SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 38 op 10 OKTOBER 2013 om 05H15
NIEMAND HET NOG OOIT SO SWAAR GEKRY SOOS EK NIE!
Bertus:
Ons kan ons ’’lyding’’ nie eers lyding noem nie, dit verdien nie eers om lyding genoem te word nie. Ek kry trane in my oë as ek aan my swaarkry en beproewings dink en hulle vergelyk met dit wat ons Verlosser, Jahshua, gely het.
Ja, die wêreld is vol klakouse. Mense wat voel dat die lewe hulle ‘’onregverdig’’ behandel het. Moet tog nie vir so iemand vra hoe dit gaan, tensy jy bereid is om na die hele ou treurmare te luister nie, want die sal met kleur en geur vertel word.
Kyk, Paulus praat in 1 Kor 11:18 en 19 van tweespalt en ‘’klieke’’ in die kerk. Dan sê hy `n interessante ding: Daar is soveel verdeeldheid en dwarstrekkery dat `n mens baie maklik kan sien watter gelowiges nog opreg en getrou is. Ja, Ek Jahshua, laat soms in My groot liefde en alwysheid krisisse toe. Julle weet almal hoe hierdie situasies ontstaan: `n Paar klakouse begin kerm oor die wat ‘’onregverdig’’ is en het kort voor lank `n hele klomp aanhangers.
My liewe kinders, daardie mense besef nie dat Ek, julle Elohim die reg het om die harte van My kinders te toets nie. Ja, Ek gebruik soms ander mense, omstandighede buite julle beheer, onverwagse situasies, die waarhede in My Woord en die invloed van die Gees van Apartheid om te bepaal in watter mate julle die dinge wat Ek julle geleer het, toepas en uitleef.
Lees Matt 20:1-12. Wat dink julle van hulle klagte? Was dit regverdig? Het hulle nie dalk `n goeie saak gehad nie? Kyk dan in vers 13-15 hoe die werkgewer hulle beantwoord het.
Ja, as julle vanuit `n menslike perspektief na die situasie kyk, lyk dit of julle nie goed behandel is nie, maar hierdie gelykenis handel oor die koninkryk van die Hemele. Daar geld geen ander maatstawwe as die van My genade en geregtigheid nie. Mensgemaakte standaarde soos ‘’regverdigheid’’ en faktore soos ‘’moeilike omstandighede’’ is begrippe wat nie in die hemele gehoor word nie!
Die grondliggende waarheid in hierdie gelykenis is dit: Ek, Elohim wat deur die landheer uitgebeeld word, kan doen net wat Ek wil en Ek doen dit op My eie tyd en manier. Ek kan genade betoon aan wie Ek wil, net wanneer Ek wil, selfs al is daar mense wat ander hierdie goddelike genade misgun. Dit, My liewe kinders staan My vry om `n spieël voor die hart van elkeen wat vir My werk, te hou, sodat julle die waarheid omtrent julle gesindhede daarin kan sien. En Ek het die volste reg om die klakouse met ‘’onregverdige’’ omstandighede en situasies te konfronteer sodat hulle kan ophou kla en geestelik kan grootword.
Bertus:
Alle mense wat in Elohim se koninkryk is, is gelyk. Almal ontvang dieselfde loon, naamlik GENADE. Want ons moet onthou dat daar nie `n enkele siel in die koninkryk van die hemele sal wees wat verdien om daar te wees nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205