SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 9 aan Bertus Hanekom op 11 SEPTEMBER 2013 om 03H15

 ‘N LEWENDE WOORD.

In Hebreërs 4:12 lees ons: ‘’Want die Woord van Elohey is lewendig en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is `n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.’’

Bertus:

Die boodskap hier, wat Elohey sê, is nie dooie woorde nie. Nee, wat Hy sê gebeur en daar is geen keer aan nie. Sy woorde is ook nie oppervlakkig nie. Soos `n skerp mes diep kan sny, so sny dit wat Elohey sê, tot diep binne-in jou: ja, tot daar waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. Wat jy dink en hoe jy oor dinge voel, kom alles onder die soeklig van wat Elohey sê. Die Woord lewe, dit spreek tot my, dit het voete en volg my, dit het hande en dit omvou my.

Almal wat al diepgaande Bybelstudie gedoen het, kan hiervan getuig. Elohey se Woord lewe! Dit praat met ons; jy kan presies die regte boodskap vir enige stadium in jou lewe daaruit kry; dit bly vars en nuut; elke dag ontdek jy nuwe waarhede daarin, praat Elohey persoonlik met jou as jy die Woord oopmaak. En die Woord praat nie net met jou nie, dit verander ook jou lewe. As die Woord deel van jou word, weet jy presies wat Elohey van Sy kinders verlang.

Elohey:

My liewe kinders, as julle verwag om My in die bladsye van My Woord te ontmoet, sal julle dit so ervaar. Maak dus altyd My Woord met verwagting oop. Hier gaan julle My stem met julle hoor praat, hier gaan julle lewenswaarhede ontdek wat vir julle van onskatbare waarde gaan wees. Hier gaan julle presies die regte raad en bemoediging kry wat julle vir `n spesifieke dag en vir `n spesifieke situasie nodig het.

As julle genoeg tyd maak om met My Woord deur te bring, sal julle krag kry vir alles wat julle moet doen, julle sal ook die nodige wysheid kry om dit reg te doen, volgens My wil. My Woord sal julle geestelik voed, dit laat julle groei en sterker word in die waarhede van My julle Elohey en dit wys vir julle die regte koers aan.

As julle, julle lewenspad loop met My Woord as julle Lig, sal julle nooit kan afdwaal nie. Wees net getrou en gehoorsaam aan My Woord.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205