DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 55
EK regeer
Maandag, 11 Februarie 2008 om 10:54
Dit is EK wat regeer, en MY besluite het EK al geneem voor julle geskape is. EK het toe al geweet wat is vir JOU wat nou hier lees, die beste. EK het jou toe al geken en geweet wat jy gaan doen en sê, EK het JOU oneindig lief. EK regeer met ‘n sagte hand, want jou vrye wil respekteer EK. EK regeer in die vryheid van Liefde, want EK IS die Liefde. Jou vrye wil is MY orde waarvolgens EK handel en regeer. Dit beteken nie dat jy net kan doen wat jy wil nie, daar is reëls wat EK julle gegee het.
Maar kyk mooi na alles, al is daar die reëls, sal dit jou vrye wil nie beïnvloed nie. MY wet werk so; EK gee MY Liefdeswet wat volledige vryheid is. Jy kan vry word en as dit jou wil is, sal jy weer kan terugkeer as ‘n kind van MY na MY Huis.
Daarenteen, as dit jou wil is, kan jy elkeen van MY Liefdesgebooie oortree en ‘n volslae duiwel word.
Sien, EK hang nie ‘n swaard oor julle koppe nie, EK maak julle vry. EK wil dat elkeen van julle vry word en gelukkig wees in MY orde. Dis die grootste wonder wat ooit kan gebeur as jy al hier op aarde EEN kan word met MY. Dis die wonder wat EK aan elkeen van julle wil doen as julle net wil. MY gebooie is net die Liefde en die Liefde is nooit onredelik nie. Julle sal eendag sien en juig.
 
Juig, juig, juig
Want julle sal getuig
Dat MY Liefde oneindig is
Dat MY geduld onmeetlik is
 
Dat EK elke sondaar
By MY wil vergaar
Knus in MY arm
Veilig en warm
 
Beskermd teen elke barbaar
Wat net boosheid baar
 
Veilig teen elke leuen
Veilig as stormwind dreun
Veilig in die loeiende wind
Want jy is MY kind
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205