Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE EINDE VAN `N VERLOSSINGSPERIODE EN DIE BEGIN VAN `N NUWE
BD 7756 - 26 November 1960
In die verlossingsperiode sal daar geen geestelike ommekeer meer plaasvind nie, want die geloof in My sal by die mense verlore gegaan het. En al word My evangelie (van die liefde) nog in die hele wêreld uitgedra, tog sal daar maar altyd weinig wees wat dit (volgens waarheid) sal aanneem. Maar steeds meer mense wie se geloof alleen maar `n vormgeloof is, sal afval en wat maar net nog `n rede nodig het om dit heeltemal weg te gooi wanneer daar `n geloofsbeslissing van hom verlang word.
Dit is maar `n klein kudde wat `n lewende geloof sal hê en in die hart die verbinding met My sal herstel. Dit is slegs weinig mense wat met My omgang het soos kinders met hulle vader. En hulle sal ook altyd My sigbare hulp ervaar as hulle in nood raak, deurdat hulle openlik vir My sal opkom, want hulle is van binne af oortuig en het dus ook `n lewende geloof. Maar hulle getal sal nie veel groter word nie.
En die geloofstryd wat oral gevoer sal word en wat in sy begin ook al orals herkenbaar word, sal die aantal gelowiges nog meer verklein. Want sommiges sal bereid wees om My op te gee terwille van aardse gewin, maar die moed om vir My te stry sal hulle nie hê nie, omdat die lewende geloof by hulle ontbreek. Daarom sal die aarde op die laaste nie meer haar doel kan vervul nie, naamlik om bevorderlik te wees vir die geestelike voltooiing van die siele van die mense. Die gang van die meeste mense oor die aarde is nutteloos, omdat hulle siele nie die rypheid oplewer waarvoor hulle op die aarde vertoef nie; maar wat die ontwikkeling van die geestelike moet deurgaan.
Daarom moet die aarde weer gereedgemaak word, sodat sy `n skolingsplek vir die geestelike kan word en bly, soos dit steeds haar bestemming was en is. Daarom loop die verlossingsperiode ten einde en begin daar `n nuwe tydperk. Nuwe skeppings neem die geestelike op wat in sy ontwikkeling gehinder was, wat eers `n oplossing van (die huidige) skeppings vereis, sodat die gebonde geestelike vry kan word en weer opnuut in `n ander vorm ingepas kan word.
Daarom moet die mense rekening hou met `n spoedige einde, en hulle wat op aarde gefaal het, moet opnuut gekluister word in die skepping op die nuwe aarde. En wanneer mens verwag dat die geestelike houding van die mense op die aarde nog sou kan verander, dat hulle tot `n (lewende geloof in Jesus Christus) en Sy verlossingswerk sou kan kom en deur die geloof `n nuwe lewe sou lei met geestelike gerigte vermoëns en aspirasies, dan sal dit alleen maar wense bly in die gedagtes van enkele mense, wat nooit verwesenlik word nie. Want My teëstander het al die mag en dit het die mense hom self verleen. Sy aktiwiteit sal so sterk toeneem dat hy opnuut gebind sal moet word, dat daar daarom al `n einde moet kom, sodat sy aktiwiteite aan bande gelê kan word, aangesien geen mens andersins meer salig sou kan word nie.
En op dié tyd is al gewys sedert die begin van die verlossingsperiode, en al mag die aankondiging vir u mense nog so ver weg lyk, word ook die toekoms eenmaal teenwoordige tyd, en dit moet steeds weer aan u gesê word. En daarom moet daar ook `n geestelike ommekeer kom, egter nie meer op die aarde nie, maar in `n wêreld van vrede en saligheid. Daar sal `n nuwe ontwikkelingstydperk begin met geestelik hoogstaande mense, wat Ek as geloofsgetrou van die aarde sal wegneem en weer op die nuwe aarde sal terugplaas. Dan sal daar `n geestelike ommekeer intree en die mense sal weer in vrede en eendrag lewe, in voortdurende verbinding met My, hulle God en Vader en met die salige wesens in My ryk. Dan sal die liefde weer op aarde heers en My teëstander sal geen invloed meer kan uitoefen op die mense van die nuwe aarde nie.
Hy sal vir `n eindelose lang tyd gebind wees, totdat die mense self weer sy kettings sal losmaak en hom sy beïnvloeding opnuut moontlik maak. Vóór dit sal daar egter `n lang tyd van vrede en saligheid heers.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205