Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Towerberge

23-2-1847

36 Dat heldersiende mense vroeër tyd in die berge gewoon het, en  wat met geeste omgegaan het, daarvan getuig die eienaardige name wat mense aan die berge gegee het nog hede, maar daar bestaan nie veel meer verdere getuienis nie.

[2] In julle land (dit is Stiermarken) is baie sulke berge, wat nog dit wat vroeëre gebeur het, in hulle naam verberg. In Karnten, in Tirool en in Switserland, in Savoye of die Duitse berge en oral elders waar berge is, vind mens baie berge waar `n mens maklik aan sy naam kan sien wat eens daar geskied het. So is byvoorbeeld die “Schockel” so `n berg wat sy naam daaraan ontleen. Die woord “Schockeln” beteken volgens `n ou streeksdialek “weer maak”. `n Mens, die wat toertjies kan vertoon, soos die huidige goëlaars, word schogler genoem. Ook van koorddansers en mense wat geweldige spronge maak, sê mense dat hulle schogler was. Die woord schogler is `n oud-asiatiese woord, waarna die towenaars in die streek jongleurs, jogles genoem word (in Engels: jugglers).

[3] In die Duitse taal bestaan nog `n ietwat verouderde woord. Wat hiervan afstam, naamlik “schock”, byvoorbeeld `n schock mense of `n schock schoven. Mense noem `n bepaalde groepie mense daarom `n schock, omdat mense dink dat onder hulle wel iemand homself bevind, wat meer weet as die ander, wat dus sekerlik `n schogler moes gewees het en die groepie verkry dus deur hulle die naam schock. Ook sien mense gewoonlik die mense op die berge as schockwyse saam, wat in die berge baie natuurlik is, omdat dit nie aan te raai is dat mense hier alleen gaan werk nie, omdat `n mens ten eerste nie voldoende krag daarvoor sou hê en ten tweede, as sy krag voldoende sou wees, hy tog maklik `n ongeluk kon kry en daar dan niemand sou wees om te help nie. Maar die mense uit die tyd wat in die dal gewoon het, het dadelik, as hulle so `n groepie mense op die berg sien en hulle toevallig `n wolkie bo die berg waarneem, gedink dat hierdie mense hulleself met towery besig hou of in elk geval besig was om die weer te beïnvloed, So het dit vroeër gegaan en ook nou nog op julle schockel, behalwe wat betref die weer maak.  

[4] Hierdie berg was veel vroeër bewoon as die dale en sy eerste naam was “Treitauwer”. Toe die dale later bewoon was deur swak mense, het hierdie dalbewoners die bergbewoners van towery begin te verdink en die naam “Treitauwer” was weldra verander na die naam: “Schockel” of “Sauberberg”. Net honderd jaar gelede, was die berg so berug, dat geen mens, wat ook maar enige Katoliek-Christelike inslag gehad het, dit gewaag het om die top van die berg te bestyg nie, omdat elkeen van die kerk dringend gewaarsku was teen die Schockelheks. Daarom het die mense sy hoogste top ontbos, om die Schockelheks haar skuilplek te ontneem, sodat sy haarself nie kon verberg as daar van alle kante met gewyde buskruit op haar geskiet was nie. Die weergate is nog te sien; dat die weer egter nooit daaruit voortgekom nie, en daar ook nog nooit `n heks op die Schockel gewoon het nie, begryp mense goed. Maar dat die berg vroeër en ook nou nog deur baie sogenaamde berggeeste bewoon was, en dat die ou bergbewoners dikwels baie natuurlik met hulle omgegaan het en daarom baie wyser was as die bewoners uit die dal, kan mens verseker aanneem en ook dat hierdie berg eens `n vuurspuwende berg was en sy weergate niks anders as dooie kraters is nie.

[5] Netsoos die “Schockel”, het nog baie Stiermarkse berge hulle geheimsinnige name, maar om oor die herkoms van almal te vertel, sou die ruimte nie toelaat nie. Die “Rasalpe” is van gelyke oorsprong; want die woord “Rax” is `n verkorting van rakker, wat so ongeveer `n halwe duiwel is. Die naam “Tote Weib” behels al duidelik wat hierdie berg eens was, naamlik `n oord vol hekse; `n vrou wat deur hulle gevang was, maar haarself nie aan hulle wou onderwerp nie, was eens daar in `n klip verander. Deur hierdie verandering is sy natuurlik ook gedood.

[6] In latere tye het mense `n kluisenaarswoning meer na die dal geplaas, waarin ook eens `n dooie vrou gevind was en so word daar meer soortgelyke sages met hierdie berg verbind, wat natuurlik ewe veel waarheid bevat as die leuen self. Maar die verdagmaking en die slegte naam van so `n berg het dieselfde oorsaak as dit wat al in die loop van hierdie voorgaande gedenkwaardige verhaaltjies aangegee is.

[7] So is ook die “Hohe Schwab” baie bekend as `n towerberg. Sy naam is afkomstig van `n nasaat van `n immigrant uit Schwaben-land, wat as een van die beroemdste towenaars in hierdie streek gewoon het en daar allerlei onheil veroorsaak het, totdat die naby geleë pelgrimsoord “Mariasell” daar `n einde aan gemaak het. So bestaan daar ook nog `n “Teufelstein”; en om dit nader uit te lê is oorbodig. Die “Predigerstuhl” is van gelyke oorsprong, daar sou die duiwel self eens die gedragsreëls aan die heksemeesters gepreek het. 

[8] So staan die “Grimmig” ook in dieselfde bose roep. Maar besonder verdag was die na alle kante homself uitstrekkende “Tragelgebergte”, wat die grens gevorm het tussen Stiermarke, Oostenryk en Salsburg; die Tragelgebergte was in `n sekere sin die hoërskool vir alle towenaars en heksemeesters van die hele Stiermarken, Oostenryk en Salsburg. Selfs teenswoordig is die naam nog erg verdag en daar is nog geen inwoner van Altaussee of van Ramsau maklik daartoe te beweeg om hierdie berg te beklim nie, veral nie die mense wat meer tot die sogenaamde laer volk hoort nie. Slegs die stropers, wat wyslik nie meer in hekse glo nie, maar des te meer in die vet berggemsbokke, wat eintlik heeltemal op hierdie uitgestrekte bergmassas tuishoort, bestyg hierdie berg.

[9] Ons sou nog wel enkele honderde sulke berge in Stiermarken kan opsom, maar ons wil ons beperk tot die genoemde en daarna nog `n paar verhale oor `n paar berge in Karintie, Tirool en ook een in Switserland op dieselfde geskiedkundige manier. Hierdie berge het so `n honderd-en-twintig jaar gelede nog `n heel uitsonderlike, mistieke rol gespeel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205