DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 30

25 Mei 2008  09:12

 

Tot MY en tot MY alleen  moet julle julle gebede rig en julle sal altyd antwoorde kry van MY. Dit is die waarheid waarvan almal van julle kan getuig. EK sal julle altyd antwoord omdat EK julle harte ken en nou wil EK spesifiek vir die wat nog nie MY stem kan hoor nie sê dat hulle MY baie meer moet kom opsoek sodat hulle ook kan hoor as EK met hulle praat. Ek het wel gesê dat julle MY skryfknegte kan gaan vra, maar EK wil ook hê dat julle met MY self moet kom praat sodat EK met julle ook kan praat. EK sál julle antwoord op die manier wat vir MY die beste is op daardie oomblik. Kom soek MY en vra met ‘n opregte hart dat EK ook met jou sal praat en hou net moed, dit sal kom. As EK eers eenkeer met jou gepraat het, het jy die weg vir MY oop gebaan sodat jy MY stem altyd sal kan hoor. Dan moet jy nog meer afsonder sodat jy dit gereeld kan hoor en sodat jy sterk kan word en ook die onderskeiding van MY stem kan leer. Dit is al hoe julle gaan leer. Almal wat MY stem kan hoor, het ook aan die begin gesukkel en moes baie hard werk om dit te kon behou. Net ‘n baie sterk verlange om MY te hoor sal julle gereed kry daarvoor. Niemand is beter as die ander een nie en julle moet ophou om na mekaar te kyk en vergelykings te tref. Baie keer sal julle dink dat iemand jou al baie ver voor is, maar julle weet nie wat in daardie persoon se siel aan die gang is nie. julle verstaan julleself nie eers nie, hoe sal julle dan die ander mens kan verstaan en presies weet hoe ver hy of sy gevorder is. EK gebruik wel mense om met julle te werk en om MY werk vir julle te doen, maar dit is nog nie te sê dat net daardie mens ver gevorderd is nie. daar is selfs hier tussen julle mense wat al baie meer kere as die ander op aarde was en sodoende baie meer ondervinding opgedoen het as iemand anders. Daar is ook mense wat al baie snaakse en dieper werke vir My moes doen, maar nie so baie kere op aarde was nie en so iemand het dan ook kosbare ondervinding opgedoen, maar op ‘n ander vlak as die persoon wat al baie maal op aarde was. Daarom mag julle nie na mekaar kyk nie omdat julle elkeen op ‘n ander vlak is as die ander een. Kan jy sê dat iemand wat in ‘n hoër standerd is as iemand anders, noodwendig slimmer is as die een in die laer standerd? Nee, jy kan nie so sê nie omdat die intelligensie nie gemeet word aan die standerd wat ’n kind bereik het nie. Daar is baie kinders wat ook in ’n lae standerd sit en nie geleer het nie al het hulle ‘n baie hoë intelligensie. Dit is ook so met julle mense wat al baie dinge moes deurgaan voordat julle tot hier gekom het. Moenie na mekaar kyk nie, want net EK weet tot wat elke een in staat is  en daar is ook verskillende gawes aan elkeen uitgedeel. Party van julle gaan julle net toespits op die genesing van siekes en ander gaan hulle weer op iets anders toespits. Op die ou einde sal julle almal alles kan doen, maar sekeres van julle sal ‘n sekere gawes hê vir iets wat die ander ook kan doen, maar hy sal dit net beter doen omdat EK hom so gemaak het. Dit is iets waaraan julle nog nie gedink het nie, nê? Glo MY woorde en luister daarna. Die wat voel dat hulle nog niks gekry het van MY om te doen nie, moet maar net rustig op MY wag en julle sal sien hoedat julle ook julle werke vir MY kry om te doen. Baie van julle sal eers vir MY begin werk as die wedergeboorte bereik is en baie gebruik EK al nou omdat daar ‘n verskil in elke mens is. Die hoeveelheid ywer wat jy vir MY het , sal ook bepaal of julle nou al vir MY werk of nie. Hoe meer ywer jy vir MY het, hoe beter en hoe gouer sal jy gebruik word om vir MY en sodoende ook vir jou naaste  te gaan werk. Dit sal so wees en nie anders nie omdat julle ook self julle lot kan bepaal deurdat julle wil julle eie is. Dit is so deur MY bepaal dat elkeen sy eie heil uitwerk en EK net tussenin kom wanneer EK gevra word. Glo alles wat EK julle sê en julle sal salig word. Dit is elkeen se eie besluit.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205