Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

AARDSE OPDRAG - WILSBESLISSING
B.D.5557 - 12 Desember 1952
U moes `n inspannende weg aflê, voordat u sover gekom het om die laaste toets van u wil te kan aflê. U siel, eens opgelos in tallose sielspartikeltjies, wat in `n gekluisterde toestand `n rypingsproses moes deurmaak, is weer tot `n geheel saamgevoeg. U het weer die ‘ek-bewussyn’ teruggekry en u staan nou as individu voor die beslissing om vir u die Heer te kies, die een aan wie u wil behoort.
Hierdie beslissing is die sin en die doel van u aardse bestaan en moet in vrye wil geneem word, `n ander een kan hierdie beslissing nie vir u neem nie. Dit moet deur uself onvermydelik aan die einde van u lewe geneem word, omdat u lot in die ewigheid afhang van hierdie beslissing.
Baie belangrik en swaarwegend is daarom u ingesteldheid ten opsigte van u aardse lewensopdrag, dit kan vir u lig en saligheid, maar ewegoed ook dood en verderf bring. Slegs u beslis dit deur u wil, want die geloof daaraan kan nie aan u deur dwang opgedwing word nie. Juis daarom is dit baie selde onder die mense te vind! Juis daarom bereik die mense maar selde hulle doel deur die korrekte Heer te kies.
Die ongeloof kom egter oral tot uiting en steeds meer vergeet die mense hulle lewensopdrag. Elke gedagte behels slegs die wêreld, wat hulle na `n kort tydjie moet verlaat! Hulle belangstelling gaan uit na wat verby is. Die herinnering aan hulle lydingsweg deur die materie is van hulle weggeneem! Want hulle moet in vrye wil hulle beslissing neem en mag nie uit vrees vir die regte Heer beslis nie.
En nou is die gevaar dat hulle beslissing tot hulle nadeel sal strek; dat hulle al hulle sinne na die materie sal rig en daardeur die "Heer van hierdie wêreld" sal kies, wat hulle nou weer ten offer val. Aan hom het hulle dit dan ook te danke dat hulle opnuut gekluister sal word in die harde materie! Omdat hulle verkeerd beslis het.
Hulle moes hulle oë hemelwaarts gerig het! Hulle moes opwaarts gestrewe het en die wêreld die rug toegekeer het! Dan was die korrekte beslissing geneem. Dan was die weg deur die hele skepping `n sukses gewees! Dan het die aardse lewe aan die wese sy bekroning gebring en die siel het die korrekte Heer gevind en Hom tegemoet gegaan.
Dan het die mens die wilsproef op aarde deurstaan, hy kan dan die swaar aardse liggaam aflê en ryklik as gees die ewigheid ingaan. Dan was die lang aardse weg van voorheen nie vergeefs gewees nie. Die wese het teruggekeer vanwaar hy uitgegaan het, het die Vader herken en homself aan Hom oorgegee vir ewig. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205