DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 44

9 Junie 2008  20:55

 

Vader het gesê dat ek moet  tik wat HY vir my gewys het. Ek het HOM gesien met ‘n swaard in SY hande en ryp koring op ‘n land. Toe begin HY die koring met die swaard af te slaan en ek sien die koring word bymekaargebring en na die stoor gebring waar dit geskei word van die kaf. Toe word die koring in sakke gegooi. Die bossies op die land word op ‘n hoop gegooi en gebrand. Dit is net soos die gelykenis in die Bybel.

 

Vader dikteer:

 

Ja, dit is die gelykenis in die Bybel wat julle almal so goed ken. MY swaard is in MY hand en die tyd is min. Julle weet alreeds dat MY tyd nie julle tyd is nie en netsowel kan MY tyd korter as julle s’n wees. So wees bedag daarop dat dinge binne die volgende dae kán gebeur. Dit beteken nie dat julle nou op hol moet gaan en bang moet raak nie. EK wil net hê dat julle julleself gereed moet kry en MY moet verwag. Ja, julle verwag MY alreeds en in menige hart daarbuite sien EK ook ‘n verlange na MY en daarom moet julle hierdie hoofstuk laat uitgaan na die mense wat nie in MY herberg is nie, want hulle het hierdie stukkie brood ook nodig. Luister net na MY stem en wees gewaarsku dat EK nie meer vir baie langer die vyand die oorhand oor julle gaan gee nie en dit beteken dan ook vir julle ‘n slegte tyd wat julle tegemoet gaan. EK sal julle almal weliswaar beskerm,  maar dit sal bitter swaar vir julle almal wees as julle nie wedergebore is nie. Strewe net daarna en julle sal hierdie komende stryd met ope arms ingaan en julle naaste help. MY kinders, julle wat die wedergeboorte nastreef sal die ander mense gaan help en hulle red uit die satan se kloue, maar dit is vir julle nou baie swaar en julle dra baie laste waarvan die ander mense nie eers bewus is nie. Ja, julle het alles vir MY opgegee en nou wag julle net vir MY koms na julle in die vlees. EK het dit aan julle belowe en so sal dit wees. MY beloftes kom EK altyd na en EK wil net hê dat julle moet moed hou omdat die tyd te min raak en EK nie meer vir baie lank op MY sal laat wag nie. Vrees egter nie die vyand wat julle elke dag om wil gooi en julle van stryk wil bring nie omdat hy dit nie sal regkry nie. EK sál julle help en julle uit die gat uithaal waarin julle julleself bevind. Kom net na MY in ootmoedigheid en nederigheid en alles sal vir julle reg uitwerk. En nou wil EK net vir almal wat siek is ook sê dat julle ook die wedergeboorte sal kry en dat julle nie meer vir baie lank so sal lê nie. Julle word baie getoets en beproef, en julle sal die daglig sien een van die mooi dae, en dit sal dan vir julle ‘n buitengewone mooi dag wees. Ook vir die wat nie siek is nie, maar wat op ‘n ander manier beproef word. Glo net in MY en julle sal alles sien gebeur. Laat My liefde in julle harte groei en verneder julleself deur selfverloëning en alles sal vir julle regkom sodat Ek kan kom en julle die eenheid met MY kan verkry. Dit is gesê om julle weereens met moed en krag te besiel sodat julle nie moeg word en struikel nie. Kyk op in MY liefdevolle gesig: dit beteken dat julle altyd moet dink aan MY liefdesdade, al kan julle dalk nie MY aangesig sien nie. Kyk net na MY liefdevolle handelinge in die verlede en julle sal met nuwe krag besiel word. Waar het Ek al in die verlede iemand wat op MY gewag het, teleurgestel? Selfs MY kneg Dawid sê dit in sy Psalms en dit is al eeue gelede dat dit neergeskryf is deur hom. Hoeveel maal het EK julle nie al in die verlede gehelp en bygestaan nie. Waarom sal EK dan nou nie kom nie en julle in die steek laat? Nee, nooit sal EK so iets doen nie omdat EK niemand wat op My wag, net so sal los en hom laat versmag van die honger en die dors nie. MY kinders, lees mooi tussen die lyne wat EK vir elkeen van julle wil sê en let op na MY woorde omdat niks wat EK sê net vir een rede is nie. Verstaan julle wat EK hier probeer sê? Elkeen sal dit met MY SELF kom uitklaar en elkeen sal verstaan wat EK vir hom of haar self wil sê omdat elkeen iets anders het wat hy met MY bespreek het of gevra het. Maar oor die algemeen is daar ook dinge wat op elkeen van julle betrekking het en daarom kan elkeen uit hierdie hoofstuk haal wat op hom of haar van toepassing is. Luister net na die stem van liefde hier binne julle en weet dat EK elkeen se gebed sál beantwoord omdat EK elkeen van julle se harte ken en julle boonop baie liefhet ook. Dit is MY liefdeswoorde aan julle by MY herberg, wat baie dinge deurmaak omdat julle vir MY gekies het en ook vir die daar buite wat nog nie die besluit gemaak het om tot die bitter einde vir MY te veg nie.

Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205