DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk  21

4 Mei 2008 07:57

 

Julle is  nie sterk genoeg om MY in die vlees te sien en met MY op so ‘n manier te kan kommunikeer nie en daarom maak EK julle geestesoë oop sodat julle MY so kan sien. MY kinders, EK is tans besig om aan party van julle te verskyn in ‘n gedaante wat julle nie ken nie en julle weet nie eers dit is EK nie omdat EK dit nog nie aan julle sal bekend maak voordat dit die regte tyd is nie. Wanneer dit die regte tyd is, sal EK dit aan julle sê en julle sal dan baie bly wees, maar tegelykertyd teleurgesteld omdat julle MY nie om die hals geval het nie. Maar troos julle daaraan dat dit nie is wat EK wou gehad het nie, maar dat Ek julle net op so ‘n manier versterk sodat EK na julle almal kan kom in die vlees. Wees MY te wagte en weet ook dat EK nie MY beloftes aan julle net in die wind sal laat waai, onvervuld nie. EK sal kom, na elke een van julle en julle sal MY liefhê en MY bemin soos wat EK dit graag wil hê. Julle almal gaan nou deur ‘n krisis tyd omdat EK besig is om julle almal gereed te kry vir die geestelike wedergeboorte sodat julle Een met MY kan wees voor die stryd aanbreek. Julle moet bly wees vir elke krisis waardeur EK julle sit omdat dit julle net versterk en julle sodoende nader aan MY bring. Daarom moes al MYNE wat by MY kruisiging teenwoordig was, dit ook sien en so ervaar sodat dit hulle sterk kon maak om MY GEES wat EK oor hulle uitgegiet het, te kon verdra. Na MY kruisiging, het hulle almal in verskillende rigtings gespat en elkeen het sy hart uit gaan huil waar hy privaat kon wees en daar het EK ook met elkeen gepraat soos wat EK vandag met van julle praat. Dit het hulle darem gehelp en versterk, maar die ergste het nog voorgelê. Die ergste was vir hulle toe EK aan hulle verskyn het, na MY opstanding en hulle net aan MY wou raak en saam met MY wou gaan en EK hulle moes weier. Dit het hulle amper heeltemal gebreek en hulle was heeltemal ontdoen van enige wil wat nog in hulle oorgebly het. Dit was wat EK graag aan hulle wou doen sodat hulle dan MY GEES in al SY volheid kon verdra. Daarom sal dit vir julle dieselfde wees en EK sal aan elke mens so iets doen as hy regtig erns het met MY en  graag Een met MY wil wees. EK sal dit oor elkeen bring, nie omdat EK julle nie liefhet nie, maar omdat EK julle so baie liefhet en graag wil hê dat julle weer met MY moet verenig en dit is die enigste manier om dit te doen. Julle is aan die einde van tye en julle het MY GEES binne julle baie nodig om vir MY die stryd te stry en sodoende baie mense na MY te lok en hulle so te red, en die beste manier om dit vir MY te kan doen, is om heeltemal Een met MY te wees. Dit het dan tot gevolg dat EK alles aan julle moet doen wat nie vir julle lekker is nie en wat julle harte partykeer baie seermaak. Gaan die weg van selfverloëning vir MY en julle sal sien hoe EK julle deur alles dra en selfs deur die donker nag waardeur elke een van julle vir MY moet stap, sal EK julle dra. Daar is ‘n paar van julle wat MY kruisiging deurgemaak het in die gees, maar EK wil nou vir elkeen ook sy eie kruisiging bewerk sodat EK kan kom en Een met hom of haar word. Die kruisiging waarvan EK praat sal vir julle baie traumaties wees omdat EK julle dan op ‘n oomblik geheel en al sal verlaat, net soos wat MY Vader MY verlaat het. Maar wees getroos, dit sal net vir ‘n oomblik wees en nie so lank dat jy daarvan sal sterf nie. EK het dit gister met een van MY knegte gedoen en dit was vir haar baie swaar. Later die nag het sy haar kruising tegemoet gegaan en EK het haar gekruisig deurdat EK haar van alles ontneem het wat nog daar in haar was en wat nie daar moes wees nie. Dit sal elke een van julle ook deurgaan. Die groot vrees en angs wat daarmee gepaard gaan doen alles vir julle en dit reinig julle vir die laaste maal sodat dinge daarna vir julle baie vinniger en makliker sal kom. Gaan dit tegemoet met ope arms sodat dit verby kan kom en julle sal alles verstaan wat EK nou net hier vir julle vertel het. Dít, MY kinders, sal die laaste reiniging vir elke een wees en dan sal hy of sy geskik wees om met MY Een te wees. Dit is nog ’n belofte van MY aan julle. Kyk uit daarvoor en wees MY te wagte want EK kom!

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205