DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

DIE VERBORGENHEID
22 Jan.2008 07:13
Jahshua het my in SY arms en ek vra HOM wat ek nou vir HOM moet tik, aangesien ek klaar is met “Op Golgota 2”. HY wys my SY regterhand en maak hom oop. Daar binne is iets wat ek nie kan sien nie en moes mooi kyk en met my hand daar vroetel voordat ek iets kon sien. Dit was die mooiste diamant en uit hom het die mooiste kleure op Jahshua se Hand geskitter. Toe sê HY vir my dat dit is wat HY nou vir MY gaan gee om te skryf. Die boek se naam is, “Die Verborgendeid” en HY sal wonderlike dinge vir ons hierdeur gee.
 
Hoofstuk 1
EK sal julle lei, MY kleintjies sodat julle MY ook in hierdie werk kan sien en julle MY hierdeur kan dien en MY kan liefkry. Die van julle wat al MY vorige boeke aan julle gelees het, sal weet dat EK al baie dinge aan julle bekend gemaak het en julle nou ook al die toekomstige dinge sal kan weet. Daar is egter nog baie ander dinge wat julle nog nie weet nie en EK sal vir julle daaroor ook helderheid gee. Julle sal MY hierin herken as julle genoeg liefde vir MY binne julle harte het, maar wanneer julle die boek krities sal lees en MY nie hierin raaksien nie, sal julle baie dinge mis en EK sal dan nie die verborgenhede hierin in jou hart bekendmaak nie. Hierdie boek sal vir julle elkeen wat MY Woorde glo, baie beteken en julle moet elke les hierin in julle harte ontleed en EK sal die verborge les agter die les aan julle bekend maak. Julle moet MY egter kom vra vir die onderskeiding en die verstand in die hart sodat EK julle dit kan gee.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205