DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Dit is EK wat bevry
Hoofstuk 1
Wat EK berei het vir die wat MY liefhet.
26.11.2007 om 16;28
Julle weet nie wat EK berei het vir diegene wat MY liefhet nie.
EK het vir julle aan die kruis gesterf sodat julle weer teen MY Bors vertroetel kan word. EK het vir julle berei ‘n salige woning ewig by MY. EK het soveel om aan julle te wys en soveel om julle te leer. Julle sal ook nie ledig wees nie, EK gaan julle net dieper en dieper in MY hemelse liefde inlei.
Dieper in MY hemele in waar alles Lig en Liefde is. Julle sal sien op die muur van MY Woning is die Boodskap geskryf wat EK na die aarde gebring het. Daarbo die geestelike betekenis geskrywe en dan die hemelse. Julle sal MY werke van liefde in MY liefdeshemele sien, julle sal wees kunstenaars naas MY.
Julle sal ingelei word in die diepste liefde wat EK vir julle het. EK sal julle leer om elke waarheid te ken.
Ja, julle het geen idéé wat EK berei het vir diegene wat MY liefhet nie. Nou kan EK ook nie daarvan vertel nie, julle is nog te swak. Maar op die dag sal EK julle in MY hemele inlei. Daar waar alleen Lig, Liefde en Lewe bestaan, dit alles sal EK vir julle na julle geestelike wedergeboorte doen.
Kom nou na MY, want dié RYK van Liefde is in julle harte, EK sal julle daar in lei. Het MY net lief bo alles.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205