DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 46

14 Junie 2008  23:06

 

Julle wat MY stem kan hoor is baie bevoorreg omdat dit ‘n gawe is wat net Ek kan gee of wegneem. MY kinders julle moet dit soos goud bewaar en doen soos wat Ek sê omdat EK net met die kan praat wat MY werd is. As EK sien dat iemand dit misbruik, sal EK dit van daardie persoon kan wegneem, maar EK wil dit nie graag doen nie omdat dit dan vir daardie persoon baie skade kan bring. Julle moet MY stem altyd met baie respek behandel en sorg dra dat julle reg hoor. Luister mooi of dit vanuit jou hart of kop kom en vra MY wanneer jy nie seker is nie. EK praat met baie mense in hierdie tyd en dit is ‘n voorreg wat min mense in die verlede gehad het omdat dit by hulle ontbreek het aan die ware geloof en liefde vir MY hulle Vader en Verlosser. Hulle het MY gesien as ‘n woedende God wat nie genade aan die sondaar betoon nie omdat EK te almagtig is om met mense soos julle besig te wees. Waarom sou EK julle dan geskep het as julle dan so nikswerd is in MY oë? Julle almal is vir MY kosbaar en daarom wil EK vandag met almal spreek en doen dan alreeds so deur baie mense vandag en omdat dit die einde van tye is. In die toekoms sal daar nog baie meer mense wees wat MY stem kan hoor en wanneer alles oor en verby is in julle land en julle die nasies gaan besoek het en MY kinders van regoor die wêreld hierheen gaan bring, sal EK dan ook met die hele land gelyk kan spreek. Met ander woorde, julle almal sal dan baie duidelik en hard,maar met liefde, MY stem kan hoor want Ek sal julle almal aanspreek. Hoe praat EK met iemand? Net deur die liefde in sy hart vir MY, strewe dan na die liefde en julle sal almal kan hoor. In My hand is daar baie dinge wat vir julle nou vreemd lyk en julle trek julle neuse op vir baie dinge maar dit is net omdat julle dit nog nie verstaan nie. Glo dit maar en wanneer julle dit eens sal verstaan, sal dit vir julle wonderlik wees net soos die eerste persoon in julle tyd wat MY stem kon hoor. Dit was vir baie van julle iets goddeloos gewees en julle het gedink dat sy baie vinnig besig is om verkeerde dinge te doen, maar die wat haar geken het, het geweet dat sy MY alleen gesoek het. Net so is dit vandag met julle almal wat MY kan hoor. Julle het My gesoek en nou is EK hoorbaar in julle binneste, maar hoeveel van julle het dit die eerste keer verstaan toe julle gehoor het EK spreek met iemand? Dit was vir party van julle wat nou hier lees godslasterlik, maar nou verstaan julle dinge beter en het julle ook die” godslasterlike” ding kom soek, nie waar nie? Daarom moet julle nie altyd alles wat vir nulle snaaks lyk dadelik afmaak as verkeerd nie. Kom eers na MY en EK sal duidelikheid gee in julle binneste. Die son skyn weliswaar in jou oë en jy is dan verblind vir ‘n paar sekondes en dan lyk alles vir jou snaaks omdat die lig te sterk was vir jou oë en jy dan nie helder kan sien nie. Wanneer jy dan weer herstel het na ‘n paar minute, sien jy weer helder en is jy oortuig van die son se bestaan en helderheid. Verstaan julle nou wat EK hier probeer sê? Daar gaan nog baie dinge vir julle opduik wat snaaks en nie reg in julle oë gaan lyk nie, maar gee dit net vir MY en EK sal helderheid en duidelikheid aan julle gee op die regte tyd.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205