wat gelyk aan hom was, en sy was van groot lieflikheid en skoonheid.

[11] En die ewige Liefde het gesien hoedat Adam `n groot vreugde in homself gevind het, deur die innerlike aanskouing van sy tweede ek. Toe raak die barmhartige Liefde aan sy sy, daar waar `n hart aan hom gegee was, net soos die Hart van Elohim, vir die opname van die Liefde en die lewe uit die Liefde in Elohim en het hom daardeur ontneem van sy eieliefde, om vir Haarself `n woonplek te berei, deur die toekomstige Wet van die barmhartige Barmhartigheid en het die eieliefde, waaraan hy `n groot welgevalle in homself gevoel het, buite sy liggaamlike liggaam geplaas en het haar "Caiva (Gawwah)" genoem of, soos julle al gewoond is om te sê, Eva, wat beteken die voorbereidende verlossing van die selfsugtigheid en die daaruit voortspruitende wedergeboorte.

[12] En sien, die barmhartige Liefde het hom aangeraak en wakker gemaak, ter aanskouing van sy eieliefde buite homself en het gesien dat hy groot welgevalle by die aanskouing van sy liefde, wat buite

homself geplaas was, het en dat hy uitermate vrolik was; en die liefde buite homself, wat nou Eva heet, was vol bewondering vir die mens Adam en het haar tot hom geneig en elkeen van sy bewegings gevolg.

[13] En sien, toe praat die ewige Liefde die eerste keer met Adam: “Adam!” - En hy sê vir die eerste keer: “Hier is ek, Meester van Glansrykheid, van Mag en Krag!”

[14] En die ewige Liefde praat weer: “Kyk, jou hulp!” En Eva het geantwoord: “Kyk, Meester, die maagd lê gehoorsaam aan die voete van U seun en wag op sy bevele!”

[15] Die barmhartige Liefde het groot welgevalle aan die werke van Haar Mag en Krag deur die Barmhartigheid van erbarming gehad en het verder gepraat en het hulle in alles onderrig en hulle geleer om al die dinge te verstaan, te benoem en te gebruik en toe hulle alles verstaan, geken en kon gebruik het, toe sê die barmhartige Liefde weer vir hulle: “Nou kyk, julle het nou alles geleer, julle ken alles en kan nou gebruik maak van alles, op een ding na. Laastens sal Ek julle nou leer en die krag in julle lê, ter voortsetting en voortplanting van julleself volgens julle gelykenis. Maar julle mag eers daarvan gebruik maak, wanneer Ek weer sal terugkom en julle gekleed sal vind, met die kleed van gehoorsaamheid, nederigheid, getrouheid en regverdige onskuld. Maar wee julle wanneer Ek julle naak sal vind. Ek sal julle verstoot en die ewige dood sal die gevolg wees!”

Ons as nasate van Adam en Eva is almal òf manlik, òf vroulik en kan ons nie eintlik `n volkome androgiene wese visualiseer nie. Ons kan wel `n volmaakte huwelik visualiseer en dit is dus nou die NAASTE BEELD VAN ELOHIM en nou ook die ENIGSTE BEELD VAN ELOHIM OP AARDE. Hoe moeilik is dit nou om so-iets vir jouself voor te stel. Selfs `n kind sal die volgende kan verstaan!

PAPPA,

MAMMA,

BOETIES en SUSSIES!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205