OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 25
15 Jan.2008 08:23
Nadat EK opgestaan het, is daar baie mense na MY gebring terwyl EK by MY dissipels was en hulle het MY ook gesien omdat hulle deur MY kruisiging gelowig geraak het. EK het hulle ook aangesien en met hulle gepraat en hulle geseën. Lank voordat EK gekruisig is, het EK al geweet wie die mense sal wees wat eers na MY kruisiging sal begin glo en het hulle dan ook in hulle harte begin bewerk, al wou hulle nog nie heeltemal glo voor die tyd nie. EK het genade en geduld vir almal wat na MY kom en het ook met hulle gehad, al was hulle lou voor die tyd. Daar sal dan nou ook baie mense wees wat tydens die geloofstryd na julle sal kom om ook deur MY gered te word en EK sal MY nie van hulle af wegdraai nie. Dit sal mense wees wat ook van goeie wil is maar wat lou was en ‘n bietjie ongelowig. Tydens die stryd in die land met die ander nasies sal hulle dan ook weet waar om hulle redding te soek al was hulle nie so vurig soos party van julle nie. EK sal hulle dan ook red en hulle na veiligheid bring en hulle sal dan deur julle versorg moet word. MY kinders, EK herhaal dat julle nie mense moet weggooi, wat julle dink, nie goed is nie. EK alleen weet wat nodig is om so ‘n persoon na MY te bring en sal alles doen om daardie mens se siel ook te red, al is dit dan ook ‘n aanval op sy lewe. Baie van daardie mense wat weet wie Ek is , en so af en toe ook bid maar nie vurig vir MY is nie,sal ook deur My gered word op snaakse wyses. Hulle sal deur die vuur van beproewing moet gaan en sal selfs gewond word daardeur , maar EK sal MY knegte stuur om hulle te gaan haal omdat hulle nie MY Stem in hulle binneste kan hoor nie. MY genade is oorvloedig en sal ook aan hulle geskenk word sodat hulle kan glo en gered word. Hou liewer op om ander te oordeel omdat hy nog in die kerk sit of nog nie wakker is nie omdat nie een van julle wat hier lees al so wakker is as wat hy moet wees nie. Gee eerder liefde as veroordelings, en julle loon sal baie groot wees by MY. Kom nou na MY sodat EK julle elkeen kan seën en jy ook ‘n bruikbare mens kan wees wat ander gaan red uit julle verdrukkers se kloue.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205